Psalm 59:17 U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood.
Om teen begin September 2015 (en daarna jaarliks) 20 gemotifeerde lidmate op te lei in diensevangelisasie - ten einde na opleiding ook georganiseerd uit te reik na kerkvervreemde lidmate en buite kerklike persone in ons omgewing.
Opleiding in diensevangelisasie: Dienslewering op 'n manier waarop lidmate hul geloof kan deel om saam met die spontane uitreik ook na spesifieke mense te kan uitreik: Kerkvervreemde lidmate: Mense wat selde of nooit eredienste bywoon nie Buite kerklike persone: Mense wat aan geen kerk behoort nie.
Hulpverleningsbediening - om teen einde Junie 2015 'n gemotifeerde lidmaat met die nodige roeping te identifiseer onder wie se leiding die hulpverleningsbediening van die gemeente in die omgewing gekoördineer en uitgebou kan word.
Hulpverleningsbediening: Alle vorme van hulpverlening (uitreik) in ons omgewing.
Kommunikasie en Mediabediening: Om teen einde Junie 2015 'n gemotifeerde lidmaat met die nodige roeping te identifiseer onder wie se leiding die kommunikasie / mediabediening van die gemeente in die omgewing gekoördineer en uitgebou kan word.
Kommunikasie / Mediabediening: Alle vorme van kommunikasie in en met ons gemeente en omgewing.
Ons is 'n gemeente met 'n mooi storie van God se sorg en liefde. Dit is ook nie `n storie wat tot die verlede hoort nie, omdat God nog elke dag sy verhaal met ons skryf. Ons hoop u word deel van hierdie storie terwyl u kuier by ons. Ons wil sommer ook u as besoekers of voornemende lidmate uitnooi om deel te word van ons gemeente en om saam te help skryf aan 'n verhaal wat God eer. Neem ook vrymoedigheid om te reageer op wat u lees en maak gerus voorstelle.
Piet Botha
Leraar
As u miskien enige foto's of stories het om ons te vertel oor die tydperk toe ons kerkgebou nog in aanbou was, deel dit asseblief met ons.
Ons kerkgebou is amptelik ingewy op Sondag, 31 Augustus 1997, hier volg die inwydingsprogram.
Baie welkom aan alle lidmate, oud-lidmate en vriende van die gemeente by die inwyding van ons kerkgebou.
Op een of ander wyse het elkeen 'n bydrae gelewer in die opbou en groei van die gemeente. Oor baie jare het baie mense hard gewerk en gebid vir hierdie kerk. Die afgelope drie jaar het manne bloed gesweet, opgeoffer, gewerk, gehuil en gelag oor hierdie gebou. Vandag wil ons erkenning gee aan elkeen wat op 'n manier deel was van hierdie proses. Dankie vir u getroue ondersteuning, geduld en volharding met die gemeente.
Op een of ander wyse het elkeen 'n bydrae gelewer in die opbou en groei van die gemeente. Oor baie jare het baie mense hard gewerk en gebid vir hierdie kerk. Die afgelope drie jaar het manne bloed gesweet, opgeoffer, gewerk, gehuil en gelag oor hierdie gebou. Vandag wil ons erkenning gee aan elkeen wat op 'n manier deel was van hierdie proses. Dankie vir u getroue ondersteuning, geduld en volharding met die gemeente.
Ons wil ook die lof en dank aan die HERE bring vir hierdie proses waardeur ons kon gaan, want dit was vir ons almal 'n verrykende ervaring van groei in die geloof, spanbou en volharding. Ons is vandag eienaars van 'n gebou soos geen ander gemeente in die land nie.
Op een of ander wyse het elkeen 'n bydrae gelewer in die opbou en groei van die gemeente. Oor baie jare het baie mense hard gewerk en gebid vir hierdie kerk. Die afgelope drie jaar het manne bloed gesweet, opgeoffer, gewerk, gehuil en gelag oor hierdie gebou. Vandag wil ons erkenning gee aan elkeen wat op 'n manier deel was van hierdie proses. Dankie vir u getroue ondersteuning, geduld en volharding met die gemeente.
Ons was by vele punte in die langer as ses jaar bouproses in 'n posisie dat ons eie moontlikhede en reserwes totaal uitgeput was. Ons was op daardie punte wat ons besef het "alleen kan ons nie verder bou nie". Telkens op daardie punte het die HERE mense, middelle en geld voorsien, sodat ons verder kon aangaan. Daarom kom die lof en die eer die HERE alleen toe en so wil ons ook die erediens vanmôre 'n verklaring van ons dank en verwondering oor die HERE se goedheid maak.
