Bybelstudie 1

10 Gebooie | Week 10

Print

Byeenkoms 10

Gebod 10: In die hart

Waar het jy God die afgelope week vir God ervaar in jou lewe?

Watter impak het jou woorde in ander mense se lewe gehad die afgelope week?

Gebed

%uFEFFSkriflesing: Eksodus 20: 1-2, 17

1 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:

2 "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

17 "Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie."

 

Lees ook Ps. 139:7-12, 23-24

7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,

10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.

11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander,

12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.

23 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.

24 Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

 

Matteus 23:27-28

27 "Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

28 So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet."

 

Heidelbergse Kategismus

Sondag 44

Vraag 113: Wat eis die tiende gebod van ons?

Antwoord: Selfs die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God mag nooit in ons hart opkom nie. Ons moet altyd en heelhartig vyande van alle sonde wees en ’n begeerte tot alle geregtigheid hê (a).

(a) Rom 7:7.

 

Wat beteken dit om te begeer?

 

Wat spreek die tiende gebod aan?

 

Die tiende gebod vat al die ander gebooie op ’n manier saam, Op watter manier gebeur dit?

 

Wat bedoel Jesus in Matteus 23?

 

In Ps. 139 lees ons dat God ons deur en deur ken, hoe laat dit jou voel?

 

Ons kan nie wegkruip van God af nie en niks wegsteek nie, hoe kom ons dan nader aan God?

 

Hoekom is dit belangrik vir ons om te erken dat ons foute maak voor God as hy klaar alles weet?

 

Hoe het die tiende gebod betrekking op jou naaste?

 

Waarna wil God hê moet ons smag?

 

Hoekom is dit belangrik om eerder vir God te begeer as enige iets anders?

 

Wat verstaan jy meer na vanaand oor die tiende gebod?

 

Afsluiting met gebed:

Print

10 Gebooie | Week 9

Print

Gebod 9

Die wonder van woorde in ons mond

Vertel mekaar kortliks van hoogte- en laagtepunte die afgelope week. 

Gebed

%uFEFFGesels eers oor die volgende algemene stelling:

 “Ons is baie meer geneig om negatiewe goed oor ander te sê as positiewe goed.”

Motiveer julle antwoorde en indien julle voel dat die stelling waar is, hoekom is dit so en wat is die effek daarvan? ……………………………………………………………………………………………………………………………..

Skriflesings: Lees nou die volgende gedeeltes en bespreek dan die vrae wat daarop volg.

Eksodus 20:16 

 %uFEFF“Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie.

 

Jakobus 3:2%uFEFF

Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. 3%uFEFFVir perde sit ons ’n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. 4%uFEFFDink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met ’n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. 5%uFEFFSo is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag.

%uFEFF’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. 6%uFEFFDie tong is ook ’n vuur, ’n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. 7%uFEFFAlles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, 8%uFEFFmaar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n rustelose kwaad, vol dodelike gif. 9%uFEFFMet die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. 10%uFEFFUit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 11%uFEFF’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 12%uFEFF’n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ’n druiwestok vye nie. ’n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

 

Die 9de gebod gaan oor leuens, die waarheid en die mag van woorde om ander te vernietig of te bou. Jakobus gebruik 3 beelde om die mag van die tong te illustreer, bespreek die betekenis van elke beeld en dink hoe julle die betekenis daarvan raaksien in ons lewe en wêreld.

....................................................................................................................................................

 

In hoe ‘n mate word ons opinie oor mense gevorm deur wat ander oor daardie mense sê?  In watter mate probeer ons ander beïnvloed deur wat ons oor ander sê?

.....................................................................................................................................................

Wat is ons as Christene se verantwoordelikheid in hierdie verband?                       

......................................................................................................................................................

Wie het nog nooit gestruikel met sy tong nie? Lees weer Jak.3:2 ......................................................................................................................................................

Dink ook in die lig van Jakobus 3:9-12 oor die volgende stelling: “ons woorde openbaar wat in ons harte aangaan”

....................................................................................................................................................

 

Die hele Bybel  is vol van die mag van die Woord, die Woord van God. God het geskep deur sy woord, Jesus het as die Woord mens geword het en onder ons kom woon om God te openbaar, sy koninkryk te bring en om te red wat verlore is. God het weer Sy woord in ons monde gelê het toe Hy gesê het: Soos die Vader My gestuur het stuur Ek vir julle.

Deur sy woorde in ons mond bou God sy koninkryk!

 

Kan God werklik ons wêreld verander met die woorde in ons mond? Hoe kan ons met ons woorde gestalte gee aan God se koninkryk? ...............................................................................................

 

Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”(Jes. 52:7, Rom.10:15). Is dit hoe daar oor ons en ons woorde gevoel word? ........................

 

 

Die belangrikheid van woorde om waarde aan mekaar te gee en mekaar te bou is betreklik onlangs in 2 boekies mooi onderstreep. In “5 Love Languages” is woorde een van die tale van liefde waarmee ons liefde aan mekaar kommunikeer. In “The Blessing” word daarop gewys dat woorde ‘n belangrike manier is waarop familieseën van ouds af van een geslag na die volgende oorgedra is. Op watter maniere kan ons in ons familiekringe en vriendekringe met woorde bou?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

 

Gee nou geleentheid vir die groep om mekaar in die groep met woorde te versterk. Besluit hoe julle dit gaan doen.

Julle kan die groeplede  vra om vir elke groeplid iets opbouends en moois te sê. Die volgende sin kan dan bv. dan voltooi word. Ek waardeer jou vir ……………………………….

Julle kan ook doodeenvoudig net vir mekaar bid.

 

Sluit met gebed

Print

10 Gebooie | Week 8

Print

Print

10 Gebooie | Week 7

Print

Byeenkoms 7

God sê ja vir Liefde

Wat het jy ontdek van wie God is die afgelope week?

Wat het die gebod jy mag nie moord pleeg die afgelope week vir jou beteken?

Gebed

%uFEFFSkriflesing: Eksodus 20: 1-2, 14

1 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:

2 "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

14 "Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

 

Lees ook 1 Korintiërs 13:4-7

4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

 

1 Johannes 4:9-12

9 Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.

10 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

11 Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.

12 Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

 

Heidelbergse Kategismus

Sondag 41

Vraag 108: Wat leer die sewende gebod ons?

Antwoord: Alle onkuisheid is deur God vervloek (a), en daarom moet ons dit hartgrondig haat (b). Daarenteen moet ons kuis en ingetoë lewe (c) sowel binne as buite die huwelik (d).

(a) Lev 18:28. (b) Jud 1:23. (c) 1 Tess 4:3-5. (d) Heb 13:4;  1 Kor 7:7.

 

Vraag 109: Verbied God in hierdie gebod niks meer as net egbreuk en sulke skandes nie?

Antwoord: Omdat beide, ons liggaam en siel, ’n tempel van die Heilige Gees is, wil God dat ons altwee rein en heilig bewaar. Daarom verbied hy alle onkuise dade, gebare, woorde (a), gedagtes, luste (b) en alles wat ’n mens daartoe kan verlei (c).

(a) Ef 5:3, 4;  1 Kor 6:18, 19. (b) Matt 5:27, 28. (c) Ef 5:18;  1 Kor 15:33.

 

 

Wat beteken dit om egbreuk te pleeg, is dit net van toepassing op mense wat getroud is?

 

Wat is ware liefde? Vertel ’n paar verhale.

 

God vergelyk verhouding tussen die Christus en die kerk met ’n huwelik, waarom?

 

Vir wie is die gebod geskryf?

 

Wat gebeur as ’n mens trou?

 

Wat gebeur as egbreuk gepleeg word of ’n huwelik breek op?

 

Hoekom is hierdie gebod so belangrik?

 

Is die huwelik heilig? Waarom?

 

Wat van saamwoon verhoudings en seks voor die huwelik?

 

Wat verstaan jy meer na vanaand oor die sewende gebod?

 

Afsluiting met gebed:

Print

10 Gebooie | Week 6

Print

Print

10 Gebooie | Week 5

Print

Byeenkoms 2

Die gesin – voorspel tot die lewe

Vertel mekaar kortliks van hoogte- en laagtepunte die afgelope week. 

Die pinksterdienste is nou al 3 weke in die verlede maar ons sal graag terugvoer wil hê wat veral vir volgende jaar van waarde kan wees.

Kan groepleiers asb. terugvoer gee oor die volgende nadat julle dit kortliks bespreek het.

Was die onderwerp relevant? ……………………………………………………………………………………….

Het julle iets gemis/wou iets anders hê? ………………………………………………………………………

Voorstelle vir volgende jaar? ………………………………………………………………………………………...

Ons het ook voorstel gehad dat ons uitreik ipv dienste, hoe voel julle daaroor? ………….

Gebed

Skriflesing: Eksodus 20:12 en Deuteronomium 5: 16

12“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.

16‘Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy ’n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee.

 

Efesiërs 6

6 Kinders wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. 2“Eer jou vader en jou moeder” is ’n baie belangrike gebod. En daar is nog ’n belofte by: 3sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”

4En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

 

 

Sondag 39

Vraag 104: Wat eis God in die vyfde gebod?

Antwoord: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is,

 alle eer, liefde en trou bewys.

Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp .

Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê

omdat God ons deur hulle wil regeer

 

Met wie praat hierdie gebod? Motiveer julle antwoorde

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Die posisie van hierdie gebod, tussen die eerste tafel(liefde vir God) en die tweede tafel (liefde vir naaste) en dan ook  as die eerste gebod van die tweede tafel is baie veelseggend. Wat sê dit vir julle?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Dit gaan in hierdie gebod veral oor die gesin as God se instelling om orde en seën te bring vir die wêreld en omgewing waarin ons woon. Ons kan sê dat die huisgesin die oefenskool of die voorspel is vir die lewe.

Aan die een kant leer ons kinders God ken, liefhê en gehoorsaam in die huis. Die ouers verteenwoordig God. Mens kan ook wys op die sterk verbintenis met die eerste tafel, dink net aan die eer van pa en ma soos ons ook God moet eer.

 

Dit plaas ‘n geweldige verantwoordelikheid op ouers, gesels hieroor en hoe ouers hierdie roeping van hulle kan vervul. Hoe vaar ouers hiermee?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

Dissipline speel ook ‘n belangrike rol, dis vandag nie maklik nie.  Bespreek  dit en help mekaar hierin.

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Hierdie gebod kan ook deur mense misbruik word tot nadeel en selfs tot skade van kinders en swakkes. Wanneer gebeur dit en hoe en waar kry mens die balans?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

Hierdie gebod bied ook die lanseerplatvorm na die laaste 4 gebooie sodat mens ook kan sê dat as mens nie die gebod nakom nie dan gaan jy ook in die res misluk. Stem julle saam hiermee en hoe werk dit dan dat gehoorsaamheid aan die gebod ook gehoorsaamheid aan die res van die gebooie in die hand werk?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

Hoe sien julle die seën wat gehoorsaamheid aan die gebod bring?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Deel met mekaar mooi dinge uit die gesin waarin jy groot geword het en ook die gesin waarin jy tans is. Dit kan mooi gewoontes en gebruike wees wat julle karakter besonderlik gevorm het of enige iets anders waaraan jy dink.

 

Wat is die stand van die huisgesin in ons omgewing, land en dorp? Hoe kan ons gemeente ‘n opbouende en ondersteunende rol speel t.o.v. ons gesinne?

 …………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

Wat gaan julle positiefs na julle gesinne neem n.a.l.v. die gebod en bespreking oor die 5de gebod?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

Afsluiting met gebed

Bid veral vir gesonde gesinne

Print

10 Gebooie | Week 4

Print

Byeenkoms 4

Die Sabbat - Gemaak om fees te vier

Waar het jy die Here beleef in jou lewe die afgelope week?

Hoe kon jy die afgelope week die Naam van die Here heilig hou?

Gebed

Skriflesing: Eksodus 20:8-11

8 "Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.

9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,

10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.

11 Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.

 

Lees ook Deuteronomium 15:1

1 "Aan die einde van elke sewende jaar moet jy skuld afskryf.

 

Deuteronomium 15:12-13

12 "Wanneer ‘n mede-Israeliet, ‘n Hebreër soos jy, ‘n man of ‘n vrou, aan jou verkoop word, en hy werk ses jaar vir jou, moet jy hom in die sewende jaar vrylaat.

13 Maar wanneer jy hom vrylaat, moet jy hom nie met leë hande laat gaan nie.

 

Levitikus 25:2-4

2 "Sê vir die Israeliete: Wanneer julle in die land kom wat Ek aan julle gee, moet daar vir die land rustye wees tot eer van die Here:

3 ses jaar kan julle die lande saai en die wingerde snoei en die opbrengs oes,

4 maar die sewende jaar moet die hele land ‘n rustyd hê, ‘n sabbatsjaar tot eer van die Here. Dan mag julle niks saai nie en ook nie die wingerde snoei nie.

 

Heidelbergse Kategismus

Sondag 38

Vraag 103: Wat gebied God in die vierde gebod?

Antwoord: God wil ten eerste dat die Woordbediening en die godsdiensonderrig in stand gehou word (a). Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom (b) om die Woord van God te hoor (c), die sakramente te gebruik (d), die Here openlik aan te roep (e) en die Christelike liefdegawes te gee (f). Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus, en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige Sabbat reeds in hierdie lewe (g).

 

 

Hoe verstaan jy die Sabbatdag?

Die Sabbat het twee aspekte wat uitstaan. Lees weer Eksodus 20. Wat is hierdie twee aspekte?

 

Hoe heilig ons die Sabbatdag?

 

Hoekom is die Sabbat spesifiek die vierde gebod?

 

Hoekom bou God hierdie dag in ons lewens in?

 

Is daar ander plekke waar die Sabbat ook gebruik word?

 

Wat van Jesus en die Nuwe Testament?

 

Hoe verstaan jy die Sabbat anders na ons gesprek?

 

Afsluiting met gebed:

Print

10 Gebooie | 3

Print

Byeenkoms 3

God is hier en nou – die derde gebod

Vertel mekaar kortliks van hoogte- en laagtepunte die afgelope week. 

Hoe het die tweede gebod jou laat anders dink oor wat gebeur het in die afgelope week.  Het dit ’n verskil gemaak in hoe jy God beleef het of dalk nie?

Gebed

Skriflesing: Eksodus 20:1- 7

20 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:

2“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3%uFEFFJy mag naas My geen ander gode hê nie.

4“Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.

5Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.

Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat,

6maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.

7 "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.

 

Lees ook Deuteronomium 6:13

13 Jy moet die Here jou God eer en dien en net in sy Naam ‘n eed aflê.

 

Eksodus 23:1-3

1"Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met ‘n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie.

2 Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in ‘n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook.

3 Wanneer jy regspreek, mag jy ‘n arm man nie in sy hofsaak voortrek nie.

 

Jesaja 52:6

6 Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek!

 

Eksodus 22:28

28 "Jy mag God nie vervloek nie en ook nie ‘n leier van jou volk nie.

 

Heidelbergse Kategismus

Sondag 36

Vraag 99: Wat eis die derde gebod?

Antwoord: Ons mag die Naam van God nie laster of misbruik deur te vloek (a), deur ’n valse eed (b) of deur onnodig te sweer nie (c). Verder mag ons nie deur stil te bly of dit toe te laat ons aan sulke verskriklike sondes skuldig maak nie (d). Kortom, ons mag die heilige Naam van God nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie (e), sodat Hy deur ons reg bely (f), aangeroep (g) en in al ons woorde en werke geprys word (h).

 

Neem mense die derde gebod ernstig op?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Die gebod kan op verskillende maniere geïnterpreteer word. Op watter maniere kan dit alles verstaan word? Kyk ook na die teksverse hierbo.

 ………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Hoe respekteer ons God se Naam as ons Hom aanbid?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Hoe ernstig neem ons die Naam van God in ag wanneer ons getuienis of ’n eed aflê?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Wat van vloek?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

Hoe staan vals profesieë in verband met  hierdie gebod?

…………………………………………………………………………………………………………

 

Hoe ervaar ons die nabyheid van God in sy Naam?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

As jy een ding moet onthou, wat sal dit wees?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Hoe lyk ‘n gemeente wat die Naam van die Here eer en hoe kan ons bydrae dat sy Naam geheilg word?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Afsluiting met gebed:

Bid vir die naderende Pinksterdienste

Vir ons gemeente, die kategese en ouers dat ons deur ons aanbidding die vlam van geloof sal laat brand en ander ook sal aansteek om te glo

Print

10 Gebooie | 2 Leiers

Print

Byeenkoms 2

God is groot – die tweede gebod

Vertel mekaar kortliks van hoogte- en laagtepunte die afgelope week. 

Waar en hoe het jy God die afgelope week ervaar  of dalk nie ervaar nie?

Het die eerste gebod wat ons verlede week gedoen het en die erediens van verlede Sondag enige iets bygedra tot jou Godservaring?  Reflekteer hieroor

Gebed (oorweeg ook om te sing met die opening)

Skriflesing: Eksodus 20:1-6

20 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:

“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie.

 “Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.

 Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.

Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe,  selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat,

 maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.

 

Lees ook Jesaja 46

Luister na My, nageslag van Jakob ,almal wat oor is uit die nageslag van Israel,

julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af,

wat Ek vasgehou het vandat julle daar is.

Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here,

tot in julle grysheid sal Ek julle dra.

Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.

Met wie kan julle My vergelyk, aan wie kan julle My gelykstel,

met wie kan julle My op een lyn stel, wie kan ’n vergelyking met My deurstaan?

Mense gooi goud uit hulle geldsak uit en weeg silwer op ’n skaal af;

hulle huur ’n goudsmid, en hy maak daarvan ’n afgodsbeeld.

Dan buig hulle voor hom en aanbid hom.

Hulle tel hom op hulle skouers en dra hom, hulle sit hom op sy plek neer

en hy staan daar, hy kan nie van daardie plek af padgee nie.

As iemand na hom roep, antwoord hy nie, hy help hom nie uit sy nood nie.

 

Die eerste 2 gebooie lê baie na aan mekaar, hoe verskil die twee en wat is die veband tussen hulle?

................................................................................................................................................

Waarom word ons verbied om beelde van God te maak?

..................................................................................................................................................

Die Jesaja teks het baie mooi woordspelings oor die afgode, wat is vogens Jesaja die verskille en die probleme met afgodsbeelde?

......................................................................................................................................................

Ons wil maar altyd vir God kleiner maak en Hom by ons skemas en boksies inpas sodat Hy

verstaanbaarder en hanteerbaarder is. Watter troos gee die Jesaja deel vir ons wat God en sy handelinge teenoor ons dalk nie altyd verstaan nie?

....................................................................................................................................................

 

Dit gaan in hierdie gebod daaroor hoe ek God leer ken en hoe ek Hom aanbid. Lees wat die Heidelbergse kategusmus hieroor sê:

Sondag 35

Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?

Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie (a)

en Hom op geen ander manier vereer

as wat Hy in sy Woord beveel het nie

 

               

Vraag 98: Mag ons beelde as “boeke van die leke” in die kerkgebou toelaat?

Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie.

Hy wil sy Christene nie deur stom beelde nie (a),

 maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig

 

Vertel mekaar hoe julle elkeen God leer ken het en ook van prentjies of beelde of verstaan van God wat jy deur die jare gehad het en hoe dit verander het oor tyd.

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Is beelde, prentjies en idees  wat ons in ons gedagtes  oor God het oortreding van die gebod? Hoe dink julle oortree ons hierdie gebod?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Wat vra God van ons in hierdie gebod? Hoe kan ons positief uitdrukking gee aan wat God van ons vra?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Wat is die verband tussen hierdie gebod en die oordrag van geloof? Is dit nie hier waar ouers faal/slaag in hulle afvryf van die geloof aan hulle kinders nie? Is dit nie ook hier waar die kerk faal/slaag in sy roeping tot evangelisasie nie?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

 

Wat wys dat jy die Drie-Enige God wat Hom in die Bybel geopenbaar het aanbid? Dink aan konkrete dade van aanbidding wat jy leef?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Hoe lyk ‘n gemeente wat die Here aanbid? En ons?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

Afsluiting met gebed:

Bid vir die naderende Pinksterdienste

Vir ons gemeente, die kategese en ouers dat ons deur ons aanbidding die vlam van geloof sal laat brand en ander ook sal aansteek om te glo

Print

10 Gebooie | Voorskrifte vir vryheid: Eksodus 20:1 en 2

Print

                        Voorskrifte vir vryheid: 1.Die aanhef

Eksodus 20:1,2

 

Wat maak ons Christelike geloof anders?

Alle godsdienstevereis van ‘n mens sekere prestasies en teenprestasies wat mens moet lewer om vir genade te kwalifiseer.

Net die Christelike geloof waag dit om God se genade geheel en al onvoorwaardelik te maak

Genade maak die groot verskil, hiermee begin die 10 gebooie in vers 1en 2

 

Die 10 gebooie

  • Skitter in eenvoud

    Sê alles oor die lewe van die volk van God

  • Bestaan uit 2 tafels:

  • liefde vir God (gebod 1-4)

  • liefde vir naaste (gebod 5 -10)

  • Van die begin deel van die geloofsonderrig:

    Ou Testament

    Nuwe Testament

    “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.” Mat. 5:17

    Die kerk: saam met geloofsbelydenis en die Onse Vader

  • Die Heidebergse Kategismus

    3 Funksies:

  • Openbaar ons sonde en bring tot skuldbelydenis

  • Lei na Christus en velossing

  • Begelei in lewe van dankbaarheid

     

    Die aanhef vers 1 en 2

    Hier begin alles, moet die hele wet hieraan koppel en elke gebod.

    Dit sê:

  • Die 10 gebooie kom van God

  • God begin met sy woord en sy woord is skeppingsmagtig

    God is ook in sy woord daarom het die woorde die potensiaal om ons lewens te verander: ons sonde ontbloot, ons in die arms van ons Verlosser te werp en ons te lei in lewe van dankbare gehoorsaamheid en diens aan God en naaste

  • Met sy woord, “Ek is die Here jou God”,vebind die Here Hom aan ons en ons aan Hom.

    Here = Jahwe: die Vebondsgod wat Hom in liefde en trou aan ons en ons kinders verbind

  • Hy is die Here wat sy volk verlos

    So is ons verlos van die sonde en dood sodat ons nie meer slawe is nie maar kinders van God

  • Die Here gee ons ‘n nuwe identiteit

    Kerk kom van Grieks Kuriake wat beteken: Die Here s’n

    Dis genade!!!!!!!!!!!

     

    Naatloos vloei die gebooie uit die genade, uit God se hart, as teken dat God ons nie los nie.

