Psalm 59:17 U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood.

Rom 12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Psalm 59:17 U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood.

Rom 12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

NG Gemeente Brackendal

Welkom by NG Brackendal

Baie welkom hier by Brackendal se webblad – as dit ‘n eerste “besoek” is en jy dalk hier op ons webblad kuier om meer van ons te leer laat ons asb toe om jou meer van Brackendal te vertel...

Ons storie strek al oor 40 jaar (4 September 1983). Wanneer jy by ons kerk so voorportaal inloop is dit ‘n gedruis van stemme soos ons gemeente lede mekaar verwelkom, opvang met die week se gebeure, ens ens ens ens.

En dit is wat ons is – ‘n Familie in Christus waar ons God saam verheerlik, omgee vir mekaar en in liefde en hoop uitreik na mekaar en ons omgewing. Dit is dan ook ons missie:

As familie in Christus verheerlik ons God, gee ons vir mekaar om en reik ons uit in Liefde met Hulp en Hoop in ons omgewing

Sondag oggend eredienste is die brandstof wat ons nodig het vir die week, deur die week is daar verskillende groepe wat bymekaar kom om verder te bou aan Brackendal, ons kantoor personneel, onderhoud spanne, kerkraad, erediens beplanning, Manna Projek (voedsel uitreik na minder bevoorregtes), Laat Oes Lidmate (senior lidmaat bediening), kategese, sang bediening, finansies – alles deel van een liggaam om Brackendal van krag tot krag te laat groei, en dit is wat vir ons kosbaar is – God, ons liefde vir Hom, vir mekaar en vir ander.

Dus, terwyl jy nou hier op ons webblad rondwandel hoop ons dat ons opgewondenheid oor God en Brackendal aansteeklik is en as jy dalk meer wil leer, meer wil beleef van ons gemeente, nooi ons jou uit om by ons te kom kuier, nie net in die Kuber ruimte nie maar eintlik sommer een Sondag oggend 09h00 by ons gebou in te loop en te beleef waaroor Brackendal in lewende lywe gaan – ons glo en vertrou dat die warm omgee van ons mense sal deursuipel in alles wat ons doen, se en hoe ons die Here daardeur loof en prys.
As jy dalk nou al ‘n gesoute Brackendaller is – welkom weer en geniet die reis op ons webblad en die waardevolle inligting wat ons hier beskikbaar het.

Afkondigings

Vetkoek & Mince Verkope
Vetkoek & Mince

NGK Brackendal verkoop Vetkoek & Mince by Verwoerdpark Gemeente se Markdag, op die 12 Augustus ’23!

BRACKENDAL KARNAVAL 2023

Ons is opgewonde om ons Kuns Karnaval bekend te stel!

Ons verwelkom stalletjies met handgemaakte items.

Kosstalletjies en vermaak is alreeds voor gesorg.

Kinder- & Jeug Inligtingsdag

Ons verwelkom alle ouers! Op die 30ste Julie bied ons, ons Kinder- en Jeug Inligtingsdag.

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
3 weeks ago

Hiermee vanoggend se erediens.
Dit was ook ons Belydenisaflegging vir 2024. Baie geluk aan ons jongste lidmate!🎉

... See MoreSee Less

Video image

0 CommentsComment on Facebook

4 weeks ago

Dis weer sulke tyd!
Jy word hartlik uitgenooi na NG Kerk Brackendal se Kerssangdiens!🎶🎄🕯️
Kom sing en kuier saam die 24ste November om 18h00.
... See MoreSee Less

Dis weer sulke tyd!
Jy word hartlik uitgenooi na NG Kerk Brackendal se Kerssangdiens!🎶🎄🕯️
Kom sing en kuier saam die 24ste November om 18h00.
1 month ago

Goeie dag gemeente!

Hiermee vandag se erediens, met Ds Theo van Rensburg.

... See MoreSee Less

Video image

0 CommentsComment on Facebook

2 months ago

NG Brackendal is die Vetkoek Paleis. Kom ondersteun ons .....Baie Vrydag takeaways om van te kies en te keur.....nooi almal vur n lekker aand uit. ... See MoreSee Less

NG Brackendal is die Vetkoek Paleis. Kom ondersteun ons .....Baie Vrydag takeaways om van te kies en te keur.....nooi almal vur n lekker aand uit.

1 CommentComment on Facebook

dit was baie lekker! 'n lekker vibe. mense het heerlik saam gekuier.

2 months ago

As jy weet van iemand. Laat weet asb. ... See MoreSee Less

As jy weet van iemand. Laat weet asb.
3 months ago

Share asb😁 ... See MoreSee Less

Share asb😁
Laai Meer

Pad Kaart

NG Brackendal
54 Vaal Road
Brackendowns
Alberton
South Africa
1454
Klik hier vir
aanwysings

Kontak Ons

Bankbesonderhede

Bank: ABSA
Rekeningnaam: NG Kerk Brackendal
Rekeningnr: 210 514 317
Takkode: 632005

Volg ons op Social Media

Snapscan

Stuur Ons 'n Boodskap

Staan 'n kans om te wen!

Ons vier die bekendstelling van ons nuwe webwerf!
Vul in die vorm hier onder en staan 'n kans om 'n prys te wen!