Op een of ander wyse het elkeen 'n bydrae gelewer in die opbou en groei van die gemeente. Oor baie jare het baie mense hard gewerk en gebid vir hierdie kerk. Die afgelope drie jaar het manne bloed gesweet, opgeoffer, gewerk, gehuil en gelag oor hierdie gebou. Vandag wil ons erkenning gee aan elkeen wat op 'n manier deel was van hierdie proses. Dankie vir u getroue ondersteuning, geduld en volharding met die gemeente.
Ten slotte, vandag is vir ons gemeente nie 'n eindpunt nie, maar 'n beginpunt. Behalwe vir werk wat voltooi moet word en 'n skuldlas wat afgewerk moet word, verskuif ons fokus al meer na die opbou en uitbou van die gemeente. Dit vra net sovel, indien nie meer toewyding en ywer van die gemeente as wat tot dusver die geval was met die bouwerk. Ons glo dat ons hierin net soveel genade en krag van die HERE sal ontvang en dat die ervaring wat ons met die bouwerk opgedoen het, vrugbaar aangewend sal word.
Op een of ander wyse het elkeen 'n bydrae gelewer in die opbou en groei van die gemeente. Oor baie jare het baie mense hard gewerk en gebid vir hierdie kerk. Die afgelope drie jaar het manne bloed gesweet, opgeoffer, gewerk, gehuil en gelag oor hierdie gebou. Vandag wil ons erkenning gee aan elkeen wat op 'n manier deel was van hierdie proses. Dankie vir u getroue ondersteuning, geduld en volharding met die gemeente.
Die liturgiese ruimte met die preekstoel is seker die belangrikste deel van die kerkgebou. In 'n besondere sin vergestalt die liturgiese area van ons kerk die hele proses van samewerking en ontwikkeling wat die hele bouproses gekenmerk het.
Die meesterbouer van die preekstoel is 'n lidmaat wat baie tyd en krag gespandeer het aan die bou daarvan. Die kunswerke is ook die werk van 'n lidmaat van ons gemeente. Die koste verbonde aan die bou van die preekstoel is deur finansiële skenkings moontlik gemaak.
Die kanselkleed is deur lidmate geskenk en laat maak en so ook die nagmaaltafel. Danksy skenkings het die mat in die liturgiese ruimte ons niks gekos nie.
Bogenoemde is 'n voorbeeld van hoe die bouwerk die afgelope drie jaar verloop het.
Die ster, regs bo in die paneel simboliseer die geboorte en wederkoms van Jesus.
Die Kruisiging word deur die hout kruis agter die preekstoel gesimboliseer.
Die Hande wat die duif vrylaat simboliseer die gawe van die Heilige Gees, in hierdie geval in die rigting van die Woord en die predikant.
Dit is 'n abstrakte voorstelling wat die volgende hoof-elemente simboliseer:
Die sentrale gesinsfigure setel in die vader, moeder en kind.
Die groot prominente sirkel wat die gesin se bolywe omsluit dui op die beskermende en leidende struktuur wat die gemeente en die kerk daarstel.
Die waaiersirkel wat vanaf die kind opwaarts in die groot sirkel in wentel, impliseer die potensiële ontwikkelings- en lewensroete van die kind uit die beskermende omgewing vir dieë gesin, binne die oorkoepelende beskeringsfeer van die kerk en die gemeente.
Die pilaar wat die ontwikkelingsirkel van die kind binne in die gemeente-sirkel rig, se afwaartse trappies aan die buitekant, impliseer die teenwoordigheid van moontlike dwaalweë.
Die voet van die gesin en die onderpunt van die pilaar wat onder die gemeentesirkel uitsteek, versinnebeeld die feit dat die individuele gesin ook 'n onbeskermende lewensroete buite die gemeente-sirkel het.
Die onegaligheid van die gemeente sirkel dui daarop dat die beskermingskrag van die gemeente in sommige areas swakker is.
Die knoppe op die oorkoepelende gemeente sirkel simboliseer die ingerente groei potensiaal van die gemeente.
Eie aan abstrakte voorstellings, sal individue meer of minder afleidings wat hierbo gemaak is uit die voorstelling kan aflei.
Geen boek of dokument sal vir jou kan sê wat enige gemeente uniek maak nie, maar vra net die mense en hulle sal reguit vir jou sê. Baie keer kan die gemeentelede nie ooreenstem met wat presies die gemeente uniek maak nie, en dan lê die uniekheid juis daar – elke persoon ervaar dit anders.
Dit is egter nie die geval vir Brackendal nie, daar stem almal (of minstens die oorgrote meerderheid) saam, dat die uniekheid van die gemeente is dat dit een groot uitgebreide familie is. Die gemeentelede hier (al is daar sowat 1100 lidmate) is elkeen deel hieraan, niemand is net ‘n nommer nie, hoor jy baie. Daar is interaksie tussen mense. Ds. Robert hy was juis daarvoor bekend dat hy mense sommer so van die kansel af gegroet het of met die kinders gesels het. En wanneer daar iemand in nood is (Babas wat verdrink het, ‘n jonk kindjie met Leukaemia en Ds. Robert se siekte, om enkele groot noodverhale uit te wys), spring almal in en bid saam, vat hande en help. Die gemeente is beslis uniek, dis gebou van niks af tot ‘n pratige, selfverantwoordelike gemeente.