    Hy bevry sy volk en nou lei en bewaar Hy sy volk in die vryheid

    Die wet is ook deel van die evangelie

    Hiermee help God ons om in dankbaarheid .n verhouding met Hom en medemens te leef

    Hiermee vat verlossing grond

Print

10 Gebooie | 1

Print

Voorskrifte vir vryheid: die 10 Gebooie – Eksodus 20

10 April: Wat maak ons anders  (1,2)

17 April: 1 God is God (3)

24 April: 2 God is groot(4-6)

1 Mei: 3 God is hier en nou (7)

(5 Mei – 15 Mei  hemelvaart – Pinkster)

22 Mei:  4 Die Sabbat – gemaak om fees te vier (8-11)

29 Mei: 5 Die gesin – voorspel tot die lewe (12)

5 Junie: 6 God se ja vir die lewe (13)

12 Junie: 7 God se ja vir liefde (14)

19 Junie: 8 Die wonder van mededeelsaamheid (15)

26 Junie: 9 Die mooi van die woorde in ons mond (16)

3 Julie: 10 In die hart (17)

Byeenkoms 1

God is God

Baie welkom by die eerste omgeegroepbyeenkoms van die kwartaal.

Indien iemand nuut by julle groep aangesluit het kan die groeplede almal eers hulleself aan mekaar bekendstel.(Naam, werk, gesinslede)

Vertel mekaar kortliks oor hoogte en laagtepunte die afgelope tyd.  Wat het Paaastyd beteken?

Hierdie kwartaal gesels ons oor die 10 gebooie. Kyk na die tema’s van die gebooie(hier bo) en dan na die preeknota bl.1 en bespreek dan julle verwagting rondom ons besigwees met die onderwerp  hierdie kwartaal?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Waarom dink jy dat die onderwerp baie relevant is?  ………………………………………………………………………

Gebed

Een of twee persone kan nou voorgaan met gebed: Vra die Here se seën op die byeenkoms en op die onderwerp. Dit is belangrik dat ons onsself in die Here se hand stel dat Hy deur sy Gees ons verander en vorm na sy wil.

  1. Ons begin by die aanhef, lees vers 1,2.

Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: 2“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

Die 10 gebooie begin met die 2 verse, waarom is hierdie 2 verse so belangrik, wat sê dit vir ons/jou?

Waarom kan ons nie die 10 gebooie sonder die aanhef lees nie? (kyk ook na die preeknota’s hieroor)

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

  1. Die eerste gebod, lees die volgende:

3Jy mag naas My geen ander gode hê nie. (Eks.20:3)

4“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. (Deut.6:4)

Die eerste gebod vertel ons eerstens baie oor God. As ons dit saam met die aanhef(1,2)  lees en met Deut. 6:4, ook bekend as die shema,  wat sê die gebod vir ons oor God? Wat beteken dit vir ons?

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

Wat vra die gebod van ons volgens die volgende?

Deut. 13:4: 4Jy moet getrou bly aan die Here jou God en Hom eer, jy moet sy gebooie gehoorsaam en na sy bevele luister, jy moet Hom dien en aanhang.

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Markus 12:29:  Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Die Heidelbergse kategismusn, Vraag 94: Wat gebied God in die eerste gebod?

Antwoord:

  • Ek moet ter wille van my siele heil en saligheid

 alle afgodery (a), towery, waarsêery, bygeloof (b), aanroeping van heiliges of ander skepsels (c) vermy en daarvan wegvlug.

  • Ek moet die enige ware God reg leer ken (d),
  • Hom alleen vertrou (e),
  • my slegs aan Hom met alle nederigheid (f) en geduld onderwerp
  • (g) en van Hom alleen alle goeie dinge (h) verwag.
  • Ek moet Hom met my hele hart liefhê (i), vrees (j) en eer (k).
  • Sodoende sien ek eerder van alle skepsels af as om in die minste teen sy wil te handel (l).

 

 

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

Let in al die gedeeltes op die voorkoms van omvattende en allesinsluitende terme soos hele, alle, alleen ens. Wat sê dit oor God en oor ons en ons gehoorsaamheid?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Die gebod verbied afgode, bestaan afgode nog en hou hulle vir ons geloof bedreigings in?

Lees die Heidelbergse kategismus hieroor:

Vraag 95: Wat is afgodery?

Antwoord: Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar, het,

of naas Hom  iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel

 

Waarop kom dit neer volgens die Heidelbergse Kategismus? Het ons nog afgode en hoe bedreig hulle ons?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

Dit gaan in die verbod oor dinge wat God se plek inneem en waarop ons ons vertroue en hart op sit. Dit kan selfs goeie dinge wees. Maar voor mens jou oë uitvee het dit jou en verloor jy jou vryheid. Eintlik verloor jy God in die proses en dit is verskriklik.

 Hoe gebeur dit?                                                      Kyk wat sê Deuteronomium 8 hieroor:

10“Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. 11Sorg dat jy nie die Here jou God vergeet deurdat jy nie gehoorsaam is aan sy gebooie en bepalings en voorskrifte wat ek jou vandag gee nie. 12As jy nie gehoorsaam is nie, kan dit gebeur dat jy genoeg eet en mooi huise bou en rustig woon, 13dat jou grootvee en jou kleinvee baie word, dat jou silwer en goud vermeerder en jou besittings al hoe meer word, 14en dat jy dan hoogmoedig word en die Here jou God vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

 

Wat is hiervolgens die begin van ongehoorsaamheid? En die begin?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

 

In die preek Sondag is die stelling gemaak dat die werklike krisis van ons land nie ‘n morele krisis is nie maar ‘n Godskrisis – wat bedoel ons daarmee en kan jy jou daarmee vereenselwig?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

 

Hoe dink julle wil God ons red en hierdie krisis oplos?

 (lees ook Matt. 6: 31“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.)

 

……………………………………………………………………………………………………………………………………………….

Wat vra Hy van ons?

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

 

Hoe wil God hierdie gebod in ons lewens laat grond vat?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Gebed: gee geleentheid vir gebede

 

Nog mense – Is daar iemand wat julle na julle groep wil nooi?

Print

Ons Glo Week 10 - Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe

Print

Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe

Tema:  Die heerlikheid van die nuwe hemel en die nuwe aarde

Ons ontmoet mekaar

  • Hoe verander dit ‘n mens se lewe as jy glo of NIE glo in die ewige lewe nie?
  • Waarna sien jy alles uit van die lewe ná die dood?

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

Lees: Opebaring 5:13,14

Probeer julle indink hoe dit gaan wees as jy die heerlikheid van God die eerste keer fisies gaan sien en beleef. Sê vir mekaar hoe dit gaan wees en wat julle gaan doen.

Laat iemand in gebed die Here aanbid/loof en die seën vra op die byeenkoms

God praat met ons:

Lees nou Openbaring 21:1-8

Die nuwe hemel en die nuwe aarde

21 Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2?En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is.

3?Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4?Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

5?Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”

6?Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7?Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.

8?“Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”

1) Waar in hierdie gedeelte praat die Here met jou?  Watter woorde of frases spring vir jou uit?

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

2) Gesels met mekaar oor al die implikasies van vers 5.

  • Watter dinge (geïmpliseer in vers 4) sal jy baie bly wees wat nie in die hemel sal wees nie?

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

  • Hoe kan ons seker wees dat ons dié heerlikheid gaan beërf?

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

3) Wanneer die Bybel met ons oor ons groot toekoms praat is dit nie maar om ons nuuskierigheid tevrede te stel nie, maar om ‘n verskil te maak aan ons lewe hier en nou. Waar sien julle hierdie stelling in die verse hier bo?

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

4) Bespreek ook die betekenis van die stelling. Hoe raak dit ook jou eie lewe en jou siening van jou lewe en jou toekoms?

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

  1. Wat wil jy in jou lewe verander in die lig van vandag se gesprek?

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________________________

 

Mens tot medemens

Wie is daar wat jy wil troos of bemoedig in die lig van ons belydenis:  Ek glo aan die ewige lewe?

Hoe kan jy dit doen?

Print

Ons Glo Week 9 - Ek glo aan die vergewing van sondes

Print

Ek glo aan die vergewing van sondes

Ons ontmoet mekaar

  • Wat is vir jou die lekkerste woorde wat nog ooit gehoor het en wat jy elke keer weer en weer wil hoor. 
  • Hoekom dink jy voel ‘n mens sleg oor sondes?

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

  • Laat iemand  lees Psalm 32:1-5 en 11, gee geleentheid vir stilgebed.

Iemand sluit dan die tyd van stilte af met ‘n kort gebed waarin God vir sy vergifnis gedank word en waar die seën op die res van die byeenkoms gevra word.

 

God praat met ons:

Lees:

Lees Luk 7:36-50

36?Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem.

37?’n Sekere vrou in die dorp, wat ’n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie 38?en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf.

39?Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy ’n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ’n sondares is.”

40?Maar Jesus spreek hom aan en sê: “Simon, Ek het iets om vir jou te sê.”

“Meneer, sê dit maar!” antwoord hy.

41?Jesus sê toe. “Twee mense was in die skuld by ’n geldskieter. Die een het vyf honderd rand geskuld en die ander een vyftig. 42?Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskel. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?”

43?Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskel het.”

“Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, 44?en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom—?en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. 45?’n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. 46?My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. 47?Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.”

48?En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.”

49?Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?”

50?Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”

1) Laat elkeen in die groep weer na die deel kyk en dink oor dit wat jou persoonlik in hierdie verhaal tref, deel dit met die groep.

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

2) In wie se skoene sien julle julleself die meeste, die vrou s’n of in Simon en die ander s’n? Motiveer julle antwoorde

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

3) Hoekom dink jy is hierdie gebeurtenis opgeskryf in die Bybel?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

4) Wat leer ons by Simon om nie te doen nie en by Jesus om wel te doen

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

5) Hierdie verhaal laat ‘n mens oor ‘n paar dinge in jou eie lewe en in die kerk dink:

Ervaar ek egte vreugde in my geloof en Godsdiens?

_______________________________________________________________________________

Hoe lyk dit in ons gemeente eredienste?

_______________________________________________________________________________

Is ek/ons baie krities en vinnig veroordelend op ander?

______________________________________________________________________________

Hoe reageer ons op sonde van ander wat in die nuus uitgeblaker word?

______________________________________________________________________________

Gesels hieroor in die lig van die verhaal hierbo en dink hoe dit al die verskil kan maak?

______________________________________________________________________________

 

Mens tot medemens

  • Hoe belangrik is dit vir mense om te hoor dat Jesus aan die kruis vir ons gesterf het?  En wat doen jy daaraan?
  • Kom ons gee vir elkeen geleentheid om met die Here Jesus te praat oor ons sondes wat vergewe is, en dan doen ons voorbidding vir sake op die hart.

Sluit af met: Kom dank nou almal God met hart en monde en hande,

Vir verdere studie:

Kol 2:13-14

“.... God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. 14?Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem”.

2 Petrus 2:24

24?Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra”.

 Kol 1:14

14?”Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

1 Joh 5:13

13?”Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”.

Print

Ons Glo Week 8 - Ek glo aan die kerk

Print

Ek glo aan die kerk

Ons ontmoet mekaar

  • Laat elkeen vertel wat in 'n gemeente vir hom baie belangrik is.
  • Laat almal die gedeelte saam sê waaroor dit vandag gaan in ons besinning:  "Ek glo aan 'n heilige algemene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges"
  • Wat beteken die woorde vir jou as jy dit sê?  En wat bedoel jy?

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

  • Kom ons loof elkeen die Here in kort dankgebede vir fasette van ons gemeente wat vir jou belangrik is. 

God praat met ons

Lees: Handelinge 2:27- 47

41?Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. 42?Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.

43?Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. 44?Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45?Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46?Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47?en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

1) Direk na die eerste groot bekering het die gelowiges verenig in ‘n kerk, waarom was dit belangrik?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

2) Wat tref julle van hierdie eerste gemeente?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

3) In vers 41 kry ons 4 kernfunksies/aktiwiteite van die kerk en in vers 43 – 47 sien ons hoe dit by hulle gewerk het. Kyk of julle dit bymekaar kan bring

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

4) As julle dan ons gemeente aan die 4 funksies meet, waar staan ons t.o.v. elkeen?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

5) Wat sal die kerk moet doen om vandag relevant te wees en te groei?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

 

Lees ook 1 Korintiërs 12

27 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.

28 En in die kerk is daar mense aan wie God ‘n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik.

29 Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen?

30 Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?

31 Lê julle toe op die beste genadegawes

  1. Hoe praat hierdie teks met elkeen van ons ten opsigte van ons plek en rol in die gemeente?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

 

Mens tot mens

  • Laat elkeen sê watter gawe hy in elkeen van die ander in die groep sien

Gebed

Bid vir die ontwikkeling van mekaar se gawes en vir ander sake in ons gemeente

Print

Ons Glo Week 7 - Ek glo in die Heilige Gees

Print

Ek glo in die Heilige Gees

Tema:  Die wonder van opnuut gebore word deur die Gees

Ons ontmoet mekaar

  • Partykeer verander mense dramaties as hulle tot geloof kom.  Ken julle sulke verhale?  Vertel.
  • Hoe het dit in jou lewe gebeur?

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

Soek ‘n lied uit die liedboek oor die Heilige Gees en lees dit biddend, daarna kan iemand die seën vra op die byeenkoms.

God praat met ons

 

Lees nou Joh 3:1-8

Jesus en Nikodemus

3 Daar was ’n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ’n lid van die Joodse Raad. 2?Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ’n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”

3?Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

4?Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n ou man is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

5?Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6?Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7?Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8?Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

1) Watter woorde of gedagtes of frases tref jou?  Waar beleef jy dat die Here met jou praat?

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

2) Wat dink julle word bedoel met opnuut gebore word (vers 3)?

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Hoe gebeur dit?

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Waaroor gaan vers 5?

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Wat is die effek van wedergeboorte op ‘n mens se lewe?

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Is dit ‘n skielike of ‘n langsame proses?  Of albei? ( vgl. 2 Kor. 3:18)

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Kan mens weet of jy weer gebore is?  Hoe? (vgl. Johannes 3:16)

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Uit vandag se gesprek wil ek graag die volgende in my lewe toepas:

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

 

Mens tot medemens

Mense word deur die Gees en die Woord opnuut gebore.  Wie is daar met wie jy graag die Woord sou wou deel sodat jy dit aan die Gees kan oorgee om Sy werk verder te doen?

Print

Ons Glo Week 6 - Ek glo in die verHEERlikte Jesus

Print

Ek glo in die verHEERlikte Jesus

Ons ontmoet mekaar

Nadat ons met mekaar gesels het oor wat die afgelope week in ons lewens gebeur het, kan ons gerus met mekaar deel watter teks of waarheid die afgelope tyd vir jou baie kosbaar is.

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

Kom ons kies vooraf die liedere wat ons wil sing wat handel oor Jesus se opstandig en heerskappy.  Dink aan die Oorwinningslied; Doen slegs U wil Heer; Halleluja U is Koning; Hy is die Koning en dit sal goed wees as ons kan afsluit met: Hy is Heer!   (Laat iemand tussen elke lied ‘n gebed doen wat antwoord op die lied.) 

God praat met ons

Wat bedoel ons met hierdie woorde in die 12 artikels?  Wat sê dit vir julle? Waaroor het julle vrae

Ek glo in Jesus….

“wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.

Bespreek:

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

Lees nou:

Kollosense 1:9-20:

9?Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10?sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11?Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12?Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13?Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14?Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

Die voorrang van die Seun

15?Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.  Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.  16?God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is:  alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers,

maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.  17?Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.

18?Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.  Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.

19?God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon 20?en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen”.

1) Kom ons lees hierdie paar verse net weer ‘n keer saggies deur en dan deel ons met mekaar oor wat ons aangryp van Jesus.

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

2) Wat beleef jy diep binne in jou, as jy dink oor Jesus of as jy met Hom praat.

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

3) Hoe behoort jy te reageer met die opdragte van hierdie Here Jesus aan jou?

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________ 

Mens tot medemens

  • Wat dink jy oor die woorde wat ons bely:  “Hy sal kom om te oordeel oor die wat nog lewe, en oor die wat reeds gesterf het”, veral as jy dink aan mense wat Hom nog nie erken as Here en Verlosser nie?
  • Kom ons bely ons ongehoorsaamheid en dan bid vir mekaar en vir mense wat nog nie die Here as Here en Verlosser erken en bely nie.

Print

Ons Glo Week 5 - Ek glo in Jesus wat Homself verneder het

Print

Ek glo in Jesus wat Homself verneder het

Ons ontmoet mekaar

  • Wat dink jy beteken dit om eensgesind te wees?  Is dit om dieselfde te dink oor dinge of is dit om dieselfde gesindheid te hê in die lewe? 
  • Kom ons lees saam die gedeelte in die Apostoliese geloofsbelydenis of soos dit ook genoem word die Twaalf Artikels (Apostolicum) oor die vernedering van Jesus . Gesels met mekaar oor hoekom jy dink hierdie woorde oor die vernedering van Jesus in die geloofsbelydenis moet wees.

En (Ek glo) in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;

Vir interessantheid:

Die woorde “ter helle neergedaal” is eers in 359 nC bygevoeg in die 12 artikels en dui volgens die Heidelbergse Kategismus  vraag 44 op die helse straf, wat op Jesus neergedaal het, sodat ons wat glo in Jesus, nooit weer gestraf hoef te word nie.

Heidelbergse Kategismus: Vraag 44:     

Waarom volg daar: “?neergedaal na die hel?” ?

Antwoord:     Sodat ek in my swaarste aanvegtinge verseker kan wees en myself volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus my deur sy onuitspreeklike angs, smart en verskrikking wat Hy aan sy siel deur sy hele lewe maar veral aan die kruis gely het, van die helse angs (a) en pyn verlos (b). Jes 53:5 (b)  Ps 18:5,6; 116:3; Mat 26:38; 27:46; Heb 5:7.

 

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

Laat iemand Openbaring 5:9-14 lees terwyl die groep biddend luister. Gee daarna ‘n tyd vir persoonlike en stil gebed.

God praat met ons

Skriflesing: Fil 2:1-8

2 1Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—?2?maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3?Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4?Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Die voorbeeld van Jesus Christus

5?Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:  6?Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7?maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8?het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

1) Wat van die Here Jesus raak jou hart aan in hierdie paar verse? Praat met mekaar daaroor.

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

2) Wat dink jy is die boodskap van hierdie gesindheid van Jesus?

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

3) Hoe is jou gesindheid teenoor  (evalueer jouself)                   Selfgerig   of/  Nederig

  • Die Here Jesus,                                                             0 ________5_______10       
  • teenoor jou medegelowiges en                                        0 ________5_______10       
  • teenoor onbekendes?                                                     0 ________5_______10 

4) Hoe mis ons nie hierdie gesindheid in ons eie lewe, in ons kerk en in ons wêreld nie? Watter verskil kan dit nie maak nie? Bespreek

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

    

Mens tot medemens

  • As die Here Jesus gewillig gehoorsaam gedoen het wat die Vader van Hom verwag het, wat is daar wat ons in dieselfde gesindheid moet gaan doen teenoor ons medemens?

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

  • Kom ons bid saam oor dit wat ons gehoor het en ook vir mense in nood. Besluit ook waarvoor julle spesifiek hierdie week gaan bid

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

Print

Ons Glo Week 4 - Ek glo in Jesus Christus die Here

Print

Ek glo in Jesus Christus die Here

Ons ontmoet mekaar

  • Waaruit kan mens aflei dat iemand baie respek vir die Here het?
  • Wat bedoel jy as jy bely:  “En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;”
  • Wie is Jesus vir jou?

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

Ons kan ons liefde, bewondering en waardering vir Jesus nooit genoeg uitdruk nie.  Ons het ook nie die woorde of begrip met ons woorde reg aan die eer en heerlikheid van die Here te laat geskiet nie.

Word nou eers stil en laat iemand dan die Christuslied voorlees van Kolosense 1:15-20. Iemand kan direk na die voorlesing seën vra op die byeenkoms/ of gee geleentheid vir kort gebede

God praat met ons

Lees nou Rom 1:1-7

1 Van Paulus, ’n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God.

2?Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig, 3?en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore; 4?op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here. 5?Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring. 6?Julle is hierby inbegrepe; ook julle is geroep om aan Jesus Christus te behoort.

7?Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort.

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

 

1) Wat tref jou?  Watter vers of frase skryf die Here op jou hart? Gee ook geleentheid vir die groep om op mekaar se reaksies te reageer.

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

2) Lees weer vers 4:

  • Waar het Jesus die Naam Here gekry? ________________________________________________________________________________
  • Wat (dink julle) is die verskil tussen mag en gesag? ________________________________________________________________________________
  • Vertel vir mekaar hoe ons die belydenis “Jesus is die Here” beter kan uitleef op die volgende terreine:

Aanbidding

 ________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Kalmte en vrede

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

Gehoorsaamheid

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

  • Hoe verskil “Jesus Christus die Here” van “Jesus Christus ons Here”? (Of: Here.)

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

3.   Wat gaan jy verander aan die uitleef van jou verhouding met die Here in die lig van vandag se gesprek?

________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________

 

Mens tot medemens

Dink aan iemand met wie jy ‘n gesprek hierdie week kan voer oor die gedagte dat Jesus die Here is.  Hoe gaan jy die gesprek begin?

Print

Ons Glo Week 3 - Ek glo in God die Vader, omdat Hy my Vader in die hemel is

Print

Ek glo in God die Vader, omdat Hy my Vader in die hemel is

Ons ontmoet mekaar

  • Kom ons deel so bietjie ons week wat voorlê met mekaar
  • Kom ons lees saam die Apostoliese geloofsbelydenis of soos dit ook genoem word, die die Twaalf Artikels en dan gesels ons met mekaar oor wat die eerste sinnetjie vir jou beteken.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.

  • Wanneer het God die Vader vir jou ‘n Vader geword, vertel vir ons meer van jou verhouding met Hom as jou hemelse Vader?

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

Saam in die teenwoordigheid van God  Kom ons kies vooraf die liedere wat ons wil sing en dan sing ons dit opeenvolgend sonder aankondigging.  Dit sal gepas wees as ons afsluit met die Onse Vader gebed.  (Groepe wat dit nie sing nie, kan dit bid.)

Ons luister na die woord

Inleiding

In Johannes 8 lees ons dat die gesprek oor wié Jesus nou eintlik is.  Die eerste sewe hoofstukke het Jesus Homself op verskeie maniere bekend gestel as

  • die Lam van God wat aarde toe gekom het, om die sonde van die wêreld op Hom te neem
  • as die een wat besonderse wysheid en insig het, selfs die samaritaanse vrou kon nie anders om met die boodskap te hardloop nie
  • Hy het sy mag getoon deur die water wat Hy verander het in wyn, die vermeerdering van die brood, die loop op die see
  • Ook het Hy vir hulle gesê dat Hy die Lig vir die wêreld is en dat Hy die Seun van God is.

