Belydenisgrondslag

Die BELYDENISGRONDSLAG van ons kerk

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NG Kerk) sien homself as ‘n deel van die Christelike geloofsgemeenskap. Saam met almal wat Jesus Christus as Here bely en in God Drie Enig glo vorm ons deel van die gemeenskap van gelowiges oor die wêreld.

Die NG Kerk fundeer sy leer  eerstens op die Bybel. Die Bybel is die onfeilbare Woord van God waarin God Hom aan ons openbaar as Vader, Seun en Heilige Gees.

Deur die geskiedenis van die kerk is die geloof telkens bedreig en was die behoefte altyd daar om kort samevattend te sê wat ons glo. So het die drie (Ekumeniese) Geloofsbelydenisse gedurende die eerste vier eeue tot stand gekom, wat toe deur die kerk gebruik is om uitdrukking en inhoud te gee aan die Christelike geloof. Die NG Kerk onderskryf dan ook hierdie drie kort belydenisse oor God Drie-enig wat deur die meeste kerke wêreldwyd aanvaar word, naamlik die:

 

Gedurende die 15de en 16de eeu het die groot kerkhervorming plaasgevind waardeur die hele kerklandskap verander het. Die hele protestantse kerkgemeenskap (Die Rooms Katolieke kerk en Oosters Ortodokse kerk uitgesluit) staan op een of ander manier in die stroom van die hervorming. Die baken van die hervorming is 31 Oktober 1517 toe die Roomse priester, Martin Luther,  95 stellings van protes in die nag teen die kerkmuur van Wittenberg vas gespyker het.

Met die hervorming was daar behoefte om die geloof saam te vat, te leer en dit ook aan regeerders en wie ook al moes hoor te verduidelik. So het daar ‘n hele paar belydenisskrifte ontstaan. Met die sinode van Dordtrecht (1618-1619) is gepoog om hierdie Protestantse belydenisse van die Christelike geloof te konsolideer. By hierdie sinode is die Drie Formuliere van Enigheid aanvaar. Dit vorm ook die belydenisgrondslag van die NG Kerk  omdat dit in ooreenstemming met die Bybel is. Daarin word ons gereformeerde verstaan van die Christelike geloof geformuleer. Hierdie Formulier van Enigheid bestaan uit drie geloofsbelydenisse, naamlik:

 

Belydenisskrifte die 20ste eeu

Gedurende hierdie eeu het kerke opnuut tot belydenis gekom, hoofsaaklik in reaksie op onreg teenoor mense. Die bekendste is die Barmen-verklaring (protesteer teen Nazi -isme ), Accra-belydenis (teen ekonomiese onreg en globalisering) en Belydenis van Belhar (teen gedwonge skeiding en Bybelse regverdiging daarvan).

Ons belydenisgrondslag word so in artikel 1 van die kerkorde geformuleer:

“Die Nederduitse Gereformeerde kerk staan gegrond op die Bybel as die onfeilbare Woord van God.

Die leer wat die kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die die Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in  1618-1619, naamlik die sewe en dertig artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die vyf Dordtse leerreëls.”