Psalm 59:17 U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood.

Rom 12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Psalm 59:17 U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood.

Rom 12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

NG Gemeente Brackendal

Welkom by NG Brackendal

Baie welkom hier by Brackendal se webblad – as dit ‘n eerste “besoek” is en jy dalk hier op ons webblad kuier om meer van ons te leer laat ons asb toe om jou meer van Brackendal te vertel...

Ons storie strek al oor 40 jaar (4 September 1983). Wanneer jy by ons kerk so voorportaal inloop is dit ‘n gedruis van stemme soos ons gemeente lede mekaar verwelkom, opvang met die week se gebeure, ens ens ens ens.

En dit is wat ons is – ‘n Familie in Christus waar ons God saam verheerlik, omgee vir mekaar en in liefde en hoop uitreik na mekaar en ons omgewing. Dit is dan ook ons missie:

As familie in Christus verheerlik ons God, gee ons vir mekaar om en reik ons uit in Liefde met Hulp en Hoop in ons omgewing

Sondag oggend eredienste is die brandstof wat ons nodig het vir die week, deur die week is daar verskillende groepe wat bymekaar kom om verder te bou aan Brackendal, ons kantoor personneel, onderhoud spanne, kerkraad, erediens beplanning, Manna Projek (voedsel uitreik na minder bevoorregtes), Laat Oes Lidmate (senior lidmaat bediening), kategese, sang bediening, finansies – alles deel van een liggaam om Brackendal van krag tot krag te laat groei, en dit is wat vir ons kosbaar is – God, ons liefde vir Hom, vir mekaar en vir ander.

Dus, terwyl jy nou hier op ons webblad rondwandel hoop ons dat ons opgewondenheid oor God en Brackendal aansteeklik is en as jy dalk meer wil leer, meer wil beleef van ons gemeente, nooi ons jou uit om by ons te kom kuier, nie net in die Kuber ruimte nie maar eintlik sommer een Sondag oggend 09h00 by ons gebou in te loop en te beleef waaroor Brackendal in lewende lywe gaan – ons glo en vertrou dat die warm omgee van ons mense sal deursuipel in alles wat ons doen, se en hoe ons die Here daardeur loof en prys.
As jy dalk nou al ‘n gesoute Brackendaller is – welkom weer en geniet die reis op ons webblad en die waardevolle inligting wat ons hier beskikbaar het.

Afkondigings

Vetkoek & Mince Verkope
Vetkoek & Mince

NGK Brackendal verkoop Vetkoek & Mince by Verwoerdpark Gemeente se Markdag, op die 12 Augustus ’23!

BRACKENDAL KARNAVAL 2023

Ons is opgewonde om ons Kuns Karnaval bekend te stel!

Ons verwelkom stalletjies met handgemaakte items.

Kosstalletjies en vermaak is alreeds voor gesorg.

Kinder- & Jeug Inligtingsdag

Ons verwelkom alle ouers! Op die 30ste Julie bied ons, ons Kinder- en Jeug Inligtingsdag.

Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons

youtu.be/xvo7yFoTGs4?si=Lyc5hvCPpRIM9khE

Goeie dag gemeente. Hier is vanoggend se erediens.
...

Video thumbnail
(opens in a new tab)

0 CommentsComment on Facebook

Foodfest #ngverwoerdpark #ngbrackendal.....Vetkoek Paleis in aksie ...

Image attachment
Image attachment
Image attachment
Image attachment
Image attachment
(opens in a new tab)

NG Brackendal hou spitbraai en kuier so lekker....baaaaiiiiieeee dankie aan die span vir al die reelings....maak volgende jaar weer so!!!!! ...

Image attachment
Image attachment
Image attachment
Image attachment
Image attachment
(opens in a new tab)

Goeie dag gemeente. Hier is Sondag oggend se erediens. ...

Video thumbnail

0 CommentsComment on Facebook

Sondag 27 Sept 2026 erediens..
Seenwense vir die week....bid asb vir ons siekelys....Lysie is lank en gebede is erg nodig....dankie.

...

Video thumbnail
(opens in a new tab)

0 CommentsComment on Facebook

Die lyk soos n lekker kuier....kan nie wag nie....bring jou piekniekmandjie met eie drinkgoed saam.....ek dink n kampstoel sal ook lekker wees want dan kan jy gemaklik terugsit.....na daardie groot ete....en die kuier geniet.Spitbraai by NG Brackendal.....kom kuier en eet lekker saam....RSVP NG Brackendal ngbskriba@gmail.com voor 30 September 2026. Almal welkom!!!!! ...

Die lyk soos n lekke

Spitbraai by NG Brackendal.....kom kuier en eet lekker saam....RSVP NG Brackendal ngbskriba@gmail.com voor 30 September 2026. Almal welkom!!!!! ...

Spitbraai by NG Brac
(opens in a new tab)

youtu.be/6zUvTZarFFo?si=gJ4vo-AkrtBkW9oG

Goeie dag gemeente. Hier is vanoggend se erediens.
...

Video thumbnail

0 CommentsComment on Facebook

Pad Kaart

NG Brackendal
54 Vaal Road
Brackendowns
Alberton
South Africa
1454
Klik hier vir
aanwysings

Kontak Ons

Bankbesonderhede

Bank: ABSA
Rekeningnaam: NG Kerk Brackendal
Rekeningnr: 210 514 317
Takkode: 632005

Volg ons op Social Media

Snapscan

Stuur Ons 'n Boodskap

Staan 'n kans om te wen!

Ons vier die bekendstelling van ons nuwe webwerf!
Vul in die vorm hier onder en staan 'n kans om 'n prys te wen!