Maar oor al hierdie dinge wat gebeur het en oor wat Hy alles gesê het, het die Jode van daardie tyd in opstand gekom teen Jesus omdat Hy gesê het dat Hy die Seun van God is. In hierdie gedeelte wat ons nou gaan lees gaan ons na een van sy gesprekke met die Jode luister.  Probeer gerus ook hoor wat Jesus vir jou in daardie gesprek wil sê. Kyk of jy kan verstaan wat die Jode nie verstaan het nie.

 

Lees: Joh 8:31-47

God is nie hulle Vader nie

31?Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32?en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

33?Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?

34?Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde. 35?’n Slaaf bly nie vir altyd by ’n huisgesin nie; ’n seun bly vir altyd. 36?Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees. 37?Ek weet julle is die nageslag van Abraham. Maar julle wil My doodmaak omdat my woorde nie ingang by julle vind nie. 38?Ek praat oor wat Ek by my Vader gesien het; en julle doen wat julle by julle vader gehoor het.”

39?Hulle het vir Hom gesê: “Ons vader is Abraham.”

Daarop sê Jesus vir hulle: “As julle kinders van Abraham was, sou julle doen wat Abraham gedoen het. 40?Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie. 41?Julle doen wat julle vader gedoen het.”

Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God.”

42?Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. 43?Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! 44?Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ’n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen. 45?En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie in My nie. 46?Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie?

47?Wie ’n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.”

 

1) Wat dink jy wou Jesus eintlik vir die gelowige Jode sê?  (Kommentare sê dat die term gelowig hier wys op ‘n groep mense wat alreeds begin besef het dat Jesus Iemand spesiaal is, maar dat hulle nog nie eintlik in Hom geglo het as die Seun van God nie).

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

 

2) Lees weer ‘n slag vers 47 en gesels met mekaar oor wat die praktiese implikasies vir jou is.

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

3) Dit is baie duidelik dat die Jode ‘n valse gerustheid gehad het oor hulle godsdiens.  Hoe dink jy kan so iets vandag nog gebeur met ons?.

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

4) Waar kry ons die reg om God ons Vader te noem?

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

5) Wat is die verskil tussen slawe en kinders? (34,35) Hoe is dit op ons in die geloof van toepassing?

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

6) Watter seëninge hou God se Vaderkap vir ons as sy kinders in? (Vgl 34,35 ook Rom.8:15, Luk.11:13, Matt.6:26, Ps 86:15-17 )

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________

 

Mens tot mens

  • Wat dink jy is ons verantwoordelikheid in ons leefwêrelde na aanleiding van hierdie gedeelte wat ons gelees het.

Kom ons bid vir mekaar en vir ‘n wêreld wat in ‘n valse gerustheid leef.

Print

Ons Glo Week 2 - Ek glo in God die Vader, as Skepper van die hemel en die aarde

Print

Tema: Ek glo in God die Vader, as Skepper van die hemel en die aarde

Ons ontmoet mekaar

  • Laat elkeen vertel van iets in die skepping wat sy/haar asem wegslaan ….
  • Laat almal die gedeelte uit die 12 artikels saam sê waaroor dit vandag gaan in ons besinning:  "Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde"

Ons ontmoet mekaar in die teenwoordigheid van God

  • Kom ons loof elkeen die Here in kort dankgebede vir die wonderlike dinge wat ons netnou oor die skepping genoem het. Dit kan ook in stilte gedoen word
  • Vra ook seën op die byeenkoms

God praat met ons

 

Lees: Ps 8

1 Vir die koorleier: met musiek. ‘n Psalm van Dawid.

2 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

3 Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.  So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het,

5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

6 U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon,

7 U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:

8 skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld,

9 die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

10 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

 

1) Wat het vir jou uitgestaan toe julle die gedeelte saam gelees het?

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

2) Ons kry as’t ware twee kante van die mens wat hier belig word: aan die een kant sy grootsheid en aan die ander kant sy kleinheid. Dink julle dat dit nodig is vir ‘n mens om beide kante vas te hou?  Wat sou gebeur as mens eensydig na een van die twee kante oorhel? Hoe en waar kry mens die regte balans?

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

3) Waarin lê die kosbaarheid en grootsheid van die mens? Hoe kan ons weet dat ons lewens kosbaar en werd is?

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

4) Wanneer weerspieel mense vir jou iets van die Here? (heers hulle dus ook op die regte manier oor die skepping)

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

5) Wat is volgens jou die grootste bedreiging vir die planeet?

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

6) Watter klein pogings van jou kant kan vir die skepping die meeste beteken?

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

 

Mens tot mens

Gesels oor wat julle kan doen om die skepping te bevoordeel?

Kom ons bid vir mekaar en vir ons wêreld.

Print

Ons Glo Week 1 - Vandag praat en dink ons oor die waarde en betekenis van saam glo

Print

Vandag praat en dink ons oor die waarde en betekenis van saam glo

Ons ontmoet mekaar: Gesels saam

•    Wie het al aan atletiek deelgeneem?  Aan watter items?  Wat het jy beleef?

•    “Die lewe is soos ‘n hinderniswedloop”.  Gesels met mekaar oor dié stelling


Saam in die teenwoordigheid van God

Vertel vir mekaar van iets waaroor jy vandag dankbaar is.  Loof en dank die Here dan met gebede en  liedere(indien julle saam sing). Open hiermee ook die byeenkoms met gebed

Lees nou Hebreërs 12:1-3
Die oog moet op Jesus gevestig wees.
12 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

1.    Laat iemand die skrifgedeelte ‘n tweede keer lees en gee dan tyd vir elkeen om aan die volgende te dink:
Waar, in hierdie paar verse, lig dieHere vir jou spesifieke woorde uit?  Wat tref jou?  Deel dit met die groep en bespeek dit as groep

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

2.    As die groot skare geloofsgetuies verwys na al die gelowiges in Hoofstuk 11 – wie van hulle staan vir jou uit?  Vertel ook van iemand in joú lewe wat so ‘n toegewyde gelowige was dat hy of sy jou geloofslewe baie beïnvloed het.
___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________


3.    “Geloof is ‘n wedloop” sê die skrywer.  Watter ooreenkomste is daar tussen die twee?     
___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________ 

                         
Wat is nodig om suksesvol in die geloofswedloop te wees? (Praat ook oor die begrip sukses en kry duidelikheid oor hoe ons in die konteks van geloof dit moet verstaan)
___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________                                                      
4.    Lees nou Hebr. 10:24-25:
Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Waarom het ons mekaar nodig om te glo volgens hierdie verse?

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

Die Apostoliese Geloofsbelydenis begin met “Ek glo”. Dit kon ook “Ons glo” gewees het.
 Stem julle saam? Wat is die verskil?  Of is dit om’t ewe?
___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________

5.    Ek het vandag dít oor geloof geleer wat ek graag wil gaan toepas:

___________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________.

Mens tot medemens

Dink aan iemand wat geestelik moeg geword het en uitgesak het.  Hoe gaan jy hom/haar bemoedig?

Sluit af met gebed – bid vir mekaar se behoeftes nadat gebedsbehoeftes genoem is ( indien groeplede vrymoedig bid kan hulle vir mekaar bid, anders kan ‘n lysie met gebedsbehoeftes opgestel word en een persoon  kan dan daarvoor bid)

 

Print

Week 7 - Gebou vir die ewigheid

Print

1 Kor. 15

Die NG Kerk kom uit die Gereformeerde stroom van die Protestantse kerke. Binne hierdie stroom was die regte verstaan van ons geloof nog altyd baie belangrik, daarom word groot waarde geheg aan die belydenisskrifte wat ons geloof saamvat, verduidelik en die regte geloof beskerm.

Maar is dit regtig so belangrik? Vandag word daar rondom die opstanding van Christus en die gelowiges baie dinge wat vreemd is aan die Bybel geleer en geglo. Baie mense glo vandag dat ons lewe na die dood net ‘n geestelike voortbestaan in die hemel is en dat Christus se opstanding ook in ‘n geestelike sin verstaan moet word. Is dit regtig so belangrik om reg te glo?

1 - Lees vers 12 -23 en kyk hoe Paulus dieselfde kwessie destyds hanteer het en besluit dan hoe belangrik die kwessie van die regte verstaan van die opstanding vir ons geloof is. Is dit belangrik?

...................................................................................................................................................................................

Wat glo ons oor die gelowiges se bestemming na ons dood? Vgl. ook die 12 artikels – ek glo aan die opstanding van die vlees  en ‘n ewige lewe.

...................................................................................................................................................................................

Hoe gaan ons lyk met die lewe na die lewe na die dood? (na ons dood is ons mos  by die Here en lewe ons in een of ander sin na die dood. Met Jesus se wederkoms sal ons liggaamlik opgewek word met ‘n nuwe liggaam sodat ons na die lewe na ons dood in die volste sin sal lewe) Wat sê die beeld van die saadkorrel hieroor? 35-38, 51-52

...................................................................................................................................................................................

2 - Hoe impakteer geloof aan die opstanding ons houdings en optrede in hierdie lewe? (32-34; ook 6:13-14) ...................................................................................................................................................................................

Laat hierdie verse julle met ander oë na julleself, julle liggame en julle liggaamlike bestaan kyk?

...................................................................................................................................................................................

Bespreek  die volgende stelling: Daar is ‘n groot verskil tussen die “vergoddeliking van ons liggame” en “God verheerlik met ons liggame” (6:20)

......................................................................................................................................................................................

3 - Watter implikasies het die boodskap van die opstanding vir ons lewe in diens van die Here? ( 57-58; 3:12-14 )

...................................................................................................................................................................................

Dit lyk beslis of die Here sekere  bouwerk wat ons in hierdie lewe doen so in sy koninkryk opneem en gebruik dat dit ‘n permanente deel uitmaak van die nuwe hemel en aarde wat Hy besig is om te bou  wat uiteindelik ook in heerlkheid gaan skitter as Jesus weer kom.

Watter van ons bouwerk word hierin opgeneem en watter nie?

...................................................................................................................................................................................

Hoe voel jy daaroor dat jou bouwerk waarmee jy persoonlik en saam met die gemeente mee besig is uiteindelik ‘n deeltjie uitmaak van God se groot Nuwe Hemel en Nuwe Aarde projek ? ...................................................................................................................................................................................

4 - Die groot persoonlike vraag is: Is ons besig om te bou en saam te werk aan hierdie projek of is ons maar net met ons eie persoonlike projekte besig?  ...................................................................................................................................................................................

Wat is die implikasie indien ons nie aan die projek meewerk nie? (3:15)

...................................................................................................................................................................................

Gesels en droom saam oor projek Nuwe Hemel en Nuwe Aarde en hoe ons deel daarvan kan wees. Kan ons ons gemeentebou ook deel daarvan sien?

Sluit af met gebed: Bid vir die gemeentebouprojek

Bid dat Here ons sal vul met blydskap, hoop en volhrding juis in die lig van ons ewige hoop

Print

Week 6 - Eredienste wat 'n verskil maak

Print

1 Korintiërs 14

Ons het laas week gesels oor Liefde wat uitreik na ander. Vertel vir mekaar hoe jy dit deur die week reg gekry het om daardie liefde so uit te leef.

1 - Open dan die byeenkoms met ‘n gebed wat God dank vir die bystand wat Hy deur die week vir elke persoon gegee het en dat elke liefdevolle daad tel, maak nie saak hoe klein dit vir ons mag lyk nie. Bid ook vir die Here se seën op die byeenkoms.

2 - In hoofstuk 12,  spreek Paulus die mense aan omdat hulle gebrek aan liefde hulle verhoed om hul gawes te gebruik. In hoofstuk 13 definieer hy ware liefde en in hoofstuk 14 wys hy hoe liefde in die erediens funksioneer.

Ons gaan hierdie week veral oor die erediens in die lig van 1 Kor.14 gesels.

Stem jy met die volgende stelling oor die erediens saam:

“Die erediens is die werkplaas van die gemeentelike bouprojek”

Kan julle hierby aanvul? Wat is die sterk en swak punte van die beeld wat hier gebruik word?

...................................................................................................................................................

3 - Ongelukkig het ‘n paar dinge soos die spreek in tale, die manier waarop profesieë  gefunksioneer het en die optrede van vroue in die eredienste die eredienste in chaos gedompel sodat dit nie meer vir die gemeente tot opbou was nie. Hoewel ons kultuur, gebruike en eredienste vandag baie verskil van destyds, kom hier tog in Paulus se reaksie baie sterk beginsels vir die erediens na vore.  

Net vir duidelikheid:

  • Spreek in tale, anders as in Handelinge 2 wat verstaanbare tale was, is onverstaanbare klanke waarmee iemand God prys en aanbid. Dis eintlik bedoel vir die binnekamer en volgens hoofstuk 12 net aan sommige gegee.
  • Profesie is die uitlê en toepassing van God se wil in ‘n spesifieke situasie. Ons kan hier dink aan al die wyses waarop die woord o.l.v. die Heilige Gees funksioneer. Omdat  mense destyds nog nie Bybels gehad het wat die hele evangelie uitstippel nie, soos vandag,  het mense openbarings of insigte van die Heige Gees gekry wat hulle dan in die erediens verkondig en geleer het.
  • Volgens die kultuur en gebruik van destyds het vroue die man eerbiedig en nie ‘n prominente posisie in die gemeenskap ingeneem nie. Hier het ‘n paar vroue blykbaar so oorgeneem dat dit ‘n verleentheid kon wees en eintlik van buite wanordelik kon voorkom. Paulus vra hulle om ter wille van die orde by die gebruik van die tyd te hou.

 

4 - Hoekom kies Paulus die gawe van profesie bo tale in die erediens? (lees 1-5,12,16,17,19) ...................................................................................................................................................

Watter beginsels vir die eredienste kom hier na vore?

Waar en hoe funksioneer die gawe van profesie vandag in ons kerk?

...................................................................................................................................................

Hoewel Paulus die spreek in tale op sy plek sit, skiet hy dit nie heeltemal af nie. (verse 19,27). Indien dit in ‘n erediens moet gebeur, moet dit uitgelê word. Dink julle daar moet meer plek gemaak word daarvoor? Hoekom?/hoekom nie?

...................................................................................................................................................

5 - Waarom is dit volgens verse 23-25 so belangrik dat die erediens en wat gesê word, verstaanbaar moet wees?

...................................................................................................................................................

Hoe dink julle spreek ons en ons eredienste tot buitestaanders? Trek dit mense aan of stoot dit mense weg? Wat kan ons doen sodat ons eredienste nog duideliker praat en ‘n groter verskil maak aan ons en ook aan die gemeenskap rondom ons?

...................................................................................................................................................

...................................................................................................................................................

6 - In vers 26-40 word weereens beklemtoon dat alles ordelik moet wees binne die erediens sodat dit tot opbou van die gemeente kan wees. God is ‘n God van orde.

  • Dit beteken onder andere dat die erediens so beplan en gereël word dat die gawes van die lede diensbaar is tot die aanbidding van die hele gemeente. Vers 26 noem ‘n paar gawes wat destyds die eredienste gedien het. Watter gawes is in en rondom ons eredienste vandag werksaam? ...................................................................................................................................................

Watter gawes sal jy graag meer by ons wou sien wat jy dink ons nodig het.

...................................................................................................................................................

  • Hier word ook gesê dat elkeen (26) ‘n bydrae lewer. Hoe kan elkeen in die erediens bydrae tot die aanbidding van die gemeente sodat dit werklik ons is wat aanbid? Wat kan gedoen om die lede se deelname te verhoog?
  •  
  • Die erediens is ook nie die aanbidding van ‘n enkeling nie maar van ‘n groep. Daarom is daar ook dinge soos bekendheid, elemente wat ons saamdoen en herhaal en ook die feit dat ons inval by die gebruike van alle Christelike kerke oor tyd en plek, veral met die wat ons belydenis deel.(vgl.vers33).

Bespreek die volgende twee stellings en besluit wat julle verkies:

Eredienste volgens liturgiese orde (soos by ons) eerder as ‘n vrye erediens volgens die gevoel en persoonlike inspirasie van die prediker verryk/verarm die erediens.

Voorbereiding van al die elemente, preek en gebede eerder as spontane optrede en deelname van gemeentelede beperk/verdiep die leiding van die Heilige Gees (vers 15, 32,33)

...................................................................................................................................................

7 - Hierdie gedeelte praat van die rol van vrouens in die erediens. Hoekom dink julle lyk dit vandag anders? (33-35) ...................................................................................................................................................

Is ons beter of slegter daaraan toe? ............................................................................

8 - Dink hoe jy kan voorberei op die eredienste sodat die Gees ook meer van jou kry en jou kan gebruik. ...................................................................................................................................................

Dink ook hoe die Heilige Gees jou met jou gawes wil gebruik sodat jy met jou gawes ‘n verskil kan maak in die gemeente? ...................................................................................................................................................

 

Sluit af met ‘n kringgebed, indien julle groep daarmee wil inval. Elke persoon in die groep bid net een sinnetjie op ‘n slag. Die kring kan soveel keer herhaal as wat nodig is. Op die einde sluit een persoon net die gebed af.

Dinge om oor te bid:

  • Ons kerkleiers, politiese leiers of base by die werk
  • Geloofsekerheid, klein geloof en verdieping van geloof
  • Ons kinders en jongmense
  • Die verskillende bedienings in die kerk en die mense wat daarby betrokke is
  • Lidmate wat mekaar moet bystaan

Print

Week 5 - Sement om alles saam te bind

Print

1 Korintiërs 13

Lief en leed is ‘n baie belangrike aspek van klein groepe. Hoor by elkeen hoe die week was wat verby is. As dit nodig is staan bietjie stil dat mense weet hulle kan in hierdie ruimte afpak.

1 - Open dan met gebed. Bid vir elkeen in die groep. Vra vir God om hulle te seën.

Wat is julle  gevoel oor geskenke? ...............................................................................................................

2 - Lees  verse 1-13 van 1 Korintiërs

Hoekom dink julle werk dit so dat mense geneig is om die hoeveelheid liefde aan ‘n geskenk te koppel eerder as die fisiese waarde daarvan?

......................................................................................................................................................................

Ons het laasweek oor gawes gesels. Tel gawes ook as ‘n geskenk? .......................................................................................................................................................................

Is dit net ‘n geskenk wat ons ontvang of is dit ‘n geskenk wat ons kan uitgee?

.......................................................................................................................................................................

Wat s%u0207 hierdie verse vir ons oor ons gesindheid waarmee ons hierdie geskenk aan ander moet gee? ......................................................................................................................................................................

Die teks praat van die liefde wat geduldig, vriendelik, nie afgunstig is nie, nie grootpraterig is nie en nie verwaand is nie. Watter eienskappe kan nog by hierdie lys gevoeg word? ........................................................................................................................................................................

%uFEFFPartykeer word liefde met lus verwar. Volmaakte liefde is liefde wat totaal na buite gerig is en geensins op die self fokus nie. Dit is totaal onselfsugtig. Maar hierdie tipe liefde gaan ook teen ons menslike natuur in. Ons kan dit slegs regkry om so volmaak lief te hê met God se hulp, ook dan net as ons dit gee en niks terug verwag nie. Hoe meer ons soos Christus wil leef, hoe meer liefde moet ons aan ander wys. Dink aan maniere hoe jy liefde aan ander kan bewys sonder om iets terug te verwag.

................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Lees weer vers 13

Paulus skryf dat liefde nooit vergaan nie. Korinte was ‘n korrupte stad waar die betekenis van liefde verwronge geword het deur die mense se lustige gure. Vandag lyk dit nie veel anders nie. Liefde is die grootste karaktertrek wat ons by God self geërf het. Liefde vereis egter onselfsugtige bediening aan ander. Geloof is die fondament en inhoud van God se boodskap; hoop is die houding en fokus; liefde is die aksie. Geloof vervul aksie; hoop beïnvloed aksie; liefde is aksie. Wanneer geloof en hoop hande vat, kom liefde maklik want dan verstaan ons hoe God lief het. Word jou geloof so geleef dat dit God se liefde aan ander wys? ........................................................................................................................................................................

Is daar dalk klein praktiese dinge en ingesteldhede wat jou kan help om ander onselfsugtig en onvoorwaardelik lief te hê soos Jesus?

........................................................................................................................................................................

Gaan leef hierdie week Jesus se liefde sodat ander Hom in jou kan raaksien.

Sluit af met die woorde van Praat ek mense engle tale. Maak dit jou eie deur die loop van die week.

Praat ek mense, eng’le tale, maar dis nie uit liefde nie,

is my woorde hol simbole klanke sonder melodie.

Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit,

of al het ek al die kennis sonder liefde is ek niks.

Sonder liefde sal my gawes, al my ywer, my nie baat.

Net die liefde, onbaatsugtig, bly oorwin met goed, die kwaad.

Onreg kan dit nie verdra nie, dit is met die waarheid bly.

Deur vergifnis, hoop, verwagting, kom die beste in ons vry.

Al die tale, profesieë, met die tyd gaan dit verby.

Net die liefde, die volmaakte, kom en sal vir altyd bly.

Want geloof gee troos en rigting; na die toekoms reik die hoop.

Liefde is en bly die grootste; Liefde sluit die lewe oop.

Print

Week 4 - Ons le ons stene

Print

1 Korintiërs 12

Nog ‘n week is verby, vir party was dit ‘n goeie week en vir ander dalk nie. Gee vir elke lid van die groep geleentheid om te sê wat hierdie week in hulle uniek gemaak het. Dit gaan dalk bietjie dinkwerk vat maar moet nie eenvoudig ‘n skouers-optrek aanvaar nie. Daar gebeur daagliks goed wat ons graag oor wil vertel. Hierdie is nou die geleentheid..................................................................................................................................................

1 - Gee vir een (of ‘n paar mense) geleentheid om die byeenkoms met gebed te open.

 Vra vir God om die byeenkoms te seën en julle harte oop te maak sodat dit waarlik Sy boodskap is, wat na vore kom. Julle kan ook vra dat God se Gees enige struweling in die groep oplos en/of dank Hom dat die bande in julle groep sterk is.

2 - Dink aan jou rol of verantwoordelikheid in die gemeente wat jy die meeste geniet. Hoekom geniet jy dit? ............................................................................................................................................................

3 - Lees nou verse 1-11 van 1 Korintiërs 12

Hier word ‘n lys van verskillende gawes gegee. Hoekom, dink julle, is daar so groot verskeidenheid?

........................................................................................................................................................................

Glo jy dat elke persoon ‘n gawe ontvang het .................................................................................................................................................................

Wat is die doel van die gawes? ......................................................................................................................................................................