Die pad wat die gemeente moes stap om so ‘n groot familie te wees, was ook nie maklik nie. Daar was baie swoeg en sweet, tye van baie geluk en diep hartseer. Alles wat die gemeente aangepak het was vir die bou en groei van die gemeente.
In ‘n gemeentekonferensie gehou op 19 Junie 1983 te Brackenhurst gemeente, word twee behoeftes uitgewys. Die een is dat daar binnekort ‘n vyfde predikant aangstel moet word. Die probleem het egter by die tweede behoefte ingekom waar die gebou self slegs byna 50% van die gemeente kon akkommodeer. Op daardie stadium was die kerk op enige gegewe Sondag so vol dat stoele in die saal uitgepak moes word. Parkering was ook ‘n groot probleem. Dus word NG Kerk Brackendal op 4 September 1983 gebore.
Daarna is daar kerk gehou in twee hoërskole en een laerskool, waar daar elke Sondag oggend voor die diens stoele uitgepak moes word en seker gemaak word dat die saal mooi, skoon en reg is vir die diens. Die ouderlinge en diakens het aan weerskante van die podium op die verhoog gesit en die mense die saal vol.
Met die derde skuif is daar besluit dat die grond wat gekoop is, nie verkoop kan word nie en tog groot genoeg is om ‘n groot kerksentrum te bou en planne hiervoor het begin.
Hoewel die gemeente al 31 jaar oud is, was daar nog net drie voltydse predikante aangestel. Ds. Herklaas stig saam met die gemeente af en 'n jaar later (19 Maart 1984) word ds. Piet aangestel as tweede leraar. Ongelukkig besluit ds. Herklaas om die gemeenste te verlaat in 1986 en sowat 'n jaar later word ds. Robert as tweede leraar aangestel.
Toe daar uiteindelik besluit is om die sentrum te bou was daar groot kommer rondom finansies. Vir baie mense was dit ‘n groot geloofssprong en aanvanklik het dit gelyk of dit die verkeerde besluit was.
‘n Bekende argitek is genader vir die projek en dié het voorgestel dat daar na ander kerkgeboue gekyk word om te bepaal hoe die kerksentrum gaan lyk. Na vele navorsing is planne opgetrek en goedgekeur by die munisipaliteit. Daar is ‘n hele tydlyn saamgestel en die beraamde tyd vir die bou van die sentrum is ongeveer ‘n jaar. Soos enige gemeente maar maak, nader die kerkraad die bouer in die gemeente om die sentrum te laat bou, maar op die aandrang van die argitek, word sy (ook bekende) bouer eerder gebruik, weens die moontlikheid dat die gemeente bouer bankrot gaan speel.
Januarie 1990 is die sooispitsing gehou, om die begin van die sentrum se bou af te skop. Maar kort voor lank speel die bouer in elk geval bankrot en die half geboude sentrum staan stil. Niks word vir ‘n verdere 2 jaar aan die gebou gedoen nie. Dit is toe wat Brackendal gemeente waarlik tot stand gekom het. Toe die bossies aan die binnekant van die murasie begin groei het ‘n charismatiese kerk per geleentheid daar kom bid, en van daar het die mense in Brackendal self begin om van die vervalle plek ‘n huis te maak. Daar is Saterdae opeengeskuif sodat daar verder gebou kan word. Mense uit alle oorde het saamgekom om te help geroeste vensterrame afskuur of pype aanlê. Daar is selfs ‘n kermis gebou in die gebou sonder ‘n dak en in die gat waar die orrel veranderstel is om ‘geplant’ te word het die kinders geswem. By die lidmate staan hierdie kermis veral uit. Dit was die lekkerste een.
Daarna is daar eredienste gehou, waar die lidmate hul eie kampstoele en komberse vir die kinders saamgebring het en Vrydae aande was daar wegneem etes verkoop om geld in te samel.
Op 6 September 1992 vind die hoeksteenlegging plaas. Dit was waarlik 'n hoogtepunt aangesien die kerk self nog nie klaar was nie. Elke persoon wat daardie erediens bygewoon het, het hul name op 'n papier geteken en dié is agter die hoeksteen saam met ander dokumentasie ingemessel.
Die kansel dra ook 'n besondere storie met besondere simboliek wat die essensie van die gemeente vasvang. 'n Famille wat deur die gemeente omring word en saamgebind word deur die liefde van Christus.
In 1995 word die eerste baba uit die gemeente gedoop en ‘n vrou vir die eerste keer tot die kerkraad verkies.