Hoewel daar baie gawes is, is daar net een God. Wat is die belangrikheid hiervan? .......................................................................................................................................................................

Vroeër het ons gesels oor elkeen se rol en verantwoordelikheid in die gemeente. Kan dit as gawes gesien word? ........................................................................................................................................................................

4 - Lees nou verse 12-26 van 1 Korintiërs 12

As mens letterlik na die liggaam kyk, net net na dit wat ons kan sien nie, soos hande en voete nie, maar ook die organe en stelsels wat binne die liggaam is. Wat dink julle is die rol en verantwoordelikheid van die verskillende dele? ........................................................................................................................................................................

Dink julle dat Paulus ‘n goeie vergelyking tref as hy die liggaam en die gemeente met mekaar vergelyk? Hoekom? ........................................................................................................................................................................

Dink julle dat daar sekere mense is wat moet lei en sekere mense is wat maar eerder net moet volg, of dien? Hoekom? ...................................................................................................................................................................

Ons sien dus dat gawes in verskillende vorme na vore kom. En ook dat daar nie gawes is wat meer belangrik is as ander nie. So kom mense ook met verskillende gawes na die gemeente om verskillende rolle te vervul.

5 - Lees verse 27 – 31 van 1 Korintiërs 12

As ons vroeër gesê het dat elke persoon ‘n gawe ontvang het, het elke mens dan ook ‘n verantwoordelikheid om dit in die kerk uit te leef?  ......................................................................................................................................................................

Dink aan ons gemeente, watter bedienings is daar alles? (byvoorbeeld kinder-, sang- en gebedsbediening) Waar leef jy tans jou gawes uit? Waar kan jy meer doen om jou gawes uit te leef?

........................................................................................................................................................................

Prof. Malan Nel stel dit op ‘n baie mooi manier. Hy s%u0207 dat om ‘n dienskneg te wees en om ‘n leier te wees nie so ver van mekaar verskil nie. In die gemeente gaan dit saam. ‘n leier moet tegelyk nederig en sterk wees. Leiers moet ook diensknegte wees en diensknegte moet leiers wees. As ons terug kan kom na die metafoor van die liggaam sou ‘n mens nie die spysverteringsstelsel sien as ‘n leier orgaan nie, nee eerder is die hart ‘n leier orgaan. Maar die hart moet nie kort-kort vir die spysverteringsstelsel s%u0207:  “daar kom nou kos, so verteer dit” nie. So is elkeen se rol, hoe klein en nietig dit ook mag voorkom, belangrik in die gemeente. Dit is net ons verantwoordelikheid om diensknegleiers te wees wat saam leiding neem en dien.

6 - Sluit af met die gebed van Oscar Romero:

Here, Ons drie-enige God,
vergewe tog ons sonde,
temper ons selfsug
sodat ons aan kreatiewer planne kan dink
om op ‘n gelyker grondslag,
die gawes wat u aan al u kinders gegee het,
te verdeel en te benut.
Sodat u hele skepping sal wil deel
in die loflied
wat ons aan u bring.

Print

Week 3 - Begin by die fondament

Print

1 - Open met gebed

2 - Lees 1Kor.3:9b-23

3 - Sou julle dink dat die bou-metafoor ‘n goeie een is om ‘n gemeente mee te beskryf? Motiveer julle antwoorde.

........................................................................................................................................................

4 - Toe ons rondom 1992 begin beplan het aan ons kerkgebou het die ingenieurs eers toetse van die grond gedoen en dadelik gesê dat ons kerk met die kleigrond baie spesiale fondamente nodig sal hê anders gaan die hele spul kraak en verkrummel. Die drywende fondament met al die versterkings en steunpunte het ons ‘n ekstra R100 000 gekos.

Kan julle aan ‘n paar redes dink waarom die fondament van ‘n gebou so belangrik is? Hoe kan ons dit op die kerk van toepassing maak?

.......................................................................................................................................................................

Paulus sê dat hy in sy arbeid die fondament van die gemeente gelê het en dat die fondament Jesus Christus is. Hy waarsku ook alle ander en latere bouers om seker te maak dat hulle op hierdie fondament bou en nêrens anders nie, anders is hulle nie meer besig aan die gebou van God te bou nie.(10-11)

Wat beteken dit as ons sê dat Christus die fondament van ons kerk is? Hoe bou mens op die fondament? (lees ook 1Kor.1:29-31, 2:2)

........................................................................................................................................................................

5 - Eintlik is elkeen van ons met ons gedrag, gesprekke en optrede besig om aan God se gebou te bou. Watter belofte en waarskuwing word hier gemaak ten opsigte van ons elkeen se bouwerk in die gemeente? Hoe verstaan julle dit? (12-14) .........................................................................................................................................................

Wanneer sal ons bouwerk nie die toets van God se oordeel deurstaan nie en wanneer sal ons loon ontvang? .......................................................................................................................................................

Vir persoonlike nadenke: Hoe voel jy oor jou bouwerk in die gemeente? Is die Here gelukkig daarmee en geniet die gemeente die seën van jou gawes? ( gee so minuut stilte) ................................................

6 - Vers 16,17 bring ons by die groot rede en doel met ons bouwerk , God is besig om vir Hom ‘n tempel op aarde te bou. Ons is tegelyk ingemessel en deel van die tempel en ons is ook medebouers van die tempel. Wat sê die metafoor alles oor ons gemeentewees en ons doel? (ook 2 Kor.6:16; Ef. 2:20-22; 1Pet.2:5)

........................................................................................................................................................................

Wanneer skend mense die tempel? Hoe ernstig voel die Here daaroor?

........................................................................................................................................................................

Kan ons gemeente met oortuiging sê dat ons  ‘n tempel van die Heilige Gees is? Watter bevestigings het ons hiervoor? ......................................................................................................................................................................

........................................................................................................................................................................

7 - In die slotverse kom Paulus weer terug by menseverering en die ongesonde plek wat aan mense gegee word. (18-21).

Is dit vandag nog steeds ‘n probleem? .....................................................................................................................................................................

Wat is die verskil tussen respek vir ‘n geestelike leier en die probleem wat Paulus aanspreek? ......................................................................................................................................................................

Hoe word die probleem hier op sy plek gesit? ......................................................................................................................................................................

8 - Kan julle persoonlik en as groep dink hoe julle hierdie week kan bydrae tot die opbou van ons gemeente as tempel van die Heilige Gees

..................................................................................................................

9 - Afsluiting met gebed en voorbidding

Bid veral vir ons omliggende gemeentes en die kerke in die land.

Bid ook vir die kerke en gelowiges in die lande waar Christene vervolg word,  veral Noord-Korea, Moslem lande en China

Bid ook vir ons eie gemeente se gemeenteboubeplanning

Print

Week 2 - Dis God wat laat groei

Print

1Kor. 3:1-9

1- Twee geselsvrae om mee te begin:

Waar het julle die afgelope tyd groei in ons kerk ervaar en waar voel julle dat daar stagnasie of selfs agteruitgang was?

Gesels oor julle ideale vir Brackendal

2 - Lees 1Kor.3:1-4

3 - Wat sou julle sê is die grootste oorsake volgens die verse dat gemeentes nie groei nie? ............................................................................................................................................................

Stem dit ooreen met julle ervaring oor julleself en die gemeentes waar julle betrokke is/was? Sou julle nog oorsake wil byvoeg? ............................................................................................................................................................

4 - In hierdie paar verse praat die woord met ons oor ons volwassenheid. Onvolwassenheid is ‘n struikelblok vir gemeentes en daarmee saam ook die lidmate se groei. Die geloofsvolwassenheid van die lidmate is weer diensbaar aan die groei van die gemeente.

Hoe lyk onvolwassenheid en waar en hoe sien julle dit onder ons raak? (vgl ook Ef.5:15,17; Gal. 5:19-21) ...............................................................................................................................................................

Hoe lyk geloofsvolwassenheid? (vgl. ook Ef. 4:13, 2Tim. 3:17 en 2 Pet.1:5-7)

...............................................................................................................................................................

Hoe kan elkeen van ons se geloofsvolwassenheid tot die groei van ons gemeente dien?

...............................................................................................................................................................

 

Laat elkeen nou persoonlik in stilte nadink oor hulle eie geloofsvolwassenheid, is daar dalk verstellings, veranderings, bekering, nuwe besluite nodig? ( gee tyd vir stil nadenke/gebed)

5 - Lees nou vers 5-9

6 - Wat is God se rol en wat is ons rol in die groei en opbou van ons gemeente en wat is die implikasies daarvan vir ons in ons benadering tot ons gemeente en tot mekaar?

........................................................................................................................................................

7 - As ons bely en sê dat God die Een is wat laat groei, sê ons daarmee dat Hy eintlik die belangrike Persoon in die gemeente is. Dit bevry ons van angstigheid oor ons eie bydrae asof alles van my afhang. Maar dan moet ons van Hom afhanklik wees en bly. Dan moet ons ons planne en inspirasie van Hom kry.

      Wat beteken dit in die praktyk? ........................................................................................................

8 - Kom ons sê dit maar weer duidelik, al is dit al in die bespreking hierbo genoem, dis nie my of jou kerk nie dis die Here se kerk. Hier is ons elkeen dienaars en mede dienaars van God. Hiermee word ons status en rol mooi uitgespel, ons is dienaars.

Wat beteken dit om ‘n dienaar te wees? (vgl. ook 1 Pet. 5:2,3,5; Fil. 2:5 ) ......................................................................................................................................................

Bespreek: In God se tuin is een nie belangriker as die volgende nie en tog is elkeen van ons se bydrae belangrik en nodig. ......................................................................................................................................................

9 - Afsluiting met gebed

Bid vir die gemeenteleiers, kerkraadslede, kategete, omgeegroepleiers

Bid vir God wat laat groei dat Hy ons sal lei tot groei en groter diensbaarheid

Print

Week 1 - Laat ons eers uit een mond praat

Print

4 Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.

5 Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te

bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. 1Petrus 2:4-5

Inleiding

Paulus het aan die einde van sy 2de sendingreis in 51 of 52NC die evangelie in Korinte, ‘n groot

hawestad naby Atene, gebring en ‘n gemeente daar gestig (Hand. 18).

Nadat Paulus berig ontvang het oor verskeie probleme in die gemeente skryf hy hierdie brief omstreeks

55NC. Ongelukkig het die gemeente gevou onder die druk van ‘n permissiewe gemeenskap van

onsedelikheid, afgode, korrupsie ens. Hy spreek probleme soos verdeeldheid, geestelike hoogmoed,

geesdrywery, onsedelikheid, dwaling veral rondom die opstanding en chaos in die eredienste en

nagmaal aan.

In die verloop van die brief is daar ook baie af te lei oor gemeentebou want God se antwoord en gawe

aan sy kinders in ‘n uitdagende omgewing is ‘n gesonde gemeente. Die gemeente koester, begelei, dien

en lanseer ook weer die gelowiges getuigend en dienend in die wêreld.

Hierdie studie is spesifiek saamgestel om saam te val met gemeentebou prosesse. Maak asb. ook plek in

julle dagboeke vir ons gemeentekonferensie saam met prof. Malan Nel. 14,15 Maart

Week 1 - Laat ons eers uit een mond praat

Laat elkeen in die groep iets van hulleself vertel wat die res van die groep nie weet nie.

Open met gebed

1. In vers 1-3 begin Paulus met die gebruiklike begin van ‘n brief, lees die verse en bespreek die

volgende: Heel eerste stel Paulus homself aan die gemeente bekend; wat het vir Paulus voorop

gestaan wanneer dit by homself kom en hoe wou hy gesien en geken word? Wat was die

implikasies daarvan? (vers 1 en 1Kor. 15:10).

..................................................................................................................................................................

Vertel vir mekaar hoe julle graag geken sou wou word..........................................................................

2. In vers 2 spreek hy die gemeente aan en noem hy betekenisvolle dinge oor die gemeente.

Noem en bespreek die woorde wat Paulus gebruik om die gemeente mee te beskryf

en die betekenis daarvan vir ons gemeente? (wat sê dit oor ons identiteit en doel)

 ........................................................................................................................................................

3. Lees die seëngroet in vers 3 voor, ons hoor dit ook elke Sondag. Wat beteken dit presies?

Is dit ‘n betekenislose gewoonte of wens of gebed of toesegging of iets anders ?

 ........................................................................................................................................................

4. Paulus wys ons in al sy briewe dat ‘n goeie noot om in ‘n gemeente met enige iets te

begin is met danksegging. Dit doen hy dan ook in hierdie brief in vers 4-9, lees die verse.

Waarvoor sê hy alles dankie? ...........................................................................................................................

Watter indrukke kry jy hieruit oor die gemeente? ..........................................................................................

Waarom is hierdie dankie ‘n goeie vertrekpunt as mens oor gemeentebou wil praat?.........................

Waarvoor kan ons God besonderlik dankie sê vir ons gemeente?

 ...........................................................................................................................................................................

5. Nou roer Paulus die belangrike saak van eenheid aan, lees vers 10-17.

 Dit lyk of ‘n hedendaagse kwaal ook hier kop uit gesteek het, verering of groepering rondom

persoonlikhede. Sefas = Petrus, Paulus is die bekende stigter van die gemeente, Apollos was ‘n goeie

prediker en die Jesus-groep het waarskynlik gedink hulle is beter en verder geestelik as die res.

Wat bring Paulus tuis met die retoriese vrae van vers 13? .........................................................................

Waarom is verdeeldheid so sleg vir ‘n gemeente en waarom is eenheid so belangrik dat

mens dalk juis ook hier met gemeentebou moet begin? Wat sê vers 17 in die verband?

.......................................................................................................................................................................................

........................................................................................................................................................................................

Is daar spesifieke dinge in ons gemeente wat verdeeldheid in die hand werk?

 ......................................................................................................................................................................................

In die dringende oproep van vers 10 roep Paulus ons op tot eensgesindheid, die Griekse woord beteken

letterlik om uit een mond te praat. Waarin lê ons eenheid as gemeente? (vgl. Ook Ef. 4:4-6).

....................................................................................................................................................................................

Hoe kan ons eenheid in ons gemeente bevorder?

.......................................................................................................................................................................................

6. Bespreek die volgende stellings: “eenheid beteken nie eendersheid nie”

 “Eenheid beteken ook nie dat ons oor alles saam stem nie”

Maar wat maak ons met verskille en hoe kan ons sorg dat verskille nie verdeeldheid saai nie?

.......................................................................................................................................................................................

7. Afsluiting met gebed:

Noem sake en persone vir voorbidding

Bid vir die stemming oor artikel 1 van die kerkorde, dat die kerk nie daardeur verdeeld sal word nie

Bid vir eenheid in die kerk en tussen gelowiges

Na die gebed kan die groep afsluit met die geloofsbelydenis as uitdrukking van eenheid.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;

wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,

van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees.

Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en 'n ewige lewe.

Print

Week van Gebed - God bring die oorwinning

Print

2 Samuel 22

Dawid het die woorde van hierdie lied tot die Here gerig op die dag toe die Here hom

gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.

2 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, 3 my God, my rots, by wie ek

skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. *Van

geweld het U my verlos.

26 U betoon u getrou teenoor die getroue, opreg teenoor die opregte, 27 rein teenoor

die reine, maar U verwerp die huigelaar. 28 U red die verdrukte volk, U verneder die

trotses. 29 U, Here, laat my lamp helder skyn;  my God gee lig as dit donker is om

my. 30 Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir

my te hoog nie. 31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat

by Hom skuiling soek, beskerm Hy.

32 Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is ’n rots?

33 God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. 34 Hy maak my voete

soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.

50 Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here, tot eer van u Naam ’n lofpsalm sing!

Wat is vir jou besonders oor hierdie gebed?

Hoe verskil dit van die vorige gebede wat ons die week behandel het?

Hoe kan ons God loof in 2015 terme?

Print

Week van Gebed - Jabes se gebed 1 Kronieke 4:10

Print

9 Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes 1b

gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”

10 Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde:

“Stort u seën oor my uit,

vergroot my grondgebied,

neem my onder u beskerming en

weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.”

God het laat gebeur wat hy gevra het.

1. Is daar ‘n bepaalde deel van hierdie gebed wat vir jou uitstaan?

2. Hoekom kan ons nie eenvoudig rympies opsê wanneer ons bid nie?

3. Hoe kan ons verhoed dat ons gebede in rympies verval?

 

b Die naam Jabes herinner aan die Hebreeuse woord vir “met smart”.

Print

Week van Gebed - Nehemia 1

Print

(Nehemia se reaksie op die nuus van Jerusalem dat die mure  plat is en dat dit baie sleg gaan)

4 By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas

en tot die God van die hemel gebid. 5 Ek het gesê:

“Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue

liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, 6 luister tog, gee tog

ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid.

“Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U

begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. 7 Ons het U nie geëer nie, ons was

ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses

gegee het.

8 “Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek

julle onder die volke verstrooi, 9 maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam

en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle

terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’

10 “Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het. 11 Ag, Here, luister

tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit ’n vreugde is

om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie

man my simpatiek gesind wees.”

Ek was die koning se skinker.

Twee skietgebede:

%uF0B7 2:4 Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?”

Ek het ’n skietgebed opgestuur na die God van die hemel 5 en toe vir die koning gesê: “As die koning

dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar

my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou.”

%uF0B7 6:9 Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die

werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie.

Sterk tog my hande, o God!

Vrae vir nadenke en bespreking

1. Wat tref jou in hierdie gebed?

2. Op watter gronde staan Jeremia vir sy gebed?

3. Watter mure lê om ons plat wat die Here op ons harte lê om voor te bid?

4. Waarvoor wil jy vir ons gemeente bid ?

Print

Week van Gebed - Die Onse Vader - Mateus 6

Print

5 “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die

sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle:

Hulle het hulle beloning klaar weg. 6 Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid

tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

7 “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ’n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle

verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. 8 Moet dan nie soos

hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.

9 “So moet julle bid:

Ons Vader wat in die hemel is,

laat u Naam geheilig word;

10 laat u koninkryk kom;

laat u wil ook op die aarde geskied,

net soos in die hemel.

11 Gee ons vandag

ons daaglikse brood;

12 en vergeef ons ons oortredings

soos ons ook dié vergewe

wat teen ons oortree;

13 en laat ons nie in versoeking kom nie

maar verlos ons van die Bose. 1t

(“Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”)

14 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15 Maar

as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

1. Waarin vat die Heer gebed verder as die gebede van die godsdienstiges destyds?

2. Hoe lei die Onse Vader ons na ‘n dieper verstaan van gebed?

3. Watter gebed staan vandag vir jou uit, hoekom?

 

t Sommige manuskripte bevat ook die afsluitingsformule: “Aan U behoort die koninkryk en die krag

en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

Print

Handelinge 1:6-14

Print

Fokusteks Handelinge 1:6-14

Stil word en aanbidding

1. Dit is die laaste week van Paastyd – die 50 dae tussen Paassondag en Pinkstersondag.

2. Versier vooraf die groep se vergaderplek met simbole van die opstanding.

- Brandende kerse, wit en goudkleurige draperings, en veelkleurige blomme.

- Speel Paasmusiek of sing Paasliedere saam.

3. Laat ’n voorganger die groep lei om stil te word en alle ander agendas af te gee.

4. Gee geleentheid vir dankseggingsgebede in die vorm van ’‘n gespreksgebed.

Skriflesing

1. Lees Psalm 68 hardop vir die groep voor.

2. Gee geleentheid dat elke groeplid ’n spesifieke woord of frase wat hulle getref het deel.

- Die groeplede moet die woord/frase hardop herhaal, sonder enige kommentaar daarop.

- Elkeen kan dan kortliks sê wat dié woord/frase wat hulle identifiseer vir hom/haar beteken.

3. Psalm 68 is ’n geskiedenispsalm – ’n loflied aan God.

- Die digter (Dawid) herinner die vergaderde gemeente aan God se reddingsdade in die geskiedenis.

- Hy inspireer hulle om God ook vir die hede te vertrou sodat die nageslag geloof in Hom mag behou.

Gesprek

1. Gesels oor die twee dinge wat gebeur wanneer God verskyn om sy volk van die vyand te red? (verse 2-4).

2. In vers 5 stel Dawid dat God van Israel die enigste ware God is aan wie eer toekom (verse 9, 10, 35, 36).

3. Noem 5 dinge waaraan die ware God deur Israel geken word (verse 6, 7).

4. Waaraan ken julle steeds die werk van God uit in die wêreld waarin julle vandag leef?

5. Identifiseer spesifieke reddingsdade van God in die geskiedenis van Israel (verse 8-15).

6. Vanaf vers 16 word God se glansryke feesoptog van Sinai na Sion beskryf.

- Die nederige Sion word egter bo Basan gekies as woonplek van God.

7. Die Babiloniese gode moes rondgedra word (vegl Jes 46:7).

- Let op die algehele kontras met wat die lewende God van Israel doen (verse 20, 21).

8. In die slotgedeelte van die lied volg ’n oproep om God se mag en heerskappy te erken.

- Hoe geld dit tot vandag toe?

Kerklike Seisoen

1. Van Paastyd tot Pinkstertyd in die kerkjaar.

2. Waar is God nou?

- Woon God steeds onder ons wat leef in die tyd ná Christus se koms na die aarde?

- Waar sien julle God se teenwoordigheid en sy oorwinning oor die magte wat sy koninkryk bedreig?

3. Vier saam fees oor sy oorwinning deur Christus se opstanding in die menslike geskiedenis.

- Ook Sondag wanneer die kerk van Jesus Christus Pinksterfees vier.

Afsluiting

1. Sluit die byeenkoms met die woorde van Psalm 68:36.

- “God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom, Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.”

Print

Handelinge 17:22-31

Print

Fokusteks Handelinge 17:22-31

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is op Paulus se erkenning van die Ateners se godsdienstigheid.

- Hy sluit daarby aan en verkondig aan hulle die God wat die wêreld en alles daarin gemaak het.

2. Dink in stilte oor aanbidding sonder kennis van Hom wat aanbid word.

3. Gebruik Handelinge 17:30 as openingsgebed.

- “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer...”

Skriflesing

1. Lees Handelinge 17:22-31 en gee geleentheid om eers daaroor na te dink.

2. Lees weer hierdie gedeelte, maar lees die groter perikoop vanaf vers 16 tot 34 vir konteks.

- Wat is die mees kenmerkende eienskap van die Ateners wat hier beskryf word?

- Hoe help dit vir Paulus om met hulle ’n geestelike gesprek te voer?

3. Wat is die Ateners se eerste indrukke van Paulus?

- Hoe en waarom verander hulle standpunt oor hom en die boodskap wat hy verkondig?

4. Indentifiseer die hooftrekke van Paulus se verkondiging aan die Ateners.

- Sy verkondiging oor God.

- Wat Paulus oor die mens leer.

- En oor die opstanding.

Gesprek

1. Gesels oor Paulus se strategie om met die Ateners in dialoog te tree.

- Dink julle sy benadering is in julle persoonlike omstandighede bruikbaar?

- Deel met mekaar julle ervaring van inter-godsdienste dialoog.

2. Gesels oor Johan van Rooyen se notas oor hierdie Skrifgedeelte.

- Dit was vir die Hellenisme amper mode om te soek.

- Om te twyfel, om die goddelike en die waarheid te soek, was ’n hoë waarde.

- Die indruk is dat dit soek ter wille van soek was – sonder die hoop om te vind.

- Paulus beklemtoon dat die ware God vindbaar is – dit is selfs gevaarlik “om te maak of jy soek.”

- Daar kom ’n dag waarop Hy gaan oordeel oor die wat “hulle nie laat vind het nie.”

- Hulle onkunde uit die verlede was verkeerd. In die lig van God se openbaring in Christus is dit onhoudbaar.

- Paulus roep om ’n beslissing – dit vra bekering en geloof.

- Die aanhaling deur die digters beklemtoon dat God naby is, maar onderskeie van sy skepping.

- Paulus stel dit duidelik dat die mens na die beeld van God geskape is.

- Sy leer oor die opstanding uit die dood was egter vir hulle een te veel.

3. Wat is julle groep se wysheid oor hierdie gesprek?

Kerklike Seisoen

1. Ons nader die einde van Paastyd en herdenk die week Jesus se hemelvaart.

2. Watter aspek van die nuwe dag wat met Jesus se opstanding aangebreek het verstaan julle nou beter?

Afsluiting

1. Sluit die byeenkoms met die woorde van Handelinge 17:27.

- “God het hulle gemaak om Hom te soek... Hy is nie ver van enigeen van ons af nie.”

Print

Handelinge 7:55-60

Print

Fokusteks Handelinge 7:55-60

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is op Stefanus se merkwaardige sterwensoomblikke.

2. Dink in stilte na oor die heerlikheid van God in die hemel.

3. Gebruik Psalm 31:15 as geloofsbelydenis en openingsgebed.

- “Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God.”

Skriflesing

1. Lees Handelinge 7:54-60 saam, en gee geleentheid vir stil refleksie.

- Laat die groeplede hulle eerste indrukke van hierdie Skrifgedeelte met die groep deel.

2. Sien die reaksie van die Joodse Raad teenoor Stefanus (vers 54).

- Lees Handelinge 6:8-7:53 oorsigtelik vir agtergrondskennis oor Stefanus.

- Wie was hy en wat het hy gesê dat die Joodse Raad so woedend reageer het?

3. Indentifiseer Stefanus se besondere optrede en waarnemings in hierdie gedeelte.

- Let veral op sy uitsprake en wat dit beteken.

4. Vergelyk Stefanus se optrede met dié van die Joodse Raad.

5. Identifiseer die verwysing na Saulus en die rol wat hy hier vervul.

- Sien ook die verwysing na hom in Handelinge 8:1-3, en die verband met die vervolging van die gemeente.

Gesprek

1. Deel met mekaar iets waarvan julle bewus geword het met die oordenking van die Skrifgedeelte.

- Wat het hierdie vertelling in jou hart en gemoed kom losmaak?

- Wat laat dit jou sien in ons wêreld vandag?

- Hoe inspireer die verhaal jou met betrekking tot jou diens aan die Here?

2 Gesels oor Johann Pieters se notas oor hierdie Skrifgedeelte.

- Stefanus ly nie namens ander nie. Hy ly omdat sy lewe ’n spesifieke verloop gehad het.

- Omdat hy spesifieke keuses gemaak het vir sy reis op die Weg.

- Stefanus se dood is nie gemodelleer op die dood van Jesus nie, maar kan ons help om nuut te dink oor die dood van Christus.

- Ons het hier te doen met die historiese werklikheid van mag en die weerstand van van mense in magsposisies teen ’n alternatiewe samelewing waar die gemarginaliseerdes en die gestigmatiseerdes, saam met die armes in die sentrum van God se lewe staan.

- Dit maak die magshebbers ongemaklik, en ontbloot hulle as vyande van God se Koninkryk.

3. Pas hierdie gedagtes toe op julle groep se daaglikse ervaring van die lewe.

Kerklike Seisoen

1. Paastyd wek by ons verwondering oor die opstanding van Jesus uit die dood.

2. Die sentrale simbool van Paasfees en die tyd daarna is ’n lig wat deurbreek.

3. In Paastyd berei ons ook voor om die uitstorting van die Heilige Gees te vier.

4. Hoe kom verwondering, deurbrekende lig en wag op die Heilige Gees deur die Skriflesing aan die orde?

Afsluiting

1. Gebruik Handelinge 7:53 as basis vir julle slotgebede.

- “Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.”

Print

Handelinge 2:42-47

Print

Fokusteks Handelinge 2:42-47

Stil word en aanbidding

1. Pase en die tema van opstanding tot nuwe lewe in Christus.

- Herinner mekaar aan die begin van die byeenkoms aan hierdie tema.

- Gee geleentheid om in stilte na te dink oor die betekenis daarvan vir julle groep en persoonlike lewe.

2. Handelinge 2:42 beklemtoon die kenmerkende nuwe-lewe-optrede van die Jerusalem gemeente.

3. Sluit aan by die tema van die “Herder” in Psalm 23 en Johannes 10:1-10 vir die openingsgebed.

Skriflesing

1. Lees Handelinge 2:42-47.

- Laat die groep die kern aspekte in hierdie Skrifdeel identifiseer en met mekaar deel, nie bespreek nie.

2. Die vier sogenaamde pilare waarop die eerste gemeente gebou was, is betekenisvol.

- Identifiseer hierdie vier pilare en skryf dit neer.

- Dis opmerklik hoeveel klem op die saameet geleenthede geplaas word.

Gesprek

1. Eet ons nie te min saam nie?

2. Waar val die klem tydens die saameet geleenthede?

- Nie dalk te veel op die kos en te min op die fokus op God en op mekaar nie?

- Stem julle saam dat Gelowiges dit soms moeilik vind om spontaan te reageer op die vraag. Gesels daaroor.

3. Gelowiges behoort ‘n christelike eetkultuur te ontwikkel.

4. Geloofsonderskeiding is ’n aktuele konsep binne die kerklike konteks.

- Dit dui op ’n luisterende houding van gelowiges ten opsigte van God, mekaar en ander.

- Dit moet bydra tot die vind van sekerheid aangaande die wil van God.

5. Praat as groep oor die belangrikheid van geloofsonderskeiding in daaglikse sake.

- Hoe word die huwelik byvoorbeeld as instelling deur die sekulêre samelewing uitgedaag?

- Hoe behoort christene daarop te reageer?

6. Wat behoort die houding van christene ten opsigte van korrupsie in die samelewing wees?

- Het die toelê op die leer van die apostels (Hand 2:42) ’n invloed op hoe jy hieroor dink?

Kerklike Seisoen

1. Pase beklemtoon die opstandingslewe en die oorwinning van gelowiges saam met Christus.

2. Handelinge 2:42-47 beskryf die lewe van ’n geloofsgemeenskap wat in Christus gevestig is.

- Is daar ook ander voorbeelde of maniere van lewe vir Paasgemeentes?

- Vergelyk dit met die versorgende karakter van die Herder-beeld in Pslam 23 en Johannes 10.

3. Dink na oor die effek van die Jerusalem gemeente se getuienis in die wêeld (Hand 2:47).

- Wat is die Paasboodskap vir jou daarin?

Afsluiting

1. Sluit die byeenkoms af met die lees van 1 Petrus 2:25.

- “Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en Bewaker van julle lewe.”

Print

Handelinge 10:34-43 - Paasfeessondag

Print

Fokusteks Handelinge 10:34-43

Paasfeessondag

Stil word en aanbidding

1. Die fokus tema vir hierdie week is die opstanding van Jesus uit die dood.

2. Gee geleentheid vir stil refleksie oor die lewe wat voortvloei uit Jesus se opstanding.

3. Gebruik Psalm 118:1-2, 14-24 as openingsgebed. Laat iemand dit lees en vra dat groeplede daarby aansluit.

Skriflesing

1. Lees Handelinge 10:34-43. Gebruik gerus meer as een vertaling.

2. Gee geleentheid aan die groep om te deel wat hulle in die teks gehoor het.

3. Volg die toespraak van Petrus en dink oor die gedagtes in sy argument:

- Ons hoor dat God nie onderskeid maak tussen mense nie.

- Almal wat Hom vereer en doen wat reg is, word deur God aanvaar.

- God stuur vir Israel sy woord, die evangelie van vrede, wat Jesus Christus bring.

- God salf Jesus met die Heilige Gees.

- Deur God se krag doen Jesus goeie werke.

- Hy bevry mense uit die mag van duiwels en genees hulle.

- Ten spyte van alles wat Jesus doen, word Hy deur die mense gekruisig en sterf Hy.

- God wek Jesus op uit die dood.

- Jesus kon deur God se krag selfs die dood oorwin.

Gesprek

1. Gee geleentheid vir groepslede om te sê hoe hul vandag die krag van God ervaar.

- Gesels oor die Heilige Gees as deel van hierdie krag en hoe dit jul lewens beinvloed.

2. God kies mense om getuies te wees van Jesus se opstanding.

3. Hierdie mense kry ’n opdrag van God.

- Hulle moet aan ander mense vertel van Jesus se opstanding uit die dood.

- Hulle moet ook aan ander verkondig dat God Jesus aangestel het as Regter oor die lewendes en die dooies.

- Hulle moet getuig dat elkeen wat in Jesus glo, vergifnis van sonde sal ontvang deur Sy naam.

4. Hierdie opdragte van God is ook opdragte aan ons.

5. Identifiseer maniere waarop ons hierdie opdragte kan nakom.

- Deur ons optrede teenoor ander. God maak nie onderskeid tussen mense nie. Wat doen ons?

- Hoe getuig ons van God se hulp en ingryping in ons lewens?

- Vertel ons/jy vir ander van Jesus wat sonde vergewe en ons lewe nuut maak?

6. God aanvaar alle mense wat Hom vereer en Jesus as verlosser aanneem.

Kerklike Seisoen

1. Gee geleentheid om gedagtes te wissel oor Pase en die betekenis daarvan vir die kerk van Christus.

2. Reflekteer oor die pad vorentoe in die lig van die Paasgebeure.

Afsluiting

1. Gebruik Kolossense 3:1-4 as slotgebed.

- Lees dit bidden saam.

- Gee geleentheid dat die groepslede aansluit by woorde of frases.

Print

Matteus 26:14-27:46

Print

Fokusteks Matteus 26:14-27:46

Stil word en aanbidding

1. Dit is Groot Lydensweek - die week na Palmsondag en die viering van Jesus se intog in Jerusalem.

2. Die fokus is op Jesus se laaste week voor sy kruisiging en sterwe.

3. Gee geleentheid om in stilte te reflekteer oor julle gedagtes oor Jesus se lyding op aarde.

4. Gebruik Matteus 27:45 & 46 as openingsgebed.

- “Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur. Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep” `Eli, Eli, lemá sebagtani?’ Dit is: My God, My God, waarom het U My verlaat?”

Skriflesing

1. Lees Matteus 26:14-27:46 rustig deur en gee geleentheid vir stil refleksie daaroor.

2. Gaan vir ’n tweede keer oor hierdie Skrifgedeelte deur die opskrifte van die NAB te beklemtoon:

- Judas onderneem om Jesus te verraai;

- Die paasmaaltyd word voorberei;

- Jesus wys sy verraaier aan;

- Die instelling van die nagmaal;

- Petrus sal Jesus verloën;

- Jesus in Getsemané

- Jesus word gevange geneem;

- Jesus voor die Joodse Raad;

- Petrus vreloën Jesus;

- Jesus word aan Pilatus uitgelewer;

- Die dood van Judas;

- Jesus voor Pilatus;

- Pilatus lewer Jesus oor om gekruisig te word;

- Die soldate bespot Jesus;

- Jesus word gekruisig;

- Jesus sterwe.

Gesprek

1. Gee aan elke groeplid geleentheid om in twee sinne sy/haar indruk van hierdie gebeure te verwoord.

2. Dink saam oor Lisel Joubert se notas van die Skrifgedeelte:

- Matteus se oorspronklike hoorders inaggenome bring die besef dat Matteus ’n teologiese probleem verwoord waarmee hulle geworstel het. Is Jesus regtig koning?

- Miskien fokus Matteus op die spot van die omstanders om hulle te help met die vraag. Hoe kan Hy Messias wees as Hy so hulpeloos is teen Romeine?

- Dit wat Jesus oor Homself getuig klop nie met sy weerloosheid nie.

- Natuurlik weet ons dat die Messias verkeerd verstaan was, maar tog kon gelowiges later hiermee identifiseer. Dié wat Christene geword het sou dieselfde spot en hoon ervaar van familie envriende.

- Dit was dus nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie.

- Daarom doen Matteus moeite om te verwys na Psalms van Dawid om te wys dat alles wat rondom die kruisiging gebeur aan hulle eie tradisie verbind is.

- God stuur ’n Messias wat geweld aflê en gehoorsaam bly ten spyte van uittarting.

Kerklike Seisoen

1. Ons is in die week van Goeie Vrydag en op die vooraand van Paasfees.

- Dit is teologies gesproke ’n week met baie simboliek en verwysing.

- Die byeenkoms kan dalk minder gesprek bevat en meer simboliese handelinge en ritueel.

Afsluiting

1. Gebruik Matteus 27:39-44 as teks vir die slotgebed.

Print

Johannes 11:1-45

Print

Fokusteks Johannes 11:1-45

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is op die dood en opstanding van Lasarus en geloof in Jesus.

2. Dink in stilte oor wat julle van hierdie Bybelverhaal onthou.

3. Gebruik Johannes 11:25 as openingsgebed:

- “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook.”

Skriflesing

1. Lees Johannes 11:1-45 – ’n lang Skriflesing. Besluit hoe julle dit gaan hanteer.

2. Identifiseer die drie gedeeltes in die NAB waaruit hierdie Skriflesing bestaan.

- Formuleer die hooflyne van elke afdeling as groep.

- Formuleer saam die kerngedagte van die hele Skrifgedeelte.

3. Identifiseer aspekte van lyding wat in hierdie gedeelte na vore kom.

- Menslike lyding, en;

- Jesus se lyding.

4. Identifiseer Johannes se literêre tegniek van misverstand in Jesus se gesprek met Marta (verse 21-25).

- Dink spesifiek oor Marta se woorde in vers 27.

5. Identifiseer die gedeeltes wat oor geloof en Jesus se identiteit handel.

Gesprek

1. Deel as groep met mekaar hoe julle oor hierdie verhaal en gebeure dink.

2. Deel ook julle emosionele reaksie op die verhaal met mekaar.

3. Gesels oor Lisel Joubert se notas oor hierdie Skrifgedeelte.

- Die laaste en sewende teken (Gr. semeion) word gesien as anti-tipe van Jesus se eie opwekking.

- As teken wys dit heen na Jesus se ware identiteit as Christus en Seun van God.

- Hy verteenwoordig Jesus se lewe-gewende mag.

- Sy terugkeer na die lewe antisipeer die opstanding van gelowiges.

- Hy verteenwoordig al die vriende van Jesus.

- Daar is balans in die narratief tussen Jesus se Godheid en mensheid.

- Die skrywer beeld Jesus uit as die een wat saamhuil en kwaad is, maar ook bewustelik langer wag.

- Jesus ken God se tyd en wek Lasarus met gesag op uit die dood.

- In Johannes se konteks was dit belangrik om die eerste gehoor veral te oortuig dat Jesus God is.

Kerklike Seisoen

1. Lydenstyd is ook ’n tyd van verwondering oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye.

- Lydenstyd is voorbereiding om vernuwing in ons lewe te ontvang.

2. Besin as groep in die lig van die Lasarus verhaal oor hierdie aspek van Lydenstyd.

- Dink oor handelinge, rituele en simbole wat julle in die volgende week hieraan kan herinner.

Afsluiting

1. Sluit die byeenkoms af met gebede oor vers 4.

- “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van die mens daardeur verheerlik kan word.”

Print

Johannes 9:1-41

Print

Fokusteks Johannes 9:1-41

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is op Jesus se genesingswerk as openbaring van God.

2. Mediteer oor die werke wat God in ons wêreld doen.

3. Gebruik Johannes 9:5 as openingsgebed.

- “Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld” (Sluit Johannes 1:4 in).

Skriflesing

1. Lees Johannes 9:1-41 - ’n lang hoofstuk.

- Oorweeg om die Skrifdeel in dele te bespreek, of verdeel die groepom elk ’n gedeelte lees.

- Indien julle in kleiner groepe lees, laat die groepe na die groot groep terugvoer.

2. Sien die opskrifte in die NAB van die dele van hierdie hoofstuk.

- Jesus genees ’n man wat blind gebore is (verse 1-12);

- Die Fariseërs ondervra die man en sy ouers (verse 13-23);

- Die man word uitgeban (verse 24-34);

- Geestelike blindheid (verse 35-41).

3. Hoe funksioneer die tema van blindheid in hierdie gedeelte?

- Indentifiseer Johannes se literêre tegniek van misverstand om ’n teologiese punt te maak.

4. Hoor die man se belydenis (vers 25) en die Jode se uitspraak oor dissipelskap (vers 28).

5. Reflekteer oor Jesus se gesprek met die man (verse 35-41).

Gesprek

1. Gesels oor die gesprek tussen Jesus en die Fariseërs (verse 40 & 41).

- Hoe raak dit julle verstaan van God se werke en julle geloof in Jesus?

2. Hoe is God in ons wêreld aan die werk?

- Dink oor Ernst Conradie se opmerking in sy boek Lewend en Kragtig?

3. “Die vraag hoe God in die wêreld werksaam is, is een waarmee ons omsigtig moet omgaan, want dit kan baie maklik spekulatief wees.”

4. Gesels oor Nelis du Toit se notas oor hierdie Skrifgedeelte.

- Jesus se selfbekendmaking (vers 35) as “Seun van die mens” bevat’n ondertoon van oordeel.

- Die verwysing na die Seun van die mens hou dikwels verband met die finale oordeel.

- Daar is uitsprake in Johannes wat stel dat Jesus nie gekom het om te oordeel nie (3:17 en 12:47);

- Ander uitsprake stel weer dat Hy gekom het om te oordeel (9:39 en 5:22).

- Die eerste groep impliseer Jesus se teenwoordigheid het tot gevolg dat mense ’n oordeel oor hulleself bring.

- In die tweede groep uitsprake is die oordeel eksplisiet.

Kerklike Seisoen

1. Lydenstyd is ’n tyd van bepeinsing en stilte.

- Din in stilte na oor wat julle tydens die byeenkoms gehoor en ervaar het.

2. Dink veral oor nuwe insig oor Jesus en God se werk.

- Hoe het die lig vir julle opgegaan?

Afsluiting

1. Sluit die byeenkoms met gebede oor Jesus se woorde in vers 39.

- “Ek het na hierdie wêreld toe gekom met die oog op ’n beslissing, sodat dié wat nie kan sien nie, kan sien, en dié wat sien, kan blind word.”

Print

Johannes 4:5-42

Print

Fokusteks Johannes 4:5-42

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is hierdie week op Jesus se uitreik na ’n Samaritaanse vrou.

2. Raak stil voor God oor die insluitende karakter van Christus se verlossingswerk op aarde.

3. Mediteer oor Johannes 4:9 as openingsgebed.

- “Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: `Hoe vra jy, wat ’n Jood is, vir my, ’n Samaritaanse vrou, water om te drink?’”

Skriflesing

1. Lees Johannes 4:5-42. Dit is ’n lang gedeelte.

- Oorweeg dit om die lesing in ten minste twee dele te hanteer, vir ’n eerste greep daarop.

2. Identifiseer die hoofmomente en kry as groep konsensus hieroor.

- Teken julle konsensus aan.

3. Ontleed die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou (verse 1-26).

- Wat val julle op in hierdie gesprek ten opsigte van:

- Jesus se versoek vir water om te drink.

- Die teologiese skuif by die vrou in haar misverstand oor Jesus se uitspraak oor water van die lewe.

- Jesus se uitspraak oor aanbidding (verse 20-24).

- Die vrou se uitsprake oor Jesus as profeet (vers 19) en Messias (vers 25).

- Jesus se identifisering van Homself (vers 26).

4. Ontleed die vrou se boodskap aan die mense van die dorp en hul reaksie daarop (verse 28-42).

- Formuleer die aspekte wat vir julle uitstaan.

Gesprek.

1. Gesels oor die sosiaal-politieke agtergrond van Jesus se ontmoeting met die Samaritaanse vrou.

- Ken julle die kulturele en sosiale voorskrifte en taboe’s van daardie tyd?

2. Pas die sosiaal-politieke konteks van Johannes 4 toe op julle konteks.

- Vooroordele en uitsluitingsmeganismes in julle gemeenskappe en samelewingstrukture?

3. Gesels oor Deon Beyers se aantekeninge oor die Samaritaanse vrou.

- Die Samaritane was die Jode se vyande en daarom ook Jesus se vyand.

- Daarom bevind Jesus Homself in ’n potensieel plofbare situasie (4:9ev).

- Om selfs net saam met ’n Samaritaan te eet of drink, was gevaarlik.

- Dit sal volgens hulle reininginswette die Jode onrein maak – en dannog ’n Samaritaanse vrou.

- As vrou was sy binne die Joodse tradisie gereken as ’n ‘onrein’ mens.

- Sy was ook alleen toe sy kom water skep het. Ander vroue hetgewag tot dit koeler was.

- In haar alleen-wees lê iets van haar identiteit opgesluit.

- Niemand wou met haar iets te doen hê, want sy het ’n sondige verlede gehad. Hoekom?

Kerklike Seisoen.

1. Lydenstyd is geskik om na te dink oor die verskillende gestaltes van lyding in ons gemeenskappe.

2. Aan watter vorme van lyding in julle daaglikse lewe, herinner die Skrifgedeelte julle groep?

- Gesels daaroor en besluit hoe julle in die volgende week daarop gaan reageer.

Afsluiting.

1. Gebruik Jesus se woorde in Johannes 4:34 as slotgebed.

- “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te doen.”

 

Print

Johannes 3:1-17

Print

Fokusteks Johannes 3:1-17

Stil word en aanbidding.

1. Die fokus is hierdie week op God se besluit om sy Seun na diekosmos te stuur tot redding.

2. Dink in stilte na oor die Jesus se sending om die wêreld te red.

- Identifiseer ’n element van lyding in Jesus se gestuur-wees na die wêreld.

3. Gebruik Johannes 3:13 vir die openingsgebed:

- “Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens.”

Skriflesing.

1. Lees Johannes 3:1-17. Laat die groeplede eers in stilte daaroor nadink.

- Laat elke groeplid die gedeelte (sin, woord, frase) lees wat hom/haar getref het.

2. Hierdie is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel.

- Laat die groeplede hul eie gedagtes oor hierdie teks eers met die groep deel.

3. Lees weer as groep die Skrifgedeelte deur en formuleer die kern elemente daarvan.

- Skryf die groep se insigte neer, indien moontlik.

- Probeer die groep se konsensus oor die boodskap formuleer.

4. Gee geleentheid om hierdie Skrifgedeelte in die breër konteks van Johannes te plaas.

- Gesels oor die breër literêre konteks.

Gesprek.

1. Bespreek Johannes se literêre tegniek in die gesprek tussen Jesus en Nikodemus.

- Jesus praat oor wedergeboorte en Nikodemus verstaan dit nie.

- Jesus korrigeer Nikodemus se misverstand. Wat is die teologiese betekenis van die geboorte metafoor?

2. Reflekteer oor Natie Philander se notas ten opsigte van verse 10-12.

- Nikodemus se optrede verbaas Jesus. Hoe is dit moontlik dat iemand wat die leer oor God ken en as leermeester van Israel dit aan ander onderrig, die dinge so onverstaanbaar vind?

- Jesus antwoord gesagvol oor wat Hy by die Vader gesien en gehoor het.

- As Nikodemus die aardse dinge, naamlik Jesus se onderrig aangaande die noodsaaklikheid van ’n nuwe geboorte wat in hierdie aardse lewe moet plaasvind, nie aanvaar nie, hoe sal hy die verdere, diepere gesprekke van Jesus oor die hemelse dinge kan aanvaar?

3. Wat is die praktiese toepassing van hierdie gedeelte vir jullepersoonlik en as groep?

Kerklike Seisoen.

1. Lydenstyd wys dat God identifiseer met die noodlydendes, armes en verontregtes.

- Hierdie kerklike seisoen beklemtoon dat Christus in ons werklike nood ingedaal het.

2. Ons roep in hierdie seisoen Christus se lyding in herinnering.

- Die herinnering roep ons op om daarop te reageer in voorbereiding op Paasfees.

3. Hoe kan julle individueel en as groep reageer op die boodskap van Christus se lyding in Johannes 3?

- Besluit saam op ’n aktiwiteit of simbool vir die volgende week.

Afsluiting.

1. Gebruik Johannes 3:18 vir die slotgebed. Laat die groeplede daarby aansluit.

- “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.”

Print

Psalm 32 & Matteus 4:1-11

Print

Fokusteks Psalm 32 & Matteus 4:1-11

Stil word en aanbidding.

1. Plaas ’n kruis en ’n doringkroon of ’n paar spykers op ’n sentrale plek waar julle vergader.

- Skep ’n atmosfeer van verootmoediging en skuldbelydenis met sagte Lydensmusiek.

- Of sing liedere wat geskik is vir Lydenstyd.

2. Gee 1 minuut van stilte om oor die lyding van Christus vir ons (my) na te dink.

3. Gebruik Matteus 4:3 om die openingsgebed te formuleer in die lig van sy lyding vir ons:

- “Die versoeker het gekom en vir Hom gesê: `as U die Seun van God is, sê dié klippe moet brood word’.”

Skriflesing

1. Lees Psalm 32.

- Wat is vir die digter van hierdie psalm die kern van ware geluk?

- Wat beskou hy as die grootste ellende?

- Watter plek het sondebelydenis in Dawid se lewe ingeneem?

2. Wat ontdek die mens wie se sonde vergewe is wanneer hy/sy in nood is of deur versoeking oorval word?

- Wat wil die vrygespreekte sondaar vir die mense met wie hy saamleef, leer en onderrig?

- Met watter gesindheid leef die mens wat met God versoen is en “op die Here vertrou”?

Gesprek

1. Dink oor Dawid se getuienis in Psalm 32.

- Deel met mekaar wat julle leer uit sy ervaring oor sondebelydenis.

- Dink en vertel hoe help dit jou in jou aanbidding van en diens aan God.

2. Bespreek die stelling: Sommige Christene het die pretensie dat hulle sonder sonde is.

3. Dink aan Psalm 32 se boodskap aan die vrygespreekte sondaar.

- Watter boodskap hou hierdie psalm in die een-en-twintigste eeu in vir Jesus Christus se volgelinge?

Kerklike Seisoen

1. Lydenstyd herinner die kerk van Jesus Christus aan die diepte van sy lyding.

- Sy lyding konfronteer ons met ons eie sonde – individueel en gesamentlik – wat sy dood gekos het.

- Skuldbelydenis berei ons voor vir Paasfees - verheug oor die wondergawe van vergifnis en nuwe lewe.

- Christus het in ons werklike nood ingedaal.

- Dit maak ons bewus van sy ontferming vir al die noodlydendes, armes en veronregtes van die wêreld.

- Lydenstyd is ’n tyd vir hertoewyding waarin dissipelskap sentraal staan.

2. Dink aan simbole en aktiwiteite wat julle groep kan help om in Lydenstyd prakties op God te fokus.

- Besluit op een of twee dinge wat julle gaan gebruik om mekaar te help.

Afsluiting

1. Gebruik Matteus 4:1-11 as teks vir meditasie om oor Jesus se lyding te dink.

2. Sluit af met die verwerking van verse 10 as slot gebed.

- “Gaan weg, satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleeen dien.”

3. Dank God vir Jesus se lyding en die voorbeeld wat Hy aan ons gestel het te midde daarvan.

Print

Matteus 17:1-9

Print

Fokusteks Matteus 17:1-9

Stil word en aanbidding

1. Ons is aan die einde van Epifanie seisoen.

a. Die fokus is op die verheerliking van Jesus as God se geliefde Seun.

2. Gee geleentheid om na te dink oor Christus se heerlikheid en sy transformasie op die berg.

3. Sluit by 2 Petrus 1:16b & 17 aan vir die openingsgebed:

a. “Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste majesteit gesê het: `Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug’.”

Skriflesing

1. Lees Matteus 17:1-9 saam met 2 Petrus 1:16-21.

a. Gee geleentheid om eers in stilte daaroor na te dink en die twee dele te vergelyk.

b. Laat die groeplede aan die groep deel wat hulle in die Skrifgedeeltes hoor. Moenie bespreek nie.

2. Identifiseer die persone wat in die berg-toneel betrokke is.

a. Wat word van elkeen van die persone vermeld?

3. Identifiseer woorde en uitdrukkings wat betrekking het op lig, skyn, heerlikheid en verskyn.

a. In watter verband en met watter betekenis word dit telkens gebruik?

4. Formuleer samevattend die groep se insigte in hierdie Skrifdeel.

Gesprek

i. Hoe raak die vertelling van die gebeure op die berg die groeplede emosioneel?

1. Hoe dink julle oor Petrus se reaksie? Vergelyk sy ooggetuie verslag in 2 Petrus 1.

2. Dink oor die stem uit die wolk en hoe Jesus se voorkoms verander.

ii. Gesels oor Moses en Elia as verteenwoordigers van die Ou Testament, ook in die lig van 2 Petrus 1:19-21.

2. “Moses verskyn self saam met Elia op die berg. Hulle is verteenwoordigers van die Ou Testamentiese bedeling - die wet en die profete, God se heilshandelinge in die Ou Testament. Jesus word voorgestel as die Een in wie God sy heilshandelinge voortsit. Jesus isdie groot profeet en leermeester van Israel wat deur Moses voorspel is (Deut 18:15). Jesus is ook meer as Moses. Volgens Maleagi 4:5 is Elia die voorloper van die Messias. Op die berg van verheerliking is Elia saam met Jesus. Die stem uit die wolk stel onomwonde wie Jesus is. In woorde wat aan Jesus se doop herinner.”

Kerklike Seisoen

1. Jesus het mens geword en onder ons kom werk om God se wil te openbaar.

2. Die Seisoen van Epifanie eindig met Jesus se verheerliking met simbole van lig en wolke.

3. Nou beweeg die kerklike jaar van die berg van verheerliking na die dal van lyding in Lydenstyd.

Afsluiting

i. Gebruik die woorde van 2 Petrus 1:19 om slotgebede te formuleer:

1. “Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.”

Print

Matteus 5:38-48

Print

Fokusteks Matteus 5:38-48

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is steeds op Jesus se werk as Leermeester.

- Hy openbaar Hom as gesagehebbende interpreteerder van die wet.

- Die Skriflesing gaan voort met Jesus se interpretasie van die torah en korreksie op dié van die Jode.

2. Dink oor wie Jesus vir julle is.

3. Gebruik Psalm 119:34 vir die openingsgebed.

- “Here, .. gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.”

Skriflesing

1. Lees Matteus 38-48 hardop en herhaal dit saam met verse 21-37.

- Laat die groep die vorige week se gesprek herroep.

- Deel wat julle die afgelope week beleef het in die lig van die vorige week se gesprek.

2. Gesels oor die twee gedeeltes waaruit ons Skriflesing vir hierdie byeenkoms bestaan.

- Hoe vul dit die voorafgaande gedeeltes aan?

3. Identifiseer die twee temas wat hier ter sprake kom: Vergelding en liefde vir die vyand.

- Deel met mekaar die eerste gedagtes wat by julle hieroor opkom.

4. Vat die kern van die boodskap in hierdie Skrifdeel saam.

Gesprek

1. Bespreek die relevansie van hierdie temas vir ons lewe vandag.

- Spreek dit ons persoonlike en sosiale uitdagings vandag aan?

- Hoe help Jesus se interpretasie julle om julle eie blindekolle te identifiseer?

2. Sou dit enige impak op ons samelewing hê as ons Jesus se interpretasie ernstig opneem?

3. Wat het julle van God gesien in die Skriflesing en gesprek?

Kerklike Seisoen

1. Ons nader die einde van Epifanie.

- Deel met mekaar wat julle deur die bril van Epifanie oor die afgelope sewe weke geleer het.

2. Wat het Epifanie aan julle geopenbaar oor Jesus as Leermeester van die wet?

Afsluiting

1. Sluit die byeenkoms met gebede uit Psalm 119:37 en 38.

- “Weerhou my van ’n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.. Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien.”

 

Print

Matteus 5:21-37

Print

Fokusteks Matteus 5:21-37

Stil word en aanbidding

1. Die fokus die week is steeds op Jesus se werk as Leermeester.

- Laat die groeplede hul herinneringe oor Jesus as Leermeester herroep.

2. Die Skriflesing vir hierdie byeenkoms lê klem op Jesus se interpretasie van die wet.

- Die uitdrukking, “Maar Ek sê vir julle...” herhaal.

3. Gebruik Psalm 119:5 as openingsgebed.

- “As ek tog maar net op ’n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou!”

Skriflesing

1. Lees Matteus 5:21-37 hardop en gee tyd vir die groep om daaroor te dink.

2. Identifiseer die vier onderwerpe in die verskillende gedeeltes.

- Versoening (verse 21-26); kuisheid (verse 27-30); egskeiding (verse 31-32); aflê van ’n eed (verse 33-37).

- Laat die groep die kern gedagte in elke gedeelte kortliks formuleer.

3. Gesels oor die retoriese tegniek van teenstelling in hierdie Skrifdeel:

- “Julle het gehoor” (verse 21, 27, 33)/ “Daar is gesê” (vers 31); “Maar Ek sê vir julle” (verse 22, 28, 32, 34).

4. Gee besondere aandag aan verse 23 en 24.

- Dink oor die verband tussen jou verhouding met mense en jou aanbidding van God.

Gesprek

1. Bespreek as groep die relevansie van die onderwerpe in die Skrifdeel vir ons lewe.

- Is dit die soort sake waarmee mense vandag ook sukkel?

- Sou Jesus dalk met ons oor ander kwessies wou praat as Hy hier was? Watter kwessies?

2. Watter etiese waardes vir ons samelewing kan julle formuleer na aanleiding van hierdie Skrifdeel?

- Motiveer julle voorstel en keuse.

Kerklike Seisoen

1. Bring nou julle insigte in verband met die perspektief van Epifanie as kerklike seisoen.

- Onthou die fokus op God se openbaring, sy verskyning en Jesus se werk op aarde.

- Onthou ook die klem op bestudering van die Bybel en wat ons van God daaruit leer.

Afsluiting

1. Gebruik Psalm 119:1 as afsluitingsgebed:

- “Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.”

Print

Matteus 5:13-20

Print

Fokusteks Matteus 5:13-20

Stil word en aanbidding

1. Die fokus vir hierdie week is steeds op Jesus se leer en onderrig.

2. Die openbaringsperspektief van Epifanie in hierdie week se Skriflesing is tweeledig:

- Die identiteit en invloed van Jesus se volgelinge op aarde.

- Jesus se identiteit as die Een wat aan die wet en profete hul volle betekenis kom gee het.

3. Gebruik vers 16 as basis vir die openingsgebed.

- Die uitdrukkings: “julle lig voor die mense skyn” en; “julle Vader in die hemel verheerlik”.

Skriflesing

1. Lees Matteus 5:13-20 en gee geleentheid vir stil nadenke daaroor.

2. Laat die groeplede hul onmiddellike insig in slegs een sin per persoon formuleer.

- Deel dit in die groep sonder kommentaar en teken elke bydrae aan.

3. Fokus op die samestelling van die Skrifgedeelte en identifiseer die subjek van die twee dele.

- Verse 13-16 – “Julle”; verse 17-20 – “Ek”.

- Wat leer julle hieruit oor Jesus se dissipels, oor julle self en oor Jesus en sy werk op aarde?

4. Reflekteer oor die wet en Jesus se uitspraak oor die “getrouheid aan die wet”.

- Hoe verstaan julle sy vergelyking ten opsigte van gehoorsaamheid?

 Gesprek

1. Gesels oor die toepassing van Jesus se leer vandag.

- Wat beteken dit om sout en lig te wees?

2. Gesels oor Jesus se koms om die wet en profete hulle volle betekenis te laat kry.

- Wat sê dit oor God se Self-openbaring aan ons vandag?

3. Vat die gesprek in enkele sinne saam.

- Formuleer dit vir verdere nadenke die week.

Kerklike Seisoen

1. Lig is ’n sentrale simbool in Epifanie.

- Dink aan beelde, woorde en sinonieme wat die betekenis van lig vir julle beskryf.

2. Betrek die lig-simboliek op God se verskyning in die wêreld en sy Self-openbaring op aarde.

3. Die dominante kleur vir Epifanie is groen.

- Hoe kan jy die komende week met die kleur van Epifanie op Jesus se boodskap fokus?

Afsluiting

1. Gebruik lied 372:3 in Liedboek van die kerk vir die slot gebed:

- “O Môrester wat ons verlig..., o verlig my, leer my, rig my, Vors van ere! Kom, ja, kom, ons wag, o Here!”

Print

Matteus 10:40-42

Print

Fokusteks Matteus 10:40-42

Stil word en aanbidding

1. Ons fokus op God se erkenning aan sy dissipels se navolging van Jesus.

2. Dink oor wat julle van God verwag as julle Jesus navolg.

3. Gebruik Matteus 10:37 vir die openingsgebed.

“Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”

Skriflesing

1. Lees Matteus 10:40-42. Dink daaroor in die lig van die vorige week se Skriflesing.

a. Laat die groeplede hul eerste gedagtes vir hulself formuleer om later te deel.

2. Die NAB se opskrif bokant hierdie verse is “Beloning”.

a. Identifiseer waar die woord “beloning” in die verse voorkom.

b. Hoe word die woord telkens gebruik?

3. Identifiseer die woorde “ontvang”, “kry” en “gee”.

a. Sien hoe dit saamhang met “beloning”.

4. Hoor Jesus se sterk uitspraak aan die einde vers 42.

Gesprek

1. Laat die groeplede hul eerste gedagtes na die Skriflesing (sien by eerste * onder b) nou met mekaar deel.

2. Het die ontleding van die teks invloed gehad op hoe julle nou dink oor die inhoud daarvan?

a. Het jou insigte en verstaan geskuif? Indien wel, hoekom?

3. Gesels oor Donald Katts se gedagtes oor die Skrifgedeelte.

a. Matteus 10:40-42 maak duidelik hoe belangrik die boodskapdraer en die boodskap is.

b. Ontvangs van die boodskapper en sy boodskap, is ook ontvangs van Jesus én Hom wat Jesus gestuur het.

c. Vir Matteus is dit nie net van toepassing op die historeise dissipels nie.

d. Ook op die boodskappers van die koninkryk in sy gemeenskap en daarom ook die kerk van elke era.

e. Hier word reeds op Jesus se middelaarskap tussen God en die mense gewys.

f. Die ontvangs van die boodskapper en sy boodskap sal dus nie sonder vergoeding gaan nie.

g. Die eenvoudigste daad van menslikheid aan hulle bewys, sal nie vergeet word nie.

h. Dit alles belig die belang van sending (uitreik, gestuurde lewe).

i. Almal wat op enige wyse met uitreik behulpsaam is, doen ’n belangrike, prysenswaardige daad.

4. Hoe help Katts se opmerkings julle om die Skrifgedeelte op julle lewe toe te pas?

Kerklike Seisoen

1. Koninkrykstyd fokus op navolging, dissipelskap en toerusting vir die getruienistaak in die wêreld.

a. Die fokus is op die eenheid en interaksie tussen kerk en wêeld, tussen woord en daad.

2. Dink saam oor die sentrale simbool van Koninkrykstyd.

a. Die boot met die kruis as mas daarin, op die see. Wat beteken dit?

b. Hoe kan julle in die komende week daarmee werk as deel van julle toerusting vir dissipelskap?

Afsluiting

1. Gebruik Matteus 10:40 as gebedsgedagtes vir die afsluiting.

a. “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.”

Print

Matteus 10:24-39

Print

Fokusteks Matteus 10:24-39

Stil word en aanbidding

1. Die fokus is op die lewe van ’n leerling van Jesus.

2. Reflekteer oor wat die vir julle beteken en van julle vra om ’n volgeling van Jesus te wees.

3. Open die byeekoms met Matteus 10:30 en 31 vir gebed.

“Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Skriflesing

1. Lees Matteus 10:24-39 saam.

a. Deel julle eerste indrukke met die lees van die teks met mekaar. Moenie nou bespreek nie.

2. Matteus 10 begin met ’n spesifieke opdrag aan die twaalf om na hulle volksgenote te gaan (vers 6).

a. Met verloop van Jesus se instruksies en waarskuwings, word die lesers ook as gestuurdes ingesluit.

3. Jesus praat oor verskeie sake in verse 24 tot 39.

a. Sien julle ’n deurlopende tema in die gedeelte?

b. Help vers 16 julle om ’n deurlopende tema te beskryf?

4. Die gedeelte vorm deel van Matteus se beskrywing van hoe Jesus sy dissipels toegerus het (vgl vers 5).

5. In vers 40 noem Jesus God die Een wat Hom gestuur het.

6. God het Jesus gestuur en Jesus stuur sy dissipels.

a. Ons is gestuurdes in die wêreld.

Gesprek

1. Maak Matteus 10:24-39 jou ongemaklik, gespanne of opgewonde? Hoekom?

a. Identifiseer hoeveel keer Jesus hier sê ons hoef nie bang te wees nie.

b. Watter troos vind julle in hierdie gedeelte?

2. Volgens verse 32-33 verwag Jesus van sy dissipels om Hom openlik te bely.

a. Wat beteken dit om Jesus te bely?

b. Die CEV vertaal dit só: “If you tell others that you belong to me”.

3. Volgens verse 34-39 stel Jesus duidelik dat sy dissipels spanning en selfs konflik kan verwag.

a. Beleef julle spanning of ongemak met mense omdat julle Jesus dien?

4. Gesels oor die keuses in verse 37-39; dit is nie teen familie nie, maar vir Jesus, ongeag die gevolge.

a. Ons verhouding met Jesus kry prioriteit en staan sentraal. Wat beteken dit vir jou prakties?

5. Watter gesindheid pas by ’n gestuurde dissipel (vlg verse 25, 28, 38-39; ook vers 16)?

a. Kan ons in ons eie krag elke dag Jesus se gestuurde dissipels wees?

6. Gesels oor die volgende: Om vir God te lewe, om Jesus se gestuurdes te wees, is nie ons harde werk nie.

a. Dit is God se werk in en deur ons.

Kerklike Seisoen

1. Koninkrykstyd herinner aan die eenheid en interaksie tussen wat ons bely en hoe ons lewe.

a. Dink oor die Skriflesing en gesprek daaroor.

b. Hoe help dit julle om oor geloofsvormende dissiplines vir dissipelskap te dink?

Afsluiting

1. Lees Psalm 86:5, 11, 15-17.

2. Gebruik hierdie bedes om met God te praat oor hoe julle sy gestuurde dissipels kan wees.

 

Print

Matteus 28:16-20

Print

Fokusteks Matteus 28:16-20

Stil word en aanbidding

1. Ons fokus op Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels voor sy hemelvaart

2. Reflekteer oor hoe julle Jesus se roeping en opdrag vir julle verstaan (persoonlik en as groep).

3. Gberuik Matteus 28:17 & 18 vir die openingsgebed.

“Jesus kom toe nader en sê vir hulle: `Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.”

Skriflesing

1. Lees Matteus 28:16-20. Dink ’n oomblik oor wat julle gehoor het.

2. Reflekteer oor die betekenis van Christus se mag oor hemel en aarde.

a. Lees ook Genesis 1:1-2:4 en Psalm 8.

3. Fokus op Matteus 28:16-20 en identifiseer die hoofpunte van die vertelling.

a. Sien die karakters hier en hul betekenisvolle optrede.

b. Identifiseer die plekaanduidings en dink oor die betekenis daarvan in Matteus se vertelling.

c. Sien die twee woorde “aanbid” en “mag” in die gedeelte en dink oor die verband daarvan.

4. Identifiseer die verskillende aspekte van Jesus se opdrag in verse 19 en 20.

5. Dink oor Jesus se woorde in vers 20b: “En onthou...”

a. Hoekom is dit belangrik vir die dissipels?

Gesprek

1. Deel met mekaar wat julle persoonlik gehoor het in die Skriflesing en ontleding van die teks.

a. Wat jy vandag nuut hoor en wat dit vandag aan jou doen.

2. Gesels oor Anton Mocke se notas oor die Skrifdeel.

a. Die temas wat die evangelie kenmerk, word hier tot 'n hoogtepunt gevoer en in fokus gebring.

b. Jesus se unieke gesag as Seun van God vereis aanbidding (Matt 1–2; 3:17; 4:1–11; 14:33).

c. Jesus se dissipelskap gaan oor etniese-, geslags- en godsienstige grense.

d. Dit vorm 'n nuwe geloofsgemeenskap, naamlik die kerk (Matt 12:46–50; 16:18–19; 18:17–18).

e. By hierdie laaste ontmoeting doen Jesus drie dinge: (i) Hy verseker hulle van sy mag. Nou was hulle diensknegte van die Meester wie se gesag en mag oor die hemel en die aarde bo enige twyfel vas staan; (ii) Hy gee aan hulle 'n opdrag. Hy stuur hulle uit om die hele wêreld tot sy dissipels te maak; (iii) Hy beloof hule 'n teenwoordigheid. Hulle word uitgestuur op die grootste taak in die geskiedenis van die wêreld. En saam met hulle was die grootste Teenwoordigheid in die wêreld!

Kerklike Seisoen

1. Die Seisoen van Koninkrykstyd of Gewone Tyd is ook bekend as die Tyd na Pinkster.

a. Die fokus is op die lewe vanuit die kragtige werking van die Heilige Gees.

b. Dit beteken toerusting en vorming as volgelinge (dissipels, leerlinge) van Jesus.

2. Identifiseer as groep wat julle nou as geloofsvorming nodig het.

a. Besluit op ’n geloofsvormende dissipline vir die volgende week.

Afsluiting

1. Dank die Here vir sy belofte dat Hy tot aan die voleinding van die wêreld ook by julle sal wees.

Print

Matteus 5:1-12

Print

Fokusteks Matteus 5:1-12

Stil word en aanbidding

1. Hierdie week is die fokus op Jesus se onderrig en lering.

2. Jesus tree na vore as Leermeester of Rabbi en openbaar sy Vader op hierdie wyse.

3. Laat die groep in stilte nadink oor wat hulle perspektief op Jesus as Leermeester is.

4. Gebruik die woord “geseënd” (salig) in die Skrifgedeelte as openingsgebed.

- Benut hierdie woord om julle toenadering tot God te rig.

Skriflesing

1. Lees Matteus 5:1-12 en gee genoeg tyd dat elkeen dit kan oordink en selfs nog ’n keer self lees.

a. Skep geleentheid dat twee-twee persone hul eerste indrukke van die teks met mekaar deel.

b. Gee geleentheid dat die pare terugvoering aan die groep gee, maar moenie bespreek nie.

2. Keer terug na die teks en identifiseer die verskillende temas in elke saligspreuk.

a. Teken die tema aan en probeer ook ’n sinoniem daarvoor vind en aanteken.

3. Identifiseer die belofte wat aan elke spreuk gekoppel word.

a. Teken die beloftes aan.

b. Daag die groep uit om patrone of ontwikkeling in die gedagtegang te soek.

4. Laat die groep hul gevoel formuleer oor die woorde “verheug” en “loon” in vers 12.

a. Formuleer dit met die oog op die gesprek wat nou moet volg.

5. Gebruik die opskrif bo hierdie gedeelte in die Nuwe Afrikaanse Bybel vir perspektief op die inhoud.

a. “Die werklike gelukkiges”. Wat dink julle is die bron van ware geluk?

Gesprek

1. Laat die groep die twee belangrikste temas waaroor hulle verder wil gesels identifiseer.

a. Lys die sake wat genoem word en laat die groep slegs twee temas uitkies.

b. Gee geleentheid dat elkeen eers aandui hoekom hierdie twee temas uitstaan.

2. Reflekteer weer oor wat julle vroeër aangeteken het as die bron van ware geluk.

 

Kerklike Seisoen

1. Ons is tans in die Epifanie-tyd van die kerklike jaar. Dit herinner daaraan dat God Homself deur die lering en onderrig van Jesus aan ons openbaar.

a. Hoe het Jesus se werk as Leermeester God se “verskyning” in die wêreld vir jou sigbaarder gemaak?

2. Dink oor die verband tussen die temas van openbaring, verskyning, leer/onderrig en dissipelskap.

a. Hoe help die Skriflesing jou om hieroor ‘n standpunt te vorm?

3. Laat die groeplede ’n voorneme formuleer na aanleiding van die saligsprekinge.

a. Iets wat julle die komende week kan begin inoefen.

Afsluiting

1. Gebruik vers 3 vir die afsluitingsgebed.

a. Plaas die klem op “afhanklikheid van God” en; “ontvangs van die koninkryk van die hemel”.

Print

Matteus 4:12-23

Print

Fokusteks: Matteus 4:12-23

Skriflesings

* Lees Matteus 4:12-23 en laat die groepslede hul indrukke aanteken vir latere gesprek.

* Identifiseer die kern gedagte in die twee gedeeltes van die Skriflesing (verse 12-17 en 18-23).

* Gee aandag aan die opbou van die twee gedeeltes en hoe dit saamhang. Dink oor die volgende:

- Die verband tussen Jesus en Johannes se lewens en hul bedieninge.

- Die verband tussen die profesie van Jesaja en Jesus se bediening.

- Die inhoud van Jesus se boodskap.

- Hoe Jesus persone by hul werksplek geroep het, en hoe hulle daaropreageer het.

* Ontleed Jesus se woorde in vers 19.

Gesprek

1. Gee geleentheid dat die groep oor hul indrukke na die Skriflesing gesels.

a. Hoe dink julle op hierdie punt daaroor?

b. Is dit reeds verskillend (na bietjie gesprek daaroor) van hoe julle aanvanklik gedink het?

2. Gesels oor Jesus se boodskap (vers 17) en die beloofde gevolg van sy roeping vir mense (vers 19).

a. Deel met mekaar hoe julle dit vandag verstaan.

b. Dink heel konkreet hoe dit in ons werklikheid vandag toepaslik is.

3. Gesels oor die samehang tussen die gedagtes van roeping, gehoorsaamheid en navolging.

a. Bespreek die radikaliteit van die eertse dissipels se besluit om Jesus dadelik te volg.

4. Bespreek waartoe julle dink hierdie gedeelte julle individueel, as groep en vir die kerk as liggaam uitdaag.

a. Skryf ten minste twee sterk konsensuspunte neer vir verdere besinning gedurende die week.

Afsluiting

5. Gebruik die woorde van vers 16 as gebed:

a. “Die volk wat in duisternis woon, het ’n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.”

6. Laat die groeplede vir hulself ’n perspektief formuleer oor “die lig” wat nou vir hulle opgegaan het.

Print

Wanneer die storms ons tref

Print

Geskryf deur  Ds Francois Taljaard.

As mens na Petrus se Eerste brief kyk, sien mens sy begeerte om hoop te gee aan gelowiges wat in vrees rondloop ná Paulus se dood.

1.        Hoe help Petrus ons om lig te sien in die storms van die lewe?

           1 Petrus 1: 1-12

2.      Hoe help die volgende gedeeltes ons ook in ons tyd om aan mense die boodskap van hoop te bring?

           Rom 8: 18

           Jes 40: 30-31

           Ps   31: 23-24

3.     Petrus gee vir ons raad oor hoe om die lewe te oorleef.

         Wat sê die volgende gedeeltes oor onse beskerming en hoe kan dit ons sterk maak wanneer die

         storms ons tref?

 

         Ps 84

         Ps 91: 1-4

         Ps 119: 114

So aan die begin van ‘n nuwe jaar het mens weer geleentheid om weer te kyk na die goed waarmee ons moet besig wees as ons vorentoe wil beweeg.

Dit gee geleentheid om weer te dink, aanpassings te maak en opnuut te fokus.

Lees die volgende gedeeltes en dink oor veranderings indien enige wat jy in 2014 wil maak.

Efe 4: 22-24

Fil   3:13-14

Kol 3: 5-17

As groep kan ons met mekaar ‘n paar gedagtes hieroor deel.

Kom ons bid saam vir mekaar.

Deel met mekaar gebedsversoeke.

Print

Dissipelskap

Print

Geskryf deur  Ds Willie Gouws

Inleiding:

Ons tema vir die jaar is dissipelskap en verskillende aspekte daarvan word in die wyksbyeenkomste se stukke belig.  Hierdie maand wil ons weer stilstaan by die bekende Mark 8:34 -38.

Markus 8:34-38

Voorafgaande: (31-32)
Jesus vra die dissipels wie dink hulle is HY.  Die antwoord is die Messias.  Daarom dat Petrus Hom teregwys oor Sy uitsprake van Sy Lyding en Dood;  dit pas nie by die Messias om so te praat nie.(33)  Jesus reageer skerp en noem dit menslike, selfs demoniese denke.  Daarna roep Hy almal bymekaar en lê hierdie harde eis voor almal se deur wat belangstel om Hom te volg.  Dit is amper soos stap twee van dissipelskap:  Eers was dit ’Volg My’, nou is dit ’So volg jy My!’

  • Watter drie aksies vereis Jesus van elkeen wat Hom wil navolg?
  • Wat sou "verloën jouself" beteken?  Lees ook Jakobus 4:7-10; Filip 3:7-10
  • Wat sou "neem jou kruis op" beteken?  Lees ook Hebreërs 12:1-4, 1 Petr. 4:12-14.

In Jesus se eie lewe word vraag 2 en 3 m.i. uitgebeeld deur Getsemane en op pad Golgota toe.
Die twee stappe volg logies op mekaar, maar is nie dieselfde nie.

  • Hoe sal die eerste twee stappe jou help om "Volg My" beter uit te voer?
  • Jesus belowe nie om altyd te lei op gerieflike paaie nie, inteendeel Hy praat van swaarkry.  Dit laat baie gelowiges terugdeins uit vrees vir gevaar.  Lees Ps 23: 3-4, 1 Petrus 5:10

In ons gemeente het ons alles rustig onder beheer, sal ons nog hierdie opdrag uitvoer as dit skielik van ons gevra word?

Print

Ek is vry?

Print

Geskryf deur  Ds Francois Taljaard

EK IS VRY?

Mens kry die gevoel dat mense uit hulle pad gaan om Christene vanuit alle rigtings te probeer neutraliseer.  Dit dwing ons om weer diep na te dink oor wie ons is en hoe ons dit moet leef.

As jy vir 'n oomblik teruggaan na jou kinderdae en vir 'n oomblik jou weer in die familie- opset plaas waarin jy grootgeword het, waar sal jy jouself op die lyn plaas?

As jy jouself nou moet plot, waar sal dit wees?  Is jy meer geneig om wetties (met streng grense) of liberaal (met geen grense) te wees.

Daar is mense in ons lewe wat die begeerte aangewakker het om in 'n verhouding met Christus te staan.  Wat het hulle gedoen wat jou aan die dink laat sit het?
Was daar enige iets wat iemand gedoen het wat 'n negatiewe impak op jou lewe gehad het?

Ons strewe almal daarna om "sterk Christene“ te wees as dit kom by hoe om grys areas te hanteer.  Wat kan ons uit die volgende gedeeltes leer ten opsigte van die houding van 'n "sterk Christen“:
Rom. 14:19-21
Rom. 15:1-3

Veronderstel jy wil 'n film kyk met sekere ouderdomsbeperkings, of jy wil 'n alkoholiese drankie bestel, of enige iets anders wat op jou van toepassing is, en 'n vriend daag op wat jy weet 'n probleem het in hierdie spesifieke area.  Hoe kan jy die beginsels van bogenoemde teksgedeeltes toepas in die situasie.

Hoe sou jy opgetree het as jou vriend nie op die gebied 'n probleem het nie, maar baie sterk opinies het oor ander wat dit nie wil doen nie?

1 Kor. 9 vertel hoe ver Paulus bereid was om te gaan om mense met die Evangelie te bereik.  Hy was bereid om dit te doen omdat hy verstaan het dat mense geestelik verlore is sonder Christus.
Wat leer jy uit Jesus se ingesteldheid ten opsigte van verlore mense in Mat. 9:35-38?

In Lukas 15:1-10 vertel Jesus twee stories wat vir ons perspektief gee op hoe God mense sien wat geestelik verlore is.  As mens die twee stories vergelyk, wat tref jou ten opsigte van mense wat geestelik verlore is en God se houding teenoor hulle.

Wat voeg Lukas 19:10 by ten opsigte van God se houding?

In ons samelewing vandag voel baie mense dat dit nie polities korrek is om te sê dat Jesus die enigste oplossing vir 'n mens se verlorenheid is nie.  Hoe sou hulle reageer as jy die volgende gedeeltes lees:
Johannes 11:25-26
Johannes 14:6

Hoe kan 2 Tim. 2:24-26 ons help om hierdie waarheid in liefde met ander te deel.

Is daar 'n grys area in jou lewe waaroor jy te wetties is of dalk te veel vryheid gee?
Is daar enige iets waarvoor ons vir jou kan bid?
Is daar enige iemand wat die Here op jou hart lê wie jy moet help om 'n tree nader aan  die Here te gee?  Indien wel, wat is die eerste tree wat jy moet gee (sê of doen).

Bid vir mekaar en bid saam.

Print

Hoe het jou jaar gelyk?

Print

Geskryf deur Ds Jan Heenop

INLEIDING

Nou ja, dit is weer Desember en die koekies en beskuit word al seker gebak, want ons moet iets eet saam met die koffie as die son opkom.  Die jaar het afgestorm in die drukgang soos ‘n jong klomp beeste, en iewers het ons tot stilstand gekom om net weer voort te storm.  Die belangrike om dalk raak te sien is om jouself die vraag af te vra:  Watter indrukke jy op die jaar gemaak het wat nie net jou eie lewe nie, maar ook die lewe van ander positief beïnvloed het?

HOE HET JOU JAAR GELYK?

Op History Channel kom daar weekliks ‘n realiteitsprogram op die kassie, wat die vraag vra:

“Days that changed the world.”

Watter dag dié jaar het die gang van sake só verander in jou lewe dat jy dit kan neerskryf as insiggewend    belangrik?  ‘n Boekie oor leierskap wat tans op my bedkassie lê is die een wat bietjie filosofies na my      lewensdae kyk as ‘n Christenleier:

“The NEXT generation LEADER”

Die vraag word gevra HOE jy jouself besig hou … in en om die huis, by die werk of tydens jou vryetyd of tussen vriende?  Andy Stanley beklemtoon die volgende:

Met watter outoriteit tree jy op?
Hoe vaardig is jy met dit wat jy mee besig is?

DIE LES WAT EK GELEER HET

Dit was ten minste vir my belangrik om die volgende les te leer …

  • Doen net dit wat net jyself kan doen.
  • Hou op om jou lewe en dae te vul met aktiwiteite wat jy nie van hou nie, waarvoor jy nie die talent het nie en ook nie die opdrag ontvang het om dit te doen nie.
  • Doen afstand van belangrike afsprake en aktiwiteite wat jou energie en lewenslus steel.  Jesus-volgelinge behoort hul besig te hou met aktiwiteite wat waarde toevoeg tot hul eie lewens en die lewens van ander mense.
  • Indien koekies-bak dan lekker is vir jou en jy geniet dit en het ‘n gawe daarvoor, moet jy dit doen!  Leef die gawe van GOD in jou lewe voluit.

2010 is blykbaar ‘n sokkerjaar.  Ek gaan nie één keer sokker speel as ek my sin kry nie, maar as die jaar aanbreek, gaan ek meer selektief my dagboek beplan!  Ek gaan deelneem aan dít wat vir my, my gesin en my omgewing goed is.  Aktiwiteite wat my vriende en kennisse opbou sal uit die aard van die saak ‘n prioriteit wees.  Destruktiewe gesprekke en denke vorm nie deel van my strategie nie!  Ek gaan dinge waaroor ek nie beheer het nie, uit my lewe skuif en ophou top daaroor.  Hiervoor sal ek WAAGMOED aan die dag moet lê, soms KARAKTER, soms sal ek moet LUISTER na die HEILIGE GEES en ander kere sal ek moet ONDERSKEI wat die regte ding is om te doen.  Dan sal ek ook moet weet wat ek die BESTE DOEN en daarop begin fokus.

TEN SLOTTE

Belangrik natuurlik om dan myself af te vra, wie MY DIE REG GEGEE het om te doen wat ek doen?  Daardie vraag kan ons elkeen net self beantwoord.  Dink oor die jaar wat verby is sodat u kan voorberei vir die jaar wat op pad is.  As ons geen verwagting oor 2020 het nie, gaan daar in elk geval nie veel van waarde gebeur in die komende jaar nie.

Kom ons soek opnuut wat GOD vir my in gedagte het in 2020!

Print

Eenheid in Diversiteit

Print

Geskryf deur  Ds Willie Gouws

Inleiding:

Ons tema vir die eerste deel van die jaar is ’n aspek van dissipelskap, nl. Eenheid in Diversiteit.  Nou:  Wat maak ons ’n eenheid in die kerk?  Een van die hoofredes is sekerlik die feit dat ons almal geredde mense is en dít uit genade, nie uit onsself nie (Efesiers 2: 8-10, ens.).  Wat is die basis van ons redding? Vandag wil ons hierby stilstaan, nl. by die feit dat die Almagtige God en Vader my en elke mens, maar veral die gelowiges, baie baie lief het.

Die hele groep raak ’n rukkie stil.  (Groepleier lees die volgende vrae met 2 minute interval).

Vra jouself af:

1.  Hoe ervaar ek God?  Soos ’n liefdevolle Pa / vriendelike Oom of Oupa of familielid of ... die streng skoolhoof /    dominee / polisieman.

2.  Hoe beleef ek die gemeente?  Waar ek my liefdevolle God deur my medegelowiges beleef of dalk sien ek God se kwaai kant deur hulle?

Lees nou Romeine 8: 34 – 39; Romeine 5: 5-8.

Rom 8:34:  "Wie kan ons veroordeel?  Christus Jesus het gesterf (vir my), maar meer as dit:  Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons."

Rom 8:35:  "Wie kan ons van die liefde van Christus skei?  Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?"

Rom 8:36:  Daar staan immers geskrywe:   "Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word."

Rom 8:37:  "... maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet."

Rom 8:38:  "Hiervan is ek oortuig:  geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte..."

Rom 8:39:  "...of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."

Vers 34:   Het ons interne twyfel, a.g.v ons sonde, aan God se liefde?  Lees Romeine 5: 5-8 as antwoord.  Laat iemand ‘n getuienis deel.

Vers 35 – 36:  Eksterne faktore laat ons ook twyfel aan God se liefde.  Onthou ons ’n dag of tyd wat dit baie swaar en liefdeloos gegaan het?

Vers 37 – 39:  Paulus het baie gehad, daarom skryf hy as ’n getuienis.  Kan jy dieselfde getuig.  Laat ons oopmaak vir God se liefde en daaruit leef en laat leef..

Print

Liefde dwing jou uit jou gemaksone

Print

Geskryf deur  Ds Francois Taljaard

Wat verstaan ons onder ‘n “gemaksone”?

Wat beteken dit om die “Gebod van die Liefde” na te kom?
*    Luk 10:27-37
*    2 Kor 9:6-9

Laat die groeplede vertel in watter mate hulle nog in hulle gemaksones vasgevang is.

Hoe dwing die liefde ons om uit ons gemaksone te kom?
*    1 Joh 3:18
*    Jak 1:27
*    Deut 16:10
*    Matt 28:19

Watter beloftes is waar vir diegene wat ware naasteliefde betoon?
*    Spreuke 3:9-10
*    1 Joh 4:12
*    Markus 9:41

Wat veroorsaak dat ‘n mens in ‘n gemaksone vasgevang raak?

Wat gaan die groep doen om nie in ‘n gemaksone te beland nie?

Opdragte
*    Bely as individue en as groep, sondes wat aanleiding gegee het tot die vorming van gemaksones.
*    Bespreek maniere hoe lede en die groep naasteliefde in die praktyk d.m.v. projekte, gawebedieninge,   getuienis en uitreike kan bewys.
*    Skryf ‘n teks oor die liefde neer en plak dit op jou spieël, in jou motor, op jou
rekenaar of lessenaar.

Sake vir Gebed

Print

Liefdevolle Verhoudings

Print

Geskryf deur  Ds Francois Taljaard

LIEFDEVOLLE VERHOUDINGS

1.  Liefde is een van die kosbaarste geskenke wat God vir ons gegee het. Tog kan ons so maklik voel dit is buite bereik. Een ding is seker dit dwing ons buite ons gemaksone.

2. Vertel vir mekaar van ’n ervaring waar liefde bewys, of ontvang is.

3. Groei in die Woord
    Waarom is goeie verhoudinge belangrik by:
    * die huis?
    * die werk?
    * die groep?

    Wat is die gevolge van slegte verhoudinge?

4. Wat maak dat ‘n verhouding versleg?
    Wat veroorsaak slegte verhoudinge volgens:
    * Luk 22:24-27
    * 1 Kor 3:1-4

5. Wat kan ons doen om ‘n verhouding te verbeter?
    Wat sê die Bybel kan ons doen om ‘n verhouding te verbeter?
    * Kol 3:12-15
    * Hand 2:41-46

    Wat kan ons as groep doen om onderlinge verhoudinge uit te bou?

6. Opdragte
    Skryf een ding neer wat jy gaan doen om verhoudinge te verbeter by:
    * die werk
    * die huis
    * die groep

    Draai twee-twee na mekaar en deel bogenoemde voorneme wat jy neergeskryf het.  Bid dan
    twee-twee hieroor.

    Skryf die naam van iemand neer met wie jy iets wil gaan regmaak

    ……………………………………………………

    Bid saam met iemand oor bogenoemde persoon.

7. Sake vir gebed· 

8. Gedeeltes om by die huis verder te gaan lees
    * Luk 17:1-4  : Hoeveel keer vergewe?
    * Luk 9:23-26  : Om Jesus te volg
    * Luk 14:26-33  : Die prys van dissipelskap
    * Joh 12:24-26  : Sterf in jouself
    * Rom 16:3-13  : Paulus se verhoudinge

9. As iemand verder hieroor wil lees:
    * Beleef God as Persoon – Henry T Blackaby en Roy T Edgeman
    * In die greep van genade – Max Lucado

Print

Gestuur om te Groei

Print

Geskryf deur  Ds Jan Heenop

Ek het myself al baie gevra hoekom ons as mense moet verander en groei? Die antwoord is eintlik eenvoudiger as wat ek sou wou erken. Jy groei of jy gaan dood.

Terwyl ek besig was met hierdie studiestuk, het ‘n lidmaat my gebel oor die teksgedeelte in Esegiël 37 oor die doodsbeendere wat weer opgewek sou word. Dit was sommer ‘n bevestiging dat hierdie tema ‘n uitdaging is vir ons om ‘n verskil te maak in die samelewing waar ons leef. Kritiek is so ‘n maklike vanselfsprekende reaksie, maar doen byna NIKS om ons wêreld ‘n beter plek te maak nie. Gestuurdes word uitgedaag om 2 dinge te doen:

* Te help

* Te vermeerder in die poging van help

Vir so ‘n poging het ons groei nodig en daarom wil ek sommer die woord GROEI gebruik om ‘n aantal idees te los vir hierdie maand se byeenkomste met die tema GESTUUR. Ons kleingroepe is reeds aan die woel met die tema, so ons hoop dat die gedagtes byval SAL vind.

G van GROEI praat van GESTUUR

Gestuur beteken dat ons óf ‘n boodskap bring, óf iets gaan haal, of dalk iets gaan aflewer. In BYBELSE terme beteken dit maar dieselfde. Die belangrike vraag is namens wie ons optree. Ek dink dis nogal belangrik om die aspek uit te klaar, want selfs JESUS getuig dat Hy nie namens HOMSELF praat nie, maar dat Hy getuig aangaande GOD wat HOM gestuur het. Dis die lekker van gestuur te wees namens CHRISTUS. Dis nie ONS waarheid nie, maar GOD s’n! Ons moet dit natuurlik reg verstaan en só oordra dat dit iets van GOD illustreer en nie meeste van alles, ons eie verstaan is nie.

TEKS: Handelinge 1:8

VRAAG: Hierdie teks praat van getuie wees. Watter ooreenkoms en verskil is daar tussen ‘n getuie en ‘n gestuurde?

Die R van REALITEITE

Wat is die situasie en realiteite waar jy jouself bevind? Watter hindernisse kan jy waarneem en hoe dink jy daaroor? Watter gereedskap het jy waarmee jy kan help? Dis BAIE belangrik om te verstaan waarmee jy toegerus is, maar meer nog, hou jy van dit waarmee jy nog altyd gehelp het. Die vraag is of dit jou passie is. Indien wel, is daar ‘n natuurlike klomp energie in jouself wat wil besig bly met dít waaroor jy droom.

TEKS: Handelinge 2:36

VRAAG: Wat is die realiteite rondom JESUS in hierdie teksvers?

‘n O vir OPSIES

‘n Doodloopstraat is iets wat in ons gedagtes nie goed afgaan nie. Ons soek opsies om te oorweeg, maar dink bietjie oor ‘n doodloopstraat. Daar is ‘n klomp adresse, huise en mense in ‘n doodloopstraat wat elkeen op hul beurt ‘n sinvolle lewe maak in die doodloopstraat waar jy jouself nie sal wil bevind nie. Opsies gaan oor jou uitgangspunt. Watter kanse gun jy jouself? Kom ons kyk na ‘n BAIE kritiese teksvers oor OPSIES!

TEKS: Handelinge 3:1-7

VRAAG: Watter opsies het Petrus gehad op pad tempel toe?

’n E vir die EINDDOEL

‘n Skerpskutter leer om alles tussen homself en die teiken te vergeet. Fokus op dit waarop jy ingestel is. Baie belangrik vir Stilbaai is om te besef watter opsies jy jouself gun om doelwitte na te streef…of leef ons in die vertreksaal wat wag vir die LAASTE vlug?

TEKS: Handelinge 3:11-26

VRAAG: As ‘n mens vers 17 noukeurig lees, met watter fokuspunt leef Petrus?

En dan die I van INSPIRASIE

Vrinne, wat inspireer jou? Yo-Yo, dit het SO baie te doen met hoe ons, ons lewens inrig, die modelfigure wat ons navolg, die mense wat ons beinvloed het tot waar ons vandag is. U moet bietjie hier rondkrap in jou eie gedagtes en emosies om te ontdek watter invloede daar was op jou lewenspad. Inspirasie is SO

belangrik om met ‘n veer in die hoed, die lewe aan te pak!

TEKS: Johannes 21:15-19

VRAAG: U weet wat is die vraag wat kom…wat het Petrus geïnspireer om te leef soos hy geleef het tot en met sy sterfbed? Wat beteken dit vir jou?

SAMEVATTING

Slim mense sê ons moet begin by dít wat aan die einde moet gebeur…en ek wil ook so slim klink! Vraag is, hoe lyk dit om gestuur te wees? ‘n GESTUURDE moet kan aanmeld vir groei, maar die omgekeerde is ook waar. Ons GROEI om gestuur te word. Groei net ter wille van groei is soos mode, jy doen dit omdat dit goed klink, maar dit beteken nie veel nie omdat jy nie aan die saak glo nie.

Carpe diem, vat die kans vir groei en tree op soos ‘n gestuurde. Dis opwindend!

Print

Gehoorsaamheid is mos net vir kinders?

Print

Geskryf deur  Ds Francois Taljaard

Van kleins af word ons geleer om gehoorsaam te wees. “Jy moet luister as ek praat.” “As jy dit nie doen nie sal jy met my te doen kry, ek sal … “ “Moenie terugpraat nie, doen wat ek vir jou gesê het.” “Jy sál dit doen.” Ek glo elkeen van ons het genoeg aan ons eie lyf ervaar om hierdie lysie sommer baie langer te maak.

Waaraan dink jy as jy aan die woord “gehoorsaamheid” dink. Wat kom in jou gedagtes op as jy die woord hoor? Is dit positief of negatief en hoekom?

Is dit net vir kinders? Indien nie, wie raak dit nog en hoekom?

Kom ons kyk in afhanklikheid van die Heilige Gees na die volgende gedeeltes? Wat hoor ons by die Here oor gehoorsaamheid?

Luk 9:57-62, Matt 7:21 en ’n baie praktiese voorbeeld wat Jesus gee in Matt 21:28-32

Ons praat maklik oor dissipel wees, maar ek weet nie of ons altyd weet wat dit beteken nie. Dissipelskap vra gehoorsaamheid. Dit vat nie ’n uitsonderlike mens om ’n dissipel te wees nie, maar dit vat alles om een te wees. Dissipelskap en ongehoorsaamheid pas nie by mekaar nie.

Kom ons delf verder in die volgende gedeeltes.

Joh 14:23-24, 1 Joh 2:4-5

Spr 21:3

Hebr 5:8, Gal 1:4

Matt 7:21, 1 Joh 5:3

So bietjie gehoorsaamheidsopleiding

1 Pet 1:14,22, 2 Joh 6, 1Kor 2:16

Die wonderwerk in gehoorsaamheid

2 Kor 9:13, 1 Joh 2:3, Joh 7:17, 1Petr 1:2, Joh 14:23

H.A. Ironside: "Where God has wrought the miracle of regeneration in the soul of a man, he [the man] finds within himself a love springing up for the will of God. He delights to walk in obedience to His Word, and thus he has corroborative evidence that he is a child of God."

Gehoorsaamheid is vir kinders! … Kinders van die Here.

Dit is nooit ’n straf. Dit kom spontaan uit ’n liefdesverhouding. Dis ‘n vrye keuse om te volg.

Praat met die Here oor jou eie lewe

Dink ‘n bietjie na hieroor. Wat dryf jou verhouding met die Here: Liefde of Vrees?

Print

Die Christen en sy geld

Print

Geskryf deur Lydia Heyns

Kontak maak:

Deel elkeen iets wat jy die afgelope tyd gesien het wat vir jou weer laat besef het dat God almagtig en groot is.

Terugvoering en getuienis:

Gee geleentheid as daar iemand is wat ’n getuienis wil deel.

Lofprysing:

Woordkuier:

Van alle onderwerpe in die Bybel word die 2de meeste na geld verwys ... meer as 2000 keer.  Dit is dus 'n belangrike onderwerp en die Bybel geel baie goeie riglyne daaroor.  Geld speel 'n baie groot rol in ons almal se lewens en in die ekonomie van die wêreld.  Dit is dus 'n saak wat nie vermy kan word nie.

Hoe maak mens, as gelowiges, van finansies ’n positiewe saak?  Kyk na die volgende en praat dan

 

met mekaar.

Verstaan jou skeppingsdoel (Gen. 12:3  en Jer. 13:11).

Wees eerlik (Ps. 15).  Oneerlikheid beskryf Mammon in een woord. God vereis dat ons finansieël `n reguit en eerlike pad sal loop.

Gee om – gee eerder as om te ontvang.  Moenie met onwysheid gee nie.  Wanneer ons aan ons geld vasklou is dit normaalweg gekoppel aan gierigheid en vrees vir die toekoms.  Ons breek die mag van gierigheid en vrees deur vrymoedig, blymoedig en oorvloedig te gee.

Gee jou tiendes, offers en dankoffers aan die Here (Mal. 3:8-10).

Weerstaan  Mammon - moenie dat geld `n god in jou lewe word nie.

Wees `n goeie rentmeester van God se geld.  Vra God gereeld, “Hoe wil U hê moet ek die geld bestee wat U aan my toevertrou het?”

Bely jou sonde – as bedrog, oneerlike wins, dobbelary, gierigheid en onvergenoegdheid in ons harte is, moet ons dit bely.

Bespreek die volgende stelling: “My goed en my geld is God sin.”

Wat is die verband tussen `n Christen en sy geld? Kyk na die onderstaande as agtergrond vir die bespreking.

Elke Christen behoort slegs aan die Here (Luk.16:13). Dus nie God en Mammon nie. My geld behoort dus ook slegs aan God. Ek is net die rentmeester daarvan.   As ek nie `n Christen is nie, is my geld net myne, of eintlik behoort dit dan aan Mammon, want dan leef ons onder die gesag van Mammon.

‘n Christen se geld is nie sy sekuriteit nie.

Geld is vir `n Christen `n middel tot `n doel.

God bedel nie geld van Christene nie.

Geld mag nooit `n god in my lewe wees nie.

Met voorafgaande in gedagte, deel met mekaar die volgende:  Waar staan jy vandag met jou finansies?  Beheer jou geld jou?

Hoe word geld `n god in jou en my lewe?

As ek my sekuriteit in geld plaas en nie in God nie.

Wanneer gierigheid in my hart inkom

Is voormelde stellings waar?  Bespreek dit.

Wat mag `n Christen nie met geld doen nie.

Bedrog

Oneerlikheid en onbehoorlike wins (1Tim.3:8)

Dobbel en lotery

Kanse vat

Nie mag en aansien daarmee soek nie.

Gierigheid en onvergenoegdheid (1Tim.6:8-10)

Nie skuld maak nie – dit is die mag van Mammon.

Met voorafgaande in gedagte, wat is jou siening oor:

Dobbelary

Skuld maak

Hoe noodsaaklik is dit om `n 10de van jou inkomste vir die Here te gee.

Sake om voor te bid:

Bedrog en omkopery reg deur die wêreld heen.

Wyse hantering van ons eie geldsake en dié van ons medemens.

Ons regering van die dag.

Minderbevoorregtes

Plaasbediening

Predikante en ons gemeente

Print

Wat is 'n genadegawe?

Print

Geskryf deur  Ds Jan Heenop

Definisie van ‘n Genadegawe

Genadegawes is Goddelike geskenke as ons 1 Kor. 12:7 lees.

Dit word beskryf as spesiale vermoëns.

Genadegawes word uitgedeel deur die Gees van God.

God gee aan ons die gawes sodat ons sinvolle dienswerk kan verrig. (1 Kor. 12:11)

Waar sal die werk gedoen word?

Aan wie word genadegawes gegee?

Elke gelowige het minstens een gawe.

Elke gelowige is ‘n bedienaar (1 Petrus 4:10)

Tot wat stel dit ons in staat in die liggaam van Christus?

Die grootste toets vir die gebruik van ons gawes is: Verheerlik dit God? Is dit tot opbou van ander?

(1 Kor. 12:7)

God het elke gelowige se gawes en spesiale bedieningsarea volgens sy raadsplan gekies, sodat jy sinvolle dienswerk in die liggaam van Christus kan lewer.

Ons kan nie ons Dienaarsprofiel kies nie, dit kom van God, maar elkeen het ‘n unieke samestelling. Daar bestaan ook verskeidenheid.

Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal (1 Kor. 12:7).

Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil. (1 Kor. 12:11)

Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê.

(1 Kor. 12:18)

Ons het elkeen …………………………… rol om te vervul. Wat sou jy vir jouself invul?

Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat.

Aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees.

Aan die een geloof deur dieselfde Gees.

Aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.

Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen.

Aan ‘n ander die gawe om te profeteer.

En aan nog ‘n ander ‘n gawe om tussen die geeste te onderskei.

Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik.

Aan ‘n ander om dit uit te lê.

Print

Spatsels van Sy Liefde bou Geestelik op

Print

Geskryf deur  Ds Jan Heenop

FIL 4:4-9 en RIG 1:8-9/17-33

INLEIDEND

Daar word van trane van vreugde en hartseer gepraat in hierdie teksgedeeltes. In Rigters 1:8-9 word daar bloed gesweet in God se teenwoordigheid, maar in Fillippense 4:4-9 sien ons dat daar trane van vreugde op ons gesigte mag wees. Hartseer en vreugde kan beide in SY teenwoordigheid wees…dit illustreer iets van die genade van Sy bloedspatsels aan die kruis, want vir party was dit spatsels van oordeel vir dié wat Hom nie wou vertrou nie en vir party was dit spatsels van vreugde vir dié wat genade in Sy oë gevind het. Die moeilike saak is dat hartseer as gevolg van SY afwesigheid kan wees…wat die finaliteit van die afwesigheid van Sy genade-spatsels aan die kruis illustreer. Ons het soos die 2 mense wat langs Jesus aan die kruis gehang het, ‘n keuse om Sy kruisdood te sien vir wat dit is…dit is ‘n keuse, u keuse.

ONS KEUSE OOR SY AANWESIGHEID en of AFWESIGHEID

AANWESIG, die SPATSELS VAN LIEFDE (Fil 4:4-9)

Wanneer ons kies vir ‘n aanwesigheid van Sy liefde in ons lewens, is daar eienskapppe wat ons gedrag beinvloed. Dis kenmerkende optrede soos blydskap, inskiklikheid, ‘n stuk gemak met die sorge van die lewe, dankbaarheid asook ‘n lewe wat geleef word met vrede met jouself.

Nou, die vraag;

WAT VAN ONS TEKSGEDEELTE IS VIR JOU UITVOERBAAR EN WATTER DEEL IS MOEILIK?

AFWESIGE LIEFDE, die DRUPPELS VAN OORDEEL (Rigters 2:1-10)

Daar is dikwels trane van onsteltenis in ons lewens, en daardie plek in ons situasie kan amper soos die pleknaam genoem word…die plek is BOKIM…dis ‘n TOESTAND maar ook ‘n PLEK in jou lewe, van hartseer en trane. Vir ISRAEL was dit ‘n plek van trane. Dis ‘n toestand wat Israel oor hulself gebring het. Soms is ons self verantwoordelik vir die hartseer in ons lewens, maar somtyds is dit omstandighede buite ons beheer. Die maat waarmee jy meet…is eintlik die resultaat van waar jy met jouself is…dis soos die raaisel in die spieël…beweer Rigters.

Die vraag;

DIE SITUASIE IS ‘N WERKLIKHEID, DAAR IS HARTSEER EN PYN IN JOU LEWE, MAAR WAT GAAN JY DAARMEE MAAK…WAT KAN JY DAARMEE MAAK?

SPATSELS van LIEFDE is vir ALMAL…

GOD se werklikheid, die prentjie van jou lewe, die gedagtes en ervaring wat jy koester oor wat GOD is, hang nie van jou af nie. Hy is wat Hy is! GOD se werklikheid, prentjie, gedagtes en ervaringe kan werklik wees vir jou, maar jy sal dit moet leer inverf in jou lewe. Die WYSE waarop JY GOD se werklikheid en prentjies, Sy gedagtes en ervaringe uitleef illustreer wat GOD vir JOU is.

Die VRAAG wat net JY kan antwoord is tot watter mate jy GOD meet aan wat JY, JOUSELF gun om te ontdek…spatsels van oordeel of spatsels van liefde…wees die verskil. GRYP die DAG!

Print

Geestelike Volwassenheid

Print

Geskryf deur  Ds Francois Taljaard

Wat verstaan jy onder geestelike groei en geestelike volwassenheid?

Fisiese groei by mense verskil baie.  Dieselfde is waar van ons geestelike groei.
Watter een van die volgende beskryf jou geestelike groei die beste op die oomblik en hoekom sê jy so?

*    Groei                                         *    Het nog nie begin
*    Val                                             *    Begin oor
*    Vernuwend                                 *    Gaan agteruit
*    Net begin                                   *    Verward
*    Konstant                                   *    Sukkel
*    Rebels                                       *    Ander

In 1 Thes. 1:1-10 gee Paulus ‘n beskrywing van hoe volwassenheid en geestelike groei lyk midde strawwe vervolging en lyding.  Lees dit deur en praat dan met mekaar oor dít wat jou opval wanneer Paulus oor die gelowiges in Thesalonika, homself en sy vriende praat.

Wat tref jou die diepste as jy kyk na hoe hulle hul geloof uitleef?
Hoe het hulle dit reggekry om te groei in so ‘n uitdagende situasie?

Om Jesus te volg en geestelik te groei vra dat die Heilige Gees ons van binne af na buite sal verander en dat ons daaraan sal werk om gestalte te gee aan dít waartoe God ons geroep het.  (Fil. 2:12-13)  Dit kan harde werk wees.  Paulus gebruik graag die metafoor van ‘n atleet as hy hieroor praat.

Wat leer ons uit die volgende gedeeltes oor geestelike volwassenheid?

Fil. 3:13-14
1 Kor. 9:24-27
2 Tim. 2:4-5
Hebr. 12:1-2

Geestelike groei word nie gemeet aan hoe baie ek weet nie, maar eerder deur hoe ek lewe.
1 Thes. 5:12-18 gee ‘n lys van baie belangrike goed om te weet as ‘n mens ‘n lewe wil leef waardeur Jesus die lewe van ander aanraak.  Watter een of twee daarvan sal jou help op die pad van geestelike groei, motiveer.

Print

Wanneer die storms ons tref

Print

Geskryf deur Ds Francois Taljaard

As mens na Petrus se Eerste brief kyk, sien mens sy begeerte om hoop te gee aan gelowiges wat in vrees rondloop ná Paulus se dood.

1.        Hoe help Petrus ons om lig te sien in die storms van die lewe?

           1 Petrus 1: 1-12

2.      Hoe help die volgende gedeeltes ons ook in ons tyd om aan mense die boodskap van hoop te bring?

           Rom 8: 18

           Jes 40: 30-31

           Ps   31: 23-24

3.     Petrus gee vir ons raad oor hoe om die lewe te oorleef.

         Wat sê die volgende gedeeltes oor onse beskerming en hoe kan dit ons sterk maak wanneer die

         storms ons tref?

 

         Ps 84

         Ps 91: 1-4

         Ps 119: 114

So aan die begin van ‘n nuwe jaar het mens weer geleentheid om weer te kyk na die goed waarmee ons moet besig wees as ons vorentoe wil beweeg.

Dit gee geleentheid om weer te dink, aanpassings te maak en opnuut te fokus.

Lees die volgende gedeeltes en dink oor veranderings indien enige wat jy in 2014 wil maak.

Efe 4: 22-24

Fil   3:13-14

Kol 3: 5-17

As groep kan ons met mekaar ‘n paar gedagtes hieroor deel.

Kom ons bid saam vir mekaar.

Deel met mekaar gebedsversoeke.

Print

Die Laaste Oordeel

Print

Geskryf deur  Ds Jan Heenop

Matteus 25:31-46

Inleidend

Die laaste oordeel klink geweldig “veroordelend”.  Dis gebeure wat afspeel waar Jesus skape en bokke skei met die betekenis dat die goeies eenkant en die slegtes aan die ander kant te stane kom.  Die skape, aan die regterkant, word gevra watter verskil hulle aan die mense om hulle se lewens gemaak het…en so ook die span diere aan die linkerkant.  Almal probeer verduidelik hoe hulle dit aan Jesus moes doen, maar Hy antwoord dat hulle dit aan dié moes doen óm hulle, sonder die Jesus titel op hul koppe.  Dis nou waar ons is hier in Stilbaai.

‘n Oordeel van watter aard?

Kan die oordeel op ons betrekking hê?  As ons sou beweer dat dit nie so is nie, kan ons eintlik maar die hele Bybel relativeer en niks daarvan opneem as opdrag nie.   Nee wat, die opdrag is vir ons, en glo my dis nie die mense in Jesus klere wat gehelp moet word nie!  Hulle is reeds geholpe, inteendeel, dié in Jesus klere moet die opdrag uitvoer, die vlag dra, in die koor sing, help om die boot geroei te kry en nie terugsit as passasiers nie.  Maar kan ons iets leer uit die teksgedeelte?

Dit klink of Jesus self hier aan die woord is.  Indien dit só is, moet ons aanvaar hy besef dat die “wederkoms” nie binne 10 jaar gaan wees vanaf die uitsprake nie.   Hy weet dus dat dít wat hy sê, waarde inhou vir die wyse waarop die gelowiges na hulself, mekaar en dié buite hul geloofskring moet kyk.  Dit gaan dan ‘n verskil maak in die hele gemeenskap se bestaan.   Ek luister die afgelope paar dae na die verslae oor die natuurramp in New York en die politici.  Die een klink slim en wil vertel wat ander moet doen, maar President Obama, is besig om planne in plek te kry om die nood aan te spreek.  Ervaar jy ook dat daar hope mense is wat gereeld wil vertel wie wát alles moet doen, maar nie hul hande wil vuil maak en die werk doen nie?  Hierdie teks gaan oor moue oprol met die regte gesindheid…waar is jy?  ‘n Ander verhaal word vertel van ‘n persoon wat geweld gebruik om mishandeling te bekamp.  Hoe maak mens ‘n verskil?

Saamdink dat die rook draai

Kom ons steek ‘n pypie op en dink bietjie saam oor hierdie gedeelte.  Lees die teksgedeelte in die groep. Watter van die onderskeie uitdagings moet aandag geniet in ons dorp?   Waaraan het jy al aandag gegee? Hoe motiveer ons mense wat nie wil help nie, maar kan om te begin, help om ‘n verskil te maak aan mense se lewens wat nie eers weet wat hulle nodig het nie?

Jy sien, Jesus het geweet wat kom…Sy dissipels het net gesien wat op die kort termyn nodig was, maar Hý wat op die lang pad nodig sou wees.  Wat is nou lekkerder om op reis te gaan en iewers onder ‘n boom te stop en koffie en broodjies te eet?  Iemand moes dink wat die res nodig het om dit te laat gebeur…die koffie en brood ding.  Geestelik is daar ook koffie en brood nodig tussen ons onderling.  Wie gaan inpak en wie gaan uitpak?